Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 193

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die oorsake van die geestelike superioriteit van die heidene

193 Eén van die Judese Grieke uit Jerusalem, wat voorheen `n skrifgeleerde was, sê: “Hoewel julle opvatting oor hierdie saak vir die wêreldse verstand heel aanneemlik lyk, kom dit my tog ietwat te natuurlik voor, aangesien dit elke geestelike agtergrond mis.

[2] Ons het immers nie alleen streke, plekke, berge en die groot see met sy vele skepe gesien nie, maar ook die son met enkele wolke wat daaromheen sweef. Was dit dalk ook net `n spieëlbeeld op die lugspieël wat baie goed deur julle beskryf was?”

[3] Die een van die twee Grieke sê: “Toe die gees, wat RafaEl heet, ons so pas die aarde, die maan en die son, asook alle verhoudings van hierdie hemelliggame ten opsigte van mekaar presies uiteengesit het, het jy skynbaar nie besonder goed opgelet nie. Miskien het jy by sy verklarings ook wel `n te geringe geestelike agtergrond ontdek?

[4] As die ondergang van die son, die maan en alle sterre alleen teweeg gebring word deurdat ons aarde, wat `n groot bol is, haar in ongeveer 24 uur en nog iets meer van die weste na die ooste om haar as draai, dan moet die son ook skynbaar steeds laer onder ons sigbare horison te staan kom. Maar omdat die lugspieël sekerlik baie hoog bo die berge aan ons westelike horison te staan kom, sal hy die son, wat op die hoogte seker nog `n uur langer sigbaar sal wees, ewe goed as spieëlbeeld op sy oppervlak kan weergee as alle ander, laer geleë dinge. - Begryp julle dit?”

[5] Die Judese Grieke kyk mekaar verbaas aan, en die skrifgeleerde sê: “Dit is haas ergerlik dat die heidene ons nie net fisies nie, maar ook geestelik oorheers; want by alle geleenthede oorvleuel hulle ons ruimskoots met hulle verstand, met hulle kennis en wetenskappe en vele ervarings, en ons kan hulle geen weerwoord (repliek) gee wat hulle nie sou kan weerlê nie.

[6] Weliswaar het nóg die Heer, nóg RafaEl `n verklaring oor die verskynsel gegee; maar vir sover ek die saak nou beoordeel, sal die Griek sekerlik gelyk hê!”

[7] Nou sê Ek: “Nou het jy ook eens korrek geoordeel, as jy erken dat die Griek gelyk het; want afgaande op wat hy hier self van `n helder denkende natuurkundige aangehaal het, het hy die verskynsel baie korrek beoordeel, en van wat daar spoedig daarna sal volg, netsoos hy dit aangegee het, sal Ons binne `n paar uur die bewys kry.

[8] Weet jy as skrifgeleerde dan nog nie dat daar in die Skrif as volg geskryf staan nie: “In dié tyd sal die mag en die lig van die Judeërs ontneem word en aan die heidene gegee word.”?

[9] En kyk, op grond daarvan heers die heidene nou oor julle en oortref hulle julle hemelhoog in verstand en alle kunste, kennis en allerlei wetenskappe; en as julle nie volkome in My leer bly en daarvolgens sal lewe en handel nie, sal hulle julle nog meer en geheel en al, ja grensloos oortref en die hele, groot Beloofde Land tot stof vertrap. Die mooi, groot dal van die Jordaan met sy vele stede, plase en dorpe sal `n woestyn word, waar behalwe diewe en rowers, wilde diere sal woon.

[10] Ek het in hierdie wêreld en - as Self `n Judeër - na julle Judeërs gekom om julle te red uit elke nood; maar tel net die Judeërs wat in My glo - hoe klein en gering is hulle aantal vergeleke met diegene wat My haat en oral vervolg! En tel dan net die heidene, wat voortdurend van heinde en ver hierheen kom en My leer met groot blydskap aanneem, My vinnig en maklik herken as die Een wat Ek is en My onmiddellik bo alles liefhet!

[11] Dan lê dit natuurlik oorduidelik voor die hand, hoe en waarom die mag en die lig die Judeërs ontneem en aan die heidene gegee sal word. 

[12] Weliswaar sal die lig ook in die toekoms onder die heidene sterk vertroebel en verduister raak. Hulle sal hulleself wel heel hoogdrawend My gesalfdes noem en hulle hoog laat eer, maar in feite sal hulle baie erger heidene wees as wat die Romeine, Grieke en ander heidene uit die hele Europa nou is.

[13] Maar selfs onder sulke heidene sal daar steeds `n groot aantal wees wat in My leer sal bly en hulle nie sal laat verblind en verlei deur die wêreld en haar vlugtige bekorings nie.

[14] Maar tel nou net hoeveel Judeërs daar is wat hulle nie deur die Mammon van hierdie wêreld laat verlei en verlok het nie! In alle stede van Galilea, Judea, Palestina, Kanaän en Samaria en nog ander landstreke sal julle nie eers honderd daar aantref wat van oudsher die waarheid volgens Moses en die profete in hulle hart en in hulle dade nagevolg en bewaar het nie. Slegs in hierdie tyd het, deur My onderrig, `n groter aantal hulle weer opnuut na die ou waarheid gekeer, en wel vernaamlik uit die klasse van die armes.

[15] As Ek die groot aantal bekeerde heidene uit alle dele en streke van die aarde daarmee vergelyk, dan is dit nou al duisend keer groter as dié van die Judeërs, in wie se midde Ek in hierdie wêreld gekom het en nou as `n allerwaarste en helder lig rondwandel en hulle oral luid toeroep dat hulle almal na My toe moet kom.

[16] As dit nou voor julle oë en ore gebeur, hoe kan julle jul dan heimlik in julle harte verbaas as Ek volgens waarheid sê dat die mag en die lig die Judeërs ontneem en aan die heidene gegee sal word, en dat daar uiteindelik selfs onder die buitengewoon sterk verduisterde Christen-heidene tog altyd vele sal wees, wat by die oorspronklike waarheid sal bly en hulle nie so deur die wêreld sal laat bekoor nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205