Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die natuurlike mens en die mens wat van God se gees deurdring is

25 Ek sê: “Dit het jy heel korrek gesê en beoordeel. Die geskape mens kan hom natuurlik nooit vergelyk met die eintlike oerwese van God nie; maar deur God se oerewige wil woon daar in die geskape mens `n ongeskape, ewige Gees uit God, en die kan dan in die mens immers netso min `n beperking hê as in die eintlike oerwese van God Self, omdat Hy immers één daarmee is.

[2] Of dink jy dalk dat die lig van die son, wat op die oomblik die aarde verlig en verwarm, jonger en beperkter is as die lig wat ondenkbare tye gelede hierdie aarde verlig en verwarm het? Ek sê jou dat jy `n heel skrander en korrekte denker en spreker is; maar jy sal eers in die gees van die volle waarheid uit God dink en spreek wanneer jou siel in die ewige gees vanuit God tot volledige eenwording gekom sal wees. Maar dit kan en sal maar net gebeur, deur in die vervolg met jou vrye menslike wil die wil van God, waar jy van bewus is, in alles - wat jy sê en doen, - volkome tot joune te maak. - Het jy dit begryp?” 

[3] Nojed sê: “O Vriend, daarvoor sal daar by ons nog `n baie lang tyd nodig wees; want ons het nog baie van die wêreld in ons! Voordat dit heeltemal uit ons verwyder sal wees en ons iets gewaar sal word van die almagtige teenwoordigheid van die goddelike gees in ons, o, daarvoor sal daar - netsoos ek al opgemerk het - nog heelwat tyd in die see van die ewige en nooit terugkerende verlede vloei!”

[4] Ek sê: “Dit is ook nog heel aards en menslik gespreek! Want kyk, ook vir die goddelike gees in die mens bestaan daar geen verganklike tyd of `n beperkte ruimte, en dus ook geen verlede of `n verre toekoms nie, maar alleen `n ewigheid! Maar in hierdie wêreld het alles sy tyd, en daar ryp geen vrug aan die boom reeds tydens die bloei nie; as jy jou egter vas voorneem om van nou af aan onwrikbaar volgens God se wil te lewe en te handel, sal jy weldra ook anders praat.

[5] Vele het al geoordeel en gespreek netsoos jy nou; maar toe hulle uit My mond gehoor het wat hulle moes doen en hoe hulle moes lewe, en ook dadelik daarna aan die werk gegaan het, het hulle vinnig vooruitgegaan. 

[6] As julle binnekort na Essea sal gaan, sal julle in die owerste Roclus al `n voorbeeld aantref van hoever `n mens dit met God se liefde en barmhartigheid in `n kort tyd kan bring, as hy sy geestelike vervolmaking volkome ernstig neem.

[7] Maar aangesien Ek nou baie gou met hierdie vriende van My van hier af sal vertrek, sal julle van die herbergier wel nadere besonderhede oor My hoor en met des te groter ywer en erns volgens My raadgewing begin lewe en handel, en dan sal die seën van JaHWeH Hom ook heel goed voelbaar aan julle kenbaar maak. 

[8] En nou het Ek niks meer verder vir julle te sê nie, omdat julle dit nie sou verdra nie; maar wanneer God se barmhartigheid en liefde in julle sal ontwaak, sal dit julle vanself binnelei in alle wysheid wat julle vir hierdie wêreld nodig het. Julle kan nou dus weer na die kamer gaan wat die herbergier julle toegewys het!”

[9] Die drie bedank My vir alles wat Ek vir hulle gedoen en aan hulle gesê het, en begeef hulle na hulle kamer, waarin hulle hulleself net so lank verborge hou as wat die mark duur, om nie deur die een of ander koopman of koper herken en lastig geval te word nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205