Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 212

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

RafaEl herstel die beskadigde skip

212 Daarop loop die owerste, die kommandant en ook die ander, met hulle ondergeskikte leiers en aanvoerders saam met RafaEl na die skip en tref dit tot hulle leedwese aan net soos wat RafaEl dit so pas vir hulle beskryf het.

[2] Ook die tien soldate, wat dieselfde mening toegedaan was as die ander aanwesige skippers, merendeels die van Kisjona, sê aan die owerste: “Heer en ons gebieder, met die skip sal ons waarskynlik vir agt tot tien dae niks kan doen nie; dit moet eers op die land gehys en deur vakkundige timmerlui goed ondersoek, daarna herstel en getoets word, anders sal dit nie raadsaam wees om ons in hierdie tyd met hierdie wisselvallige weer op daardie skip op die oop water van die tog altyd al onrustige meer te begewe nie!”

[3] Toe die owerste en die kommandant hulle daarvan oortuig het, sê die kommandant aan RafaEl: “Bevallige vriend, jy het so pas gesê dat jy ook so wonderlik vinnig na ons toe gekom het om die skip weer in `n goeie bruikbare toestand te bring! Hoe sou jy dit kan doen, terwyl al hierdie mense hulle hoofde bedenklik skud? Met twintig osse sal die skip nouliks aan land gehys kan word, en waar is die benodigde timmerlui dan per slot van rekening?”

[4] RafaEl sê: “Julle oordeel netsoos alle mense volgens julle onmag; ek oordeel egter volgens die mag van God in my, en daarom sal ek waarlik nie meer tyd nodig hê om die skip in `n bruikbare toestand te bring nie, as wat ek nodig het om vanuit die geselskap van die Heer na benede tot by julle te kom nie! Maar skrik hierdie keer nie so erg soos wat julle tevore gedoen het, vanweë my snelle reis na julle toe nie! 

[5] Kyk, vanuit die wil van die Heer in my wil ek nou, dat die skip oombliklik in `n uitstekend bruikbare toestand gebring word! En kyk, julle skip is reeds volkome in orde! Laat julle soldate en ook die ander skippers daarop klim en dit ondersoek, dan sal hulle nie die allerkleinste foutjie ontdek nie, aan die binne- nóg aan die buitekant!”

[6] Vol opperste verbasing word die skip van alle kante ondersoek, en nêrens was ook maar `n foutjie te ontdek nie. Van binne was dit so droog asof daar nooit `n druppel water in die ruim gekom het nie, en van buite sien dit daar soos nuwe en vars getimmer uit.

[7] Na die inspeksie sê almal: “Dit is `n ongelooflike groot wonderwerk! Dit is nou `n skip waarmee jy jou ook aan die groot see kan toevertrou!”

[8] Alle soldate van Herodus bekyk die vermeende jong man met steeds groter aandag, en wis nie wat hulle van hom moes dink nie.

[9] Na `n rukkie sê die owerste: “En - teen sulke mense wil Herodus ten stryde trek?! Hy, nouliks `n muggie, teenoor duisend leeus?”

[10] Daarop sê RafaEl: “Ja, ja, daar het jy `n goeie, ware opmerking gemaak! Die mense wat geen ware, innerlike lewenslig het nie, lewe in `n waanlig en onderneem baie gereeld dinge, waarvan die uitvoering netso onmoontlik is as dat iemand, wat vanaf sy geboorte volkome blind is, `n oordeel kan gee oor `n kleur. Maar dit verhinder die vele waanmense nie om iets wat volslae onmoontlik is, ten uitvoer te wil bring, met alle aardse middele wat hulle ten dienste staan nie. En as die werk nie met die eerste poging slaag nie, dan sien hulle tog nie daarvan af nie, maar hulle hernu hulle pogings altyddeur; en as hulle gereeld na vele pogings eweveel tot stand gebring het as by die eerste, dan deins hulle nie daarvoor terug om nogmaals nuwe pogings te maak nie, totdat hulle daarby hulle volledige ondergang bereik het.

[11] Nou sou `n dergelike, gereeld herhaaldelike mislukking van pogings vir vele ander mense tog `n goeie les moet wees; maar nee, hulle dink, woed en handel netso waansinnig verder as wat hulle steeds verongelukte voorvaders gedoen het, en stuur daarmee af op die ou ongeluk van hulle waansinnige voorvaders.

[12] Maar teen diegene wat self iets wil en hulle ook deur niemand laat leer nie, geskied nooit onreg nie. Sy vrye wil, wat hom deur God gegee is om homself te voleindig, word misbruik en stort die mens dikwels maar al te gou in die afgrond van die ellende en die verderf van sy voorvaders. Uit velerlei ervarings weet die mens sekerlik dat hy ten gronde gaan, as hy in die voetstappe van sy voorouers tree en verder wandel op hulle onbetroubare paaie en selfsugtige weë; maar, netsoos gesê, wie geen lering trek uit die waarheid nie, is self die skuld van sy onvermydelike ondergang. 

[13] Soos wat dit nog met alle boosaardige dwase sal gaan, so sal dit weldra ook met Herodus gaan, vir `n deel reeds in die lewe, en vele duisende male erger in die groot wêreld aan die anderkant en vir altyd! 

[14] Ek kan julle dit verseker, aangesien ek die wêreld aan die anderkant baie goed ken, en wel om die maklik verstaanbare rede dat ekself al baie lank `n burger van die groot wêreld aan die anderkant is. Dat ek hier sigbaar onder die mense rondloop, werksaam is en hulle in Naam van die Heer in woord en daad onderrig, is `n groot barmhartigheid van die Heer, wat nou Self as mens onder die mense rondloop, hulle onderrig en hulle oral die groot dwalings toon waarin hulle hulleself bevind. Daarmee weet julle nou ook wie ek is, dan hoef julle jul nie al te baie te verbaas oor my dade nie, wat vir julle natuurlik onbegryplik is.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205