Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die geestelike duisternis van die skrifgeleerde

78 Toe die skrifgeleerde dit van die bekeerde fariseër gehoor het, word hy uiterlik gesien weliswaar wrewelig, maar innerlik begin hy tog na te dink en sê na `n rukkie: “Gelukkig diegene aan wie `n oop hart gegee is; aan my is dit tot nou toe nog nie gegee nie! Ek het die Skrif wel bestudeer en die waarheid gesoek - wat kan ek dan daaraan doen dat ek haar nie kon gevind het nie? Waarvoor het dit sin as ek lees: “God het met Abraham, Isak en Jakob en met nog vele ander so en so gespreek en het Hom deur Moses en die ander profete aan die mense geopenbaar?” Waarom het Hy dan nie met my en vele ander mense soos ek gespreek nie? Is ek dalk minder mens as diegene met wie God gespreek en aan wie Hy Hom geopenbaar het?

[2] Eers nou het daar weer `n Mens onder ons opgestaan, wat ons weer opnuut toon dat die Skrif nie louter deur heerssugtige mense bedink en `n versinde fabel is nie, en dat daar `n God bestaan aan wie alle hemele en alle magte en kragte van die natuur onderworpe is. En daarom is dit nou ook die oomblik om na te dink en te ondersoek hoe en waarom God nou weer `n mens opgewek het, wat ons deur dade en woorde toon dat die Skrif waarheid en geen fabel is nie.

[3] Ek het nie deur my eie wil en my eie krag mens geword nie, maar deur `n ondeurgrondelike wil en die netso ondeurgrondelike krag en mag daarvan. Kan ek dalk iets daaraan doen as hierdie krag en mag my nie so gelei het, dat ek nooit aan hulle bestaan kon getwyfel het nie? Laat my nou dus nadink, om in myself dieselfde weg te vind waarlangs die aloue waarheid opnuut herkenbaar sal word; spreek daarna eers met my!”

[4] Daarop sê die bekeerde fariseër: “Hoe groot moet iemand se blindheid van sy hart en verstand nie wees nie, as hy by sulke verskynsels en veral by sulke lesse nog wil nadink en noukeurig wil oorweeg óf en hoe God daartoe gebring kan word om die mense van hierdie aarde in hierdie tyd weer `n keer `n teken te gee van Sy almagtige bestaan, en of daardie teken wel ten volle waaragtig is. O Majesteit en Heer vol suiwer goddelike krag, wees ook die blindes en verstoktes barmhartig en betoon medelye!”

[5] Ek sê: “Vriend, hou jou maar nie daarmee besig nie; want op hierdie wêreld het alles sy tyd! In die siel van jou metgesel sit nog te veel goud en silwer van hierdie wêreld, en daarin kan die ryk van God nie so maklik `n plek kry as by mense wie se siele nie deur die Mammon van hierdie wêreld verhard en blind geword het nie. Hy skuif die skuld op God, dat Hy hom sou verontagsaam het - maar hy bedink nie dat ook hy baie betekenisvolle waarskuwings van God gekry het nie, wat vir hom tot `n groot lig vir sy siel kon geword het as dit nie reeds van kindsbeen af aan met allerlei begeerte na goud en silwer gevul was nie.

[6] Hy was destyds al in die tempel, toe die onmiskenbare wonderwerk plaasgevind het met die hoëpriester Sagaria, wat hulle tussen die altaar en die allerheiligste verwurg het, omdat hy die groot misbruik en die bedrieërye van die heerssugtige fariseërs en hulle troue aanhangers begin te hekel het en af te skaf. Hy was ook in die tempel toe Simeon en die ou Anna geleef het en hy het hulle woorde gehoor; hy was ook nog in die tempel toe Ek as twaalfjarige seun die absoluut onmiskenbare tekens gegee het van die Gees wat in My woon, en hy het Johannes, die boeteprediker in die woestyn geken, wat `n seun was van Sagaria en die ou, vrome Elisabeth.

[7] Vanweë louter goud en silwer herken hy nie die lig uit die hemele nie, hoewel dit vir duisende regstreeks vir die gryp lê. Hy dink wel baie na met sy verstand - maar wat het `n siel, waarvan die hart deur louter Mammon verhard en verduister is, voor nut van sulke denke, wat lyk soos `n vlugtige dwaallig, wat weliswaar soos `n bliksemflits die nag vir `n oomblik verlig, maar dadelik daarna `n baie diepere duisternis tot gevolg het as wat die aardbodem voorheen bedek het?  

[8] Waarlik sê Ek vir julle: As `n dergelike verstandelike lig in die mens al die suiwerste duisternis is, hoe diep duister moet die eintlike nag van die hart en van die siel self dan nie wees nie! Laat jy maar hierdie skrifgeleerde die ryk van God met sy dwaallig soek; hoe langer hy dit op die manier sal soek, des te minder sal hy dit vind! So lank hy sy hart en daardeur ook sy siel nie volkome vry kan maak van die Mammon nie, sal hy ook nie God se ryk binnegaan nie.

[9] Sy woorde lyk soos die van `n blinde wat vir God ook `n deel die skuld wil gee dat hy blind is en kan nie begryp dat ander mense kan sien nie, aangesien hyself immers niks sien nie. By iemand wat liggaamlik blind is, is dergelike woorde egter te verontskuldig as hy homself nie moedswillig blind gemaak het nie; maar by iemand wat blind is in sy siel, is dergelike woorde nie te verontskuldig nie, aangesien hy netsoos vele ander al lankal siende kon geword het, as hy die middele wat vir hom welbekend is, getrou daarvoor sou gebruik het. - Maar Ons sal dit nou laat rus; môre is daar ook nog tyd om te praat oor die middele waarmee die innerlike lig bereik kan word. Die vier uur wat Ons vannag nog oor het, sal Ons bestee aan die rus van Ons liggaam!”

[10] Die herbergier vra onmiddellik of Ek na `n eie slaapvertrek wil gaan.

[11] Ek sê: “Ons bly hier aan tafel; want die meeste van My leerlinge slaap tog al hier en die lampe begin uit te gaan.”

[12] Daarmee was die herbergier tevrede. 

[13] Die fariseër wil ook by Ons bly; maar die skrifgeleerde sê aan hom: “Kom maar saam met my na jou woning, wat ongedeerd gebly het; ek sal vannag by jou verblyf en nog oor baie dinge met jou praat!”

[14] Die fariseër sê: “Baie goed, - maar met die bespreking sal dit die res van die nag nie baie meer word nie; want ook my ooglede begin swaar te word!”

[15] Die skrifgeleerde sê: “Nou, nou, dit maak nie saak nie; laat ons tog maar gaan en rus! Miskien staan ons `n goeie droom te wagte, wat ons meer te sê het as wat ons vir mekaar te vertel het; want ek het by sulke opwindende geleenthede altyd nog baie wonderlike drome gehad en sal hierdie keer ook verseker nie daarvan verskoon bly nie.”

[16] Met die woorde gaan die twee weg en neem hulle nagrus.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205