|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 127
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Oor die eet van allerlei vleis en vrugte
127 Daarop vra die Indo-Judeërs My of dit, netsoos in hulle land geld, in geval van nood nie ook aan `n Judeër toegestaan was om die vleis te eet van ander, nie eg onreine diere nie, waarvan daar nie in die boek van Moses staan dat hulle vir mense eetbaar is, as hulle goed voorberei was nie.
[2] Ek lê dit vir hulle uit en sê dat mens desnoods die vleis van bykans alle diere kan eet, maar sonder bloed en elke dier op sy eie manier voorberei, netsoos Ek dit ook reeds by ander geleenthede uitvoerig beskryf het.
[3] Kisjona en die Indo-Judeërs was baie bly omdat Ek die ou instelling van Moses met betrekking tot die eet van vleis in `n sekere sin opgehef het.
[4] Die sewe fariseërs vind dit egter tog bietjie merkwaardig en die skrifgeleerde sê: “Majesteit en Heer, U het as Enige sekerlik die onbetwisbare reg om die mense wette te gee, en hulle volgens U welbehae ook weer op te hef! Maar tog staan daar ook geskryf, dat diegene wat aan één wet struikel, hom aan die hele wet vergryp; want die een wet is die grondslag van die ander wet en derhalwe ook van alle wette. - Hoe moet mens dit opneem?”
[5] Ek sê: “As julle geen gewetensaak daarvan gemaak het om byna alle instellings van Moses op te hef en julle wêreldsugtige en selfsugtige wette in die plek daarvoor te stel nie - terwyl julle tog nooit Majesteit en Heer was nie, wat alle mag in die hemel en op aarde besit - hoe kan julle My dan nou vra of daar nie teen die wet gestruikel word, as Ek julle aanraai en toestaan om in `n geval van nood onder bepaalde voorwaardes vir die bereiding, die vleis te eet van ander diere, waarvan Moses die Judeërs nie toegestaan het om te eet nie?!
[6] Wat by `n korrekte en doelmatige bereiding deur die mond in die mens inkom, om sy honger te stil, verontreinig hom nooit; maar wat daar, vanuit die hart, uit die mond kom, verklee in woorde of gedagtes - netsoos leuens, boosaardige kwaadsprekery, meineed, smerige en obsene taal, vloek, lastering, die skend van eer, verleiding tot hoerery en egbreuk, en tot allerlei sondes en kwaad verleidende woorde - dit verontreinig werklik die hele mens. Maar wat by `n goeie en doelmatige bereiding as voedsel vir die liggaam die mens binnekom en langs die natuurlike weg ook weer uit die liggaam verwyder word, verontreinig die mens, netsoos reeds gesê, nie.
[7] Maar Ek het tog nie gesê dat julle dit so moet doen nie, maar slegs dat julle dit in geval van nood so en so kan doen, en daarmee het Ek geen instelling van Moses opgehef nie.
[8] Dawid, die man na God se hart, het tog ook die toonbrode geneem, wat niemand behalwe die hoëpriester mag geëet het nie, en hom daarmee versadig toe hy honger gehad het? Het hy Moses daarmee opgehef?
[9] As julle My leerlinge wil wees, laat julle harte dan in die vervolg nie meer deur sulke onsinnige gedagtes bekruip en uiteindelik selfs heeltemal gevange geneem word nie!”
[10] Toe die sewe dit van My gehoor het, sien hulle hulle blindheid in, bedank My vir hierdie toeligting en vra My nie meer dergelike dinge voortaan nie.
[11] Ons Samaritane, wat dit ook almal met die grootste aandag beluister het en streng volgelinge van die Mosaïse leer was, was dit nie onder mekaar eens daarmee dat Ek die vier Indo-Judeërs toegestaan het om ook die vleis van ander diere, so en so voorberei, te eet nie; maar toe hulle hoor wat Ek antwoord op die blinde vraag van die sewe verklede tempeldienare, gee hulle My gelyk en prys My wysheid onder mekaar.
[12] Die vernaamste spreker sê: “Nou het ons uit Sy mond gehoor wat mens in geval van nood kan doen, sonder om `n sonde te begaan; wat Hy aan hierdie of daardie sê, geld ook vir ons netsoos die wette van Moses, wat eintlik ook nie enkel en alleen vir die Israeliete nie, maar vir alle mense op aarde gegee is, en waar elke mens hom ook na moet rig as hy werklik daarmee bekend geraak het. Maar nou het ons uit Sy mond gehoor wat iemand in geval van nood kan en mag doen met betrekking tot die voed van sy liggaam, en ons sal weet om ons ook in noodgevalle daarvolgens te rig.
[13] Natuurlik sal dit ons rabbi’s nie erg aanstaan nie en hulle sal hulle hoof skud, omdat hulle leer dat `n egte ortodokse Judeër eerder van honger moet omkom as om hom te versadig met `n spys wat volgens Moses nie deur God geseën is nie. Maar deur hierdie woorde van die Heer sal die ou onsin moet wyk vir die mees suiwer insig, wat soos `n oggendson uit hierdie woorde oplig, en daarom sal elke verstandige Samaritaan die liefde en wysheid van die Heer sy lewe lank prys.
[14] As iemand die Heer nou nog maar eers vra of mens in tye van nood ook die verskillende vrugte en kruie en wortels, wat die aarde gereeld in baie ryk mate voortbring, mits op `n bepaalde manier berei, mag eet om sy honger daarmee te stil?”
[15] Toe die Samaritaan die wens uitgespreek het, kom Kisjona op die idee om My met betrekking tot die verskillende kruie en vrugte van die bome en die aarde te vra, welke vrugte daarvan, afgesien van die tot nou toe gebruiklike, in geval van nood gebruik kan word om mense te voed, en hoe dit dan berei moes word.
[16] Ek noem die kruie, die wortels en ook die vrugte van die bome, menige struik en ook nog verskeie peulvrugte, en toon bowendien in duidelike bewoordings hoe dit almal geplant, versamel en bewaar moet word, en ten slotte hoe dit almal berei en deur die mense geëet kan word - waarvoor almal My nie genoeg kan bedank nie.
|
|
|
|
|