Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer getuig oor Homself

4 Ek sê: “Ja, My liewe kinders, maar juis terwille van julle gaan dit nie so maklik soos julle dink nie; maar omdat Ek dit ook vir julle belowe het, sal julle die een, enige ware God ook almal aanskou. Maar eers moet Ek julle wel op die hart druk dat julle die Een wat julle gesien het, nie bekend mag maak voordat daar een jaar verstryk het nie.”

[2] Almal belowe My dit plegtig.

[3] Toe sê Ek verder: “Goed dan, luister na My, en maak julle oë en harte wyd oop!”

[4] Ek, wat nou met julle spreek, is Self die Een wat die profete aan die mense verkondig het! Volgens My ewige raadsbesluit het dit My behaag om Self as mens van vlees en bloed as `n helder en lewe bringende lig onder die mense te kom, wat in die ou nag van die sonde dwaal en verkommer is, en hulle te verlos van die harde juk van die oordeel en die ewige dood.

[5] Maar Ek het nie alleen na die Judeërs gekom nie, wat vanaf die allereerste begin die volk van die een ware God was en hulle ook nog so noem - alhoewel baie vele vanweë hulle slegte dade al sedert `n lang tyd `n volk van die hel geword het - maar ook na die heidene. Weliswaar stam hulle ook af van dieselfde eerste mens op hierdie aarde, maar hulle het hulleself met verloop van die tyd so deur die verlokkinge van die wêreld laat verlei, dat hulle daardeur afvallig geword het van die een ware God, Hom nie meer ken en vervolgens van dooie en verganklike materie na hulle lus en oortuigings self gode maak en die vereer en aanbid, wat teenswoordig nog baie die geval is, netsoos julle goed weet. 

[6] Omdat die heidene dus ook die ewige en mees lewende waarheid, wat alleen in God bestaan, sal ken, het Ek ook na die heidene gekom en gee Ek hulle die lewenslig wat deur eie toedoen al so lank verlore was, en dus ook die ewige lewe terug.

[7] Ek is Self die lig, die weg, die ewige waarheid en die lewe. Wie in My glo en volgens My leer leef, het die ewige lewe reeds in hulle en sal die dood nooit meer sien of voel nie, al sou hy, wat sy liggaam betref, duisend maal sterf; want wie in My glo, My gebooie hou en My derhalwe bo alles liefhet, is in My en Ek in die gees in hom. En in diegene in wie Ek is, is ook die ewige lewe.

[8] En nou het Ek julle dan ook die enig ware, een God getoon, netsoos Ek julle so pas belowe het. Ondersoek julle nou julleself, of julle dit ook glo! Ja, ook dit glo julle nou - maar bly ook as egte helde in daardie geloof en laat julle deur niemand meer daarvan afbring nie, dan sal julle lewe en die krag van My wil sal in julle wees en bly! So is dit en bly dit!”

[9] Toe Ek dit aan die heidene wat daar aanwesig was, gesê het, word hulle deur `n huiwering van diep ontsag aangegryp, en niemand durf `n woord te sê nie.

[10] Maar Ek sê op vriendelike toon: “Kom tog tot julleself, kinders! Sien Ek daar as mees ware Vader van alle mense dan so verskriklik uit, dat julle nou deur so `n huiwering vir My bevange word? Kyk, vir My is weliswaar niks onmoontlik nie - want in My is alle krag, mag en gesag in die hemel en op aarde - maar Ek kan nie daarvoor sorg dat Ek nie is wat Ek is nie, en julle nie wat julle is nie! Ek is nou eenmaal die Een wat Ek is, was en sal wees van ewigheid tot ewigheid, en julle sal dit ook wees en bly. As Ek julle nou My liewe kinders noem, is julle tog heeltemal aan My gelykwaardig, en as julle volgens My leer en dus ook volgens My wil lewe en handel, sal julle werklik nie minder volmaak wees as Ekself nie, en julle sal dieselfde tekens kan doen wat Ek doen. Want watter vreugde kan onvolmaakte kinders aan `n volmaakte Vader gee? Laat julle te groot eerbied vir My dus vaar en kry in plaas daarvan `n volkome vertroue en liefde vir My, dan sal julle vir My baie aangenamer, welgevalliger en dierbaarder wees!

[11] Werklik, wie My liefhet, hoef My nie te vrees nie! Want diegene wat God te veel vrees, het Hom ten eerste nog nooit eg geken nie en hulle hart staan nog ver van Sy liefde af, en ten tweede loop sulke te vreesagtige kinders deur hulle eie skuld gevaar dat hulle gaan dwaal in wat hulle glo en weet. Want hulle vrees verswak hulle moed en hulle wil om in hulle hart so naby moontlik by My te kom en daardeur ook in alle waarheid van die lewe deur My verlig te word. As julle dit begryp het, laat julle vrees vir My dan vaar en wees lief vir My en kry die volste vertroue in My!” 

[12] Toe Ek dit aan hulle gesê het, wyk die afgodiese angs uit hulle harte en begin hulle My met meer vertroue te loof en te prys, en in hulle hart ontwaak die liefde meer en meer. Maar tog was hulle nie heeltemal gerus daaroor nie, want die voorstellings uit die heidendom van onverbiddelikheid en ewige mag en strengheid van `n God, wat hulle `n lang tyd gekoester het, wil en kon nie so vinnig uitgewis word nie. Maar na `n uur, waarin Ek nog in die herberg gebly het, word hulle almal vertroulik en Ek gee hulle nog menige les, wat hulle liefde vir My versterk en bevestig.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205