Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 213

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer by die soldate van Herodus

213 Toe RafaEl dit aan die owerste gesê het, staan hierdie saam met sy metgeselle nog meer verbluf, en na `n rukkie sê hy bietjie skugter (die owerste): “Wat - jy is dus `n gees uit die wêreld aan die anderkant? Ons het ook so nou en dan sprokiesagtige dinge oor geeste gehoor, en ook in die Skrif word hulle verskeie kere vermeld; maar ekself en met my vele duisend maal duisende mense glo nouliks meer daarin nie en het dit ook al `n lang tyd nie meer gedoen nie, aangesien niemand van ons onsself daarop kan beroem om ooit `n gees te gesien of mee gespreek het nie. 

[2] Daar het wel magiërs na ons toe gekom, deels uit die môreland en deels uit Egipte, wat ons in hulle vak as towenaar, behalwe met hulle vele bedrieglike kunste, ook besig gehou het met die beswering van geeste en het die mense ook bepaalde, steeds heel huiweringwekkende gestaltes voor oë gestel; maar mens wis maar al te gou wie daaragter die verskynings sit - en sodoende het dergelike magiese geestesbeswerings, veral by die meer ontwikkelde en ervare mense, hulle geloof in `n bestaan van geeste aan die anderkant, onuitspreeklik baie meer geskaad as bevorder.

[3] Die gewone volk, wat niks begryp en niks dink nie, omdat hulle nooit van iemand `n verklaring gekry het vir dergelike bedrieërye van die op wins beluste magiërs en dit ook nie kon gekry het nie, glo natuurlik nog dat daar mense is, aan wie die mag gegee is om geeste van die anderkant op te roep; maar ons het daardie geloof steeds as `n komplete dwaasheid beskou, hoewel ons dit graag onder die volk geduld het en om bepaalde verstaanbare redes nog steeds duld. 

[4] Maar nou het jy, waarlik hoë en magtige gees uit die groot wêreld aan die anderkant, ons op ander gedagtes gebring, en van nou af aan sal ons volkome en sonder twyfel glo in die bestaan van geeste en ook in die moontlikheid dat hulle vir die oë van die mense sigbaar word. Dat jy geen natuurlike mens is netsoos ons nie, dit blyk al uit jou bliksemsnelle koms na ons toe, en daarna nog meer uit die heel plotselinge herstel van ons swaar beskadigde skip; en omdat jyself ons nou openlik en eerlik gesê het wie jy is, glo ons nou des te vaster dat jy werklik `n volmaakte gees uit die groot hemelse wêreld aan die anderkant is.

[5] Maar jy sê onder andere ook dat jy al baie lank `n burger van die groot wêreld aan die anderkant is! Sou ons derhalwe moet aanneem dat jy ook eenmaal as mens van vlees en bloed op hierdie aarde geleef het?”

[6] RafaEl sê: “Seer seker - maar nog lank voor Noag! My Naam was “Henog”; meer hoef julle voorlopig nie te weet nie. Maar nou kom die Heer Self na julle toe, saam met Markus, die huidige eienaar van die kuuroord. Doen wat die Heer aan julle sal sê; ek keer nou terug na die geselskap van die Heer.”

[7] RafaEl het dit nog nie gesê nie of hy bevind hom alweer by die geselskap bo, wat die owerste en sy metgeselle opnuut tot groot verbasing bring.

[8] Die kommandant sê: “Ja, vriende, dit is `n meer as oorduidelike bewys dat die buitengewoon bevallige jong man `n egte, volmaakte engelegees is; want alleen volmaakte geeste kan hulle so vinnig soos gedagtes beweeg! Maar nou is die Heer al baie naby ons, en Hom moet ons met die grootste moontlike eerbied ontvang!”

[9] Toe Ek dadelik daarop met `n vriendelike gesig na hulle toe loop, lê almal hulle hande gekruis op die bors en kniel.

[10] Maar Ek rig onmiddellik baie vriendelik die volgende woorde tot hulle: “Kinders en nou vriende, staan vinnig op van die grond; want Ek is geen afgod nie en verlang geen uiterlike verering deur gebare nie! Ek het in julle harte gesien dat hulle My nou heel welgevallig is en meer het Ek nie nodig nie.”

[11] Toe Ek hulle so aanspreek, staan hulle almal vinnig van die grond af op en bedank My vir die redding van hulle lewe en vir die barmhartigheid, liefde en groot vriendskap, wat hulle hier in plaas van `n welverdiende straf ontvang het; maar tegelyk vra hulle My ook om volledige vergewing van die sonde wat hulle teen My moes begaan het.

[12] Ek sê aan hulle: “Bly by wat julle jul voorgeneem het; erken in My die enigste Majesteit en Heer, en het God inderdaad bo alles lief deur julle naaste lief te hê soos julleself en regverdig te wees teenoor elkeen, dan sal al julle sondes daardeur vergewe wees!

[13] As julle uit eie beweging iemand onreg aangedoen het, maak dit dan - vir sover dit moontlik is - weer goed; en as dit nie meer moontlik is nie, doen in plaas daarvan dan goed aan ander armes, dan sal julle skatte vergaar vir die toekomstige lewe in My ewige hemelryk!

[14] Daaruit bestaan heel in die kort My leer vir julle mense, en dit omvat Moses en alle profete. As julle dit daadwerklik in ag sal neem, sal julle ook My egte leerlinge wees, en dan sal Ek in die gees van die mag van My liefde My intrek in julle harte neem, julle in alle wysheid binnelei en julle die ewige lewe gee; want alleen Ek kan dit doen, omdat Ek die Lig, die Weg en die Lewe Self is!

[15] Ek het die Lig van die Liefde van die Vader in My; netsoos die Liefde die Lewe Self is, so is ook die Lig presies dieselfde en een Lewe. Wie dus van My glo dat Ek as `n egte Seun oftewel Lig altyd uitgaan van die Vader, wat die Liefde is, glo ook sekerlik in die ewige, heilige Vader, wat My as `n ware, lewende lig in hierdie wêreld gestuur het, sodat almal wat in My glo, die ewige lewe in hulleself het.

[16] Glo dus dat Ek, as die Lig en Lewe, die waaragtige Seun is van die ewige Vader, deur wie alles gemaak is - die hemel en hierdie aarde en alles, wat hemel en aarde en die hele oneindigheid bevat - en leef en handel altyd volgens My leer; het God dus lief bo alles en julle naaste soos julleself, dan het julle daardeur die ewige lewe in julle, en ook al sal julle, wat jul liggaam betref, eenmaal sterf, dan sal julle siel tog in die helderste en volste bewussyn voortlewe en ewiglik nooit meer `n dood sien, voel of smaak nie!

[17] As julle dit begryp het, neem in julle harte dan ook die onbuigsame voorneme op om volgens hierdie woorde van My werksaam te word en te bly!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205