|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 18
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die godsdiens van die drie rowers
18 (Die rowers:) “Ja, ons arme soekende mense word deur velerlei magte met vuur, met swaard en met die kruis tot `n blinde geloof gedwing; maar die tiranne kan ongestraf doen wat hulle wil - want hulle staan bo die wet. Maar met my verstand vra ek my af of dit ook juis is in die geval dat daar werklik `n buitengewoon goeie, wyse, alwetende en almagtige God bestaan, voor wie alle mense tog gelyk moet wees, aangesien hulle Sy en nie hulle eie werk is nie. As hulle nou meer ontaard is as vroeër, kan hulle iets daaraan doen? Of kan iemand dit help, as hy vanuit die liggaam van sy moeder blind en doof in hierdie wêreld gesit is en dan `n ellendige lewe moet lei?
[2] O, o, vriende, vir `n denker is daar wel duisend keer meer redes om aan die bestaan van `n god te twyfel as om daaraan te glo! Maar daarmee wil ons nog steeds nie definitief en vol oortuiging beweer dat elke geloof in `n god `n vals en deur fantasieryke mense bedinkte bedrog is nie, wat hulle deur allerlei towery aan die liggelowige, verstandelik blinde mense as die volle waarheid aanbied, om hulle dan des te gemakliker diensbaar te maak aan hulleself.
[3] As die groot massa dan eenmaal behoorlik oortuig was, help dit die weinige helder denkende mense nie meer om hulle te stel teen daardie groot opgesette volksbedrog nie, maar om nie as `n oortreder van die eenmaal vasgestelde waarheid op die mees wrede manier gemartel te word nie, moes elkeen dans en spring op die melodie wat hom voortdurend deur die sogenaamde godsdienslerare, met vreeslik dreigende gesig en dreigende stem, voorgesing word. En as iemand hom verstout om by so `n godsdiensleraar nadere vrae te stel oor die wese van God, dan kry hy sekerlik `n antwoord waardeur hoor en sien weldra vergaan, netsoos huidiglik by alle priesterkaste, by sowel heidene as Judeërs, sonder twyfel die geval is.
[4] En as iemand in die geheim self begin te speur en te soek na die bestaan van `n God, dan vind hy netsoos ons maar net die stomme, steeds eenders werkende kragte van die groot natuur, en dan gee hy dit op in die oortuiging dat al sy moeite tevergeefs was.
[5] Omdat ook ons die eer gehad het om tot nou toe self die ervaring op te doen, kan ons ook op die punt deur `n verstandige mens nie kwalik geneem word as ons onder sulke omstandighede nie in `n god kon glo nie, netso min as in `n voortlewe van die menslike siel na die dood van die liggaam. Ons glo wel dat daar in die groot natuur in feite niks kan vergaan nie, maar alleen van vorm kan wissel; maar of ons huidige menslike vorm in `n ander, ongetwyfeld opgedeelde vorm ook gedagtes en `n bewussyn van homself sal hê, dit is `n ander saak.
[6] Kort en goed, ons het ons redes nou voldoende uiteengesit waarom ons aan die bestaan van `n God twyfel en waarom ons as mense die ware hemel van nou af aan alleen in die waarheid en die goeie daarvan wil soek en ook vind; in hierdie uiteensetting het ons julle nou getrou en na waarheid laat sien dat ons niks agterweë hou nie, en so vra ons u, burgemeester van hierdie stad, nogmaals om ons van ons boeie te bevry!”
[7] Hierop beveel die herbergier sy dienare om die boeie van die drie los te maak, wat ook dadelik gebeur. Daarna laat die herbergier die drie na `n ander vertrek bring, om hulle te ete en te drinke te gee, en om ook skoon klere aan hulle te gee, aangesien hulle kleding reeds in `n betreurenswaardige toestand was.
|
|
|
|
|