|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 126
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die Samaritane bewonder die verskyning van die Heer
126 Toe die Samaritane dit alles met groot aandag aan hulle tafel gehoor het, sê die vernaamste spreker: “Vriende, dit is dus die Heer Self, as sigbare Mens onder ons mense! Wat `n heerlike gestalte! Wat `n hemelsagte liefdesvuur straal daar uit Sy oë, wat `n wysheid straal daar uit Sy hoë voorhoof, en tot watter woorde moet Sy heerlike mond wel nie in staat wees nie!
[2] As jy maar net Sy werklik verhewe, heerlike menslike gestalte met die korrekte aandag bekyk, kan jy geen oomblik meer daaraan twyfel dat daar in so `n edele menslike vorm, netsoos dit nog nooit bestaan het nie, `n gees moet woon vir wie alles moontlik is wat Hy maar wil. Wie van ons het die moed om Hom te nader en Hom aan te spreek? Ek, as sondige mens, het dit nie - en julle vas en seker nog minder!”
[3] `n Ander een sê: “Jy het wel heeltemal korrek geoordeel! Ook al sou ek nie geweet het dat Hy die Heer is nie, dan sou Sy te verhewe en edele gestalte my al so `n groot eerbied inboesem, dat dit my moed sou verlam en my tong onbeweeglik sou maak. Laat ons daarom maar heel rustig aan ons tafel bly en in stilte luister na wat Hy aan iemand sal sê! Hom alleen sy al ons liefde, alle eer en alle lof!
[4] Ons wil Hom immers maar net sien en - indien moontlik - ook hoor; daarvoor het ons immers hierheen gekom! Die barmhartigheid, waarna ons almal so vurig verlang het, het ons deur Sy toelating onmiskenbaar ten deel geval - wat sou ons nou nog meer wil? As ons Hom nou ook nog hoor praat het, sal ons baie stil ons rekening aan `n dienaar betaal en ons daarna onmiddellik met `n bly en dankbare hart op die terugreis begewe; want hier begin ek my van louter verhewenheid en gewydheid behoorlik ongemaklik te voel. Ek begryp net nie hoe die ander mense Hom so sonder enige vrees durf te nader en selfs met Hom durf te praat soos met `n ander mens nie. Daarvoor is tog meer as menslike moed nodig! En vir sover ek kan hoor, praat hulle met Hom ook nog oor baie onbelangrike dinge en omstandighede van hierdie wêreld.”
[5] Die eerste sê weer: “Vriend, dit is tog werklik verbasingwekkend! Wat sal dit Hom kan skeel hoe die visse en lammers vir die middagmaal voorberei word? En tog praat hulle almal daaroor. Merkwaardig! Die jong man het ons so pas almal oor baie belangrike en groot dinge onderrig; maar noudat die Heer Self aanwesig is, praat hulle almal oor die voorbereiding van die middagmaal asof dit nou die grootste en belangrikste is, en die Heer spreek daaroor met sigbare genoeë met die welbekende herbergier en sy eggenote en met die ander vrou, wat vroeër tussen die leerlinge gesit het. Maar ja, daar hoef tog ook nie altyd enkel en alleen oor goddelik verhewe dinge gepraat te word nie. As hulle klaar is met die bestel van die maaltyd, sal daar sekerlik ook ander dinge en sake ter sprake kom.”
[6] Toe Ons klaar was met die kwalitatiewe en ook die kwantitatiewe voorbereiding van die middagmaal, word Ek deur Kisjona gevra hoe en wanneer mens die beste kan visvang.
[7] Ons gaan aan tafel sit, laat Ons intussen bietjie brood en wyn gee, en Ek leer Kisjona, wanneer en hoe `n mens die een of ander soort vis die beste in `n bepaalde tyd kan vang, hoe hulle bewaar en sodanig voorberei moet word dat hulle die beste te verdra is vir die gesondheid van die liggaam en dan ook te ete is, waarmee Kisjona baie bly was.
[8] Maar Ons Samaritane, wat hulle in `n hoek van die saal aan Ons eie tafel bevind, vererg hulle om hierdie rede aansienlik vir Kisjona, en een van hulle sê: “Kan hierdie tollenaar en herbergier, wat tog al so onvoorstelbaar ryk is, dan oor niks anders praat as hoe hy nog makliker en sekerder nog ryker kan word nie? En die Heer lê dit vir hom nog baie vriendelik en heel uitvoerig uit ook! Maar wat kan ons daaraan doen? Wat vir die Heer welgevallig is, mag ons nie teenstaan nie. Dit is altyd nog onbeskryflik baie beter as wanneer dit vir Hom welgevallig is om een of ander mens, wat Hy dikwels doen, met allerlei vreeslike siektes te kwel, waaroor `n egte Judeër ook nooit mag brom nie, maar wat hy met alle moontlike geduld en in volledige oorgawe aan God se wil moet verdra. Kortom, die Heer is en bly nou eenmaal die Heer, en alle mense is niks, vergeleke met Hom nie!”
[9] Al sy metgeselle gee hom gelyk en gedra hulle weer baie kalm en vol eerbied in hulle hoek.
|
|
|
|
|