Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die aankoms by Jerigo

5 Toe vra My leerlinge, wat geld by hulle gehad het, die herbergier wat hulle vir die brood en die bronwater moes betaal.

[2] Maar die herbergier sê: “O, hoe kan julle my dit vra, daar ek nou immers by God die Heer en dus ook by julle, wat seker Sy naaste vriende is, ewig in die skuld sal staan? Elke Woord wat Hy tot ons gespreek het, is immers eindeloos baie meer werd as alle skatte van die aarde! Al wil julle duisend jaar in my huis bly en dag en nag eet, en ek sou ook maar `n stater daarvoor gevra het, dan sou ek egter niks beter verdien as om lewend en wel as voer vir die slange en drake gegooi te word nie! Maar dit is nou byna middag; hoe gelukkig sou ek nie wees as God die Heer met julle by my die middagmaal sou wil gebruik nie!”

[3] Daarop sê Ek: “Jou wil geld by My as die daad! Maar Ons moet verder, omdat daar ook op ander plekke kinders is wat Ek wil help. Daar sal straks egter arm pelgrims hierheen kom, en wel vanuit Essea op weg na Jerigo. Hulle het weliswaar hulle liggaamlike gesondheid heeltemal teruggekry, maar geld het hulle nie baie nie en hulle is hongerig, dorstig en moeg; gee hulle spys en drank en ook onderdak vir die nag, dan sal Ek dit aanneem asof jy dit vir My gedoen het!”

[4] Die herbergier sê: “O Heer en God, al wil die arme mense `n hele jaar hier bly, hulle sal hulle versorging kry! As hulle oor die heerweg gaan, wil ek hulle dadelik my lasdiere en met perdewaens tegemoet stuur en hulle hierheen laat bring.” 

[5] Ek sê: “Ook hierby geld jou wil as die daad! Die pelgrims wat Ek vir jou aangekondig het, het reeds gisternag vanuit Essea oor die berge hierheen vertrek en sal binne `n paar uur oor die smal bergpad hiernatoe kom, sodat hulle dus nie baie sal hê aan jou lasdiere en waens nie. Maar as hulle môre hiervandaan vertrek, kan jy hulle die een of ander diens bewys as dit nodig is. 

[6] Maar laat niemand voortaan meer betaal vir die water nie; want Ek het ook daarvoor gesorg dat jou bron steeds ryklik en gesonde water sal gee. Wees altyd barmhartig teenoor armes, dan sal jy ook barmhartigheid by My vind! My seën en My barmhartigheid het jy ontvang, en dit sal ook by jou bly as jy inderdaad aan My leer sal vashou; en so sal Ons Ons reis nou weer voortsit.”

[7] Na hierdie woorde staan Ek vinnig op en gaan met die leerlinge na buite.

[8] Dit spreek vanself dat die herbergier Ons met sy familie onder trane, dank en lofprysing `n ent begelei; maar toe Ons daar die pas flink insit, bly Ons begeleiers agter en keer weer huiswaarts. 

[9] Omdat daar rondom die middaguur hier op die weg gedeelte geen reisigers was nie, trek Ons weer met die snelheid van die wind voorwaarts; maar wanneer Ons weer in `n streek kom wat bevolk was, loop Ons in Ons gewone, natuurlike pas verder. En so kom Ons teen die aand in die omgewing van Ons reisdoel Jerigo.

[10] Daar was `n mooi grasveld. Hier rus Ons uit totdat die son heeltemal sou ondergaan; want Ek wou nie by daglig die stad binnegaan nie, veral omdat die twee fariseërs, wat Ons, ondanks hulle vinnig draffende kamele, ingehaal het, die stad slegs `n paar morge voor Ons uit nader. *(`n ou landmaat; soveel land soos `n span perde in `n oggend kon ploeg. Per land(streek) baie verskillend, in die Duitse gebied meestal variërend van ongeveer 25 tot 35 are. `n Paar morge is in hierdie verband waarskynlik `n paar honderd meter )

[11] Terwyl Ons op Ons grasveld uitrus onder die bespreking van allerlei dinge, kom daar uit die nabygeleë tolhuis `n tollenaar na Ons toe, wat vra waar Ons vandaan gekom het en of Ons die nag op hierdie plek sou deurbring.

[12] Ek sê: “Nóg die een nóg die ander gaan jou iets aan; maar as jy dit wil weet, sê Ek jou ten eerste dat Ons vandag heeltemal uit Essea gekom het, en ten tweede dat Ons nou hier bietjie uitrus en daarna die stad sal binnegaan.” 

[13] Toe die tollenaar hoor dat Ons te voet in `n dag heeltemal uit Essea na Jerigo gekom het, slaan hy sy hande van verbasing ineen en sê: “O, daartoe is `n snellopende kameel wel in staat, maar met menslike voete is dit ongekend! Dan moes julle gevlieg het!”

[14] Ek sê: “Dit is Ons saak; maar gaan jy die stad in, omdat jy die tyd het, en vra aan Kado, wie se vader julle hoogste gebieder is, of hy na My toe wil kom; want Ek, die Heer, wag hier op hom!”

[15] Toe vra die tollenaar: “Heer, as ek nie U Naam vir Kado kan noem nie, sal hy dan wel na U toe kom?”

[16] Ek sê: “Dit sal hy seker! Gaan nou, dan sal jy jou loon ontvang; want elke gewillige arbeider is sy loon werd!”

[17] Na hierdie woorde van My gaan die tollenaar vinnig die stad in en bring die boodskap aan Kado oor.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205