|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 79
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die droom van die skrifgeleerde
79 Toe die son in die môre al bo die berge uitkom en Ek en die leerlinge, netsoos gewoonlik, reeds buite was, ontwaak ook die fariseër en die skrifgeleerde; hulle was hulleself volgens die streng gebruik van die Judeërs en die fariseër vra toe aan die skrifgeleerde of hy dalk `n droom gehad het.
[2] Daarop sê die skrifgeleerde: “Ja, vriend, netsoos ek jou gesê het voordat ons gaan rus het; maar ek het maar net dwase dinge deurmekaar gedroom.
[3] Luister! Ek bevind my tussen hoë berge, en waar ek ook kyk, oral sien ek net goud- en silwermyne; en ek sien `n hele boel mynwerkers, wat die metale in groot klompe uit die berge haal. Toe ek daardie metaal egter in so `n enorm groot hoeveelheid voor my sien, begin dit Elke waarde vir my te verloor, en toe die mynwerkers steeds maar meer van daardie metaal bo die grond bring word ek bang, en ek begin `n uitweg te soek. Maar waar ek ook heengaan om daarvandaan weg te kom, steeds was die weg sodanig met die grootste klompe goud en silwer versper dat dit onmoontlik was om daar ooit oorheen te kom en `n uitweg te vind.
[4] Toe wend ek my in my groot angs en byna volslae vertwyfeling tot `n mynwerker wat in my omgewing gestaan het, en ek vra hom om my `n weg uit die goud- en silwerkloof te toon.
[5] Maar op heel growwe toon brul hy my toe: “Daar bestaan geen uitweg hier nie! Wie eenmaal in hierdie kloof verdwaal geraak het, kom nie meer daaruit nie; want ons sien dadelik wanneer iemand hier by ons beland en versper hom dan die weg na buite, sodra hy ons skatte gaan bewonder het. In hierdie kloof het al buitengewoon baie magtiges en grotes van die aarde hulle ondergang gevind, en jy sal nie een van die laastes wees nie!”
[6] Na hierdie baie dreigende woorde van die growwe mynwerker, wat toe dadelik van my af wegloop, bereik my vrees en angs hulle hoogtepunt, sodat ek daardeur totaal bewusteloos op die grond val en in die bedenklike toestand in my droom andermaal in `n nuwe droom beland.
[7] Toe kom daar `n man na my toe wat my op ernstige toon vra wat ek daar doen.
[8] Ek sê: “Waarom vra jy my dit - ek weet nie eers wanneer, hoe en waarom ek hier gekom het nie. Ek het dit immers nooit gewil nie en tog bevind ek my hier.”
[9] Daarop verdwyn die man en spoedig daarna sien ek `n boosaardige dier op my afkom. Toe raak ek in `n nog groter angs. Maar ek sien `n bliksem uit die hemel kom wat daardie boosaardige dier tref, waarvan ek jou die gestalte nie kan beskryf nie. Dit begin te kronkel en te steier en weldra stort dit in `n diep afgrond, en ek begin meer op my gemak te voel.
[10] Ek staan op en haas my van die plek na `n plek toe, wat taamlik ver van my weg lê en vriendelik en uitnodigend daaruit sien. Baie gou kom ek in die omgewing van daardie plek. Ek sien baie sierlike tuine daar, waar `n groot aantal van allerlei vrugtebome staan wat ek nie ken nie en waarvan die takke vol hang met die mees buitengewone vrugte.
[11] In een van die tuine sien ek ook vroue en meisies met `n groot skoonheid, en ek begin sin te kry om met hulle te praat. Maar my lus was ook vinnig weer oor; want toe die meisies en die vroue my sien, begin hulle te skreeu en hulle vlug voor my weg.
[12] Ek dink by myself:”Waarom is dit tog so?”
[13] Toe hoor ek `n stem vanuit `n verborge hoek: “Dit is ons vyand! Vlug vir hom, sodat hy ons nie ook hier van ons besittings, ons kuisheid en onskuld beroof nie! Julle, ons manne, gryp hom en bind hom vas en werp hom in `n kerker waar paddas en slange bly!”
[14] Toe ek dit hoor, begin ek te vlug oor klippe en stoppels; uiteindelik val ek van vermoeidheid op die grond en daarna word ek wakker.
[15] Werklik, dit was tog wel `n dwase en slegte droom, en ek is nog heeltemal nat oor my hele lyf van die angssweet!
[16] Wat dink jy nou, vriend, van hierdie nare, onsinnige droom?”
|
|
|
|
|