|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 196
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die storm en sy ooreenstemmende betekenis
196 Toe hulle baie uitvoerig oor die onderwerp gepraat het, hoor mens van buite `n geraas van die wind wat steeds hewiger word, en twee van die skippers van Kisjona kom na Ons toe en vra wat hulle by so `n storm moes doen, want die meer dryf ongehoord reusagtige golwe teen die oewer op en dreig selfs - as dit nog erger sou word met die storm, wat nou skielik vanuit die ooste opgesteek het – om die water tot in die huis op te stu. Hulle het die skepe weliswaar drie keer so stewiger as voorheen aan die oewer vasgemaak en hulle gelowig tot My gewend en om hulp gevra, maar tog word die storm steeds hewiger.
[2] Nou vra Kisjona My of Ek die storm, waaroor Ek ook die enigste Heer en Gebieder was, sou wil gebied om minder hewig te word om die vele bewoners van die oewer nie al te swaar skade te berokken nie.
[3] Ek sê: “Ek is waarlik ook die Heer van die storm, en hy sou nou nie so geweldig gewaai het as Ek dit nie so wou gehad het nie; maar waarom Ek dit so wil hê, sal binne `n uur nog heeltemal duidelik word vir julle!
[4] Laat die storm sy taak en plig dus maar uitvoer; hy sal jou skepe geen skade berokken en jou skippers hoef nie daarvoor bang te wees nie, ook al sou hy nog hewiger word. Die water van die meer sal tog nie verder as nou oor die oewer kom nie. Maar gee die skippers brood en wyn, dan sal hulle die storm bietjie moediger in die gesig kyk as wat hulle nou doen!”
[5] Dit gebeur ook dadelik, en die twee skippers kry enkele kraffies wyn en ook verskeie brode en bring dit na hulle metgeselle, wat hulle in die skippershut bevind, wat op die oewer gebou was. Toe hulle so `n verfrissing voor hulle het, maak hulle hulleself ook nie meer so druk oor die storm nie.
[6] Alle aanwesiges vra onder mekaar wat hierdie storm tog wel te beteken het en wat hy teweeg sou bring.
[7] Ons Philopold rig hom selfs tot RafaEl, wat heel rustig aan tafel sit.
[8] Hierdie sê (RafaEl): “Vriend, as dit die wil van die Heer sou wees, sou ek dit wel vir jou gesê het; maar nou is dit nog nie Sy wil nie, en dus kan ek ook nog nie aan jou wens voldoen nie! Maar oor `n paar uur sal hierdie saak vanself vir julle oë duidelik begin te word.
[9] Die Griek wat immers aan sy heeltemal korrekte verklaring van die lugspieëling op die berg, tog ook toegevoeg, dat na dergelike seldsame verskynsels, waarvoor steeds `n groot rus in die lug nodig is, altyd en baie vinnig aansienlike storms volg, sowel in die lug as in die water - en kyk, in natuurlike opsig het hy volkome korrek geoordeel daarin, omdat hy dit al verskeie kere meegemaak het.
[10] Waarom die Heer in die grond van die saak dergelike verskynsels egter laat ontstaan en kom, dit is natuurlik `n heel ander vraag, wat ek jou om die reeds genoemde rede nog nie kan en mag beantwoord nie.
[11] Kyk net na die gemoed van `n mens, wat dikwels in `n volkome sorgelose rus versink, waarmee die mens hom heel gelukkig en salig voel! Maar hoe rustiger, sorgeloser, gelukkiger en saliger `n mens hom vir `n kort tyd gevoel het, des te stormagtiger sal dit daarna in sy gemoed begin te word, wanneer hy aanvanklik slegs `n bietjie deur iets onbehaaglik in sy soet rus gesteur word.
[12] Maar `n mens, wie se gemoed voortdurend met allerlei storms te kampe het, maak homself nie so bedruk oor aanhoudende opstekende storms nie en bewaar sy kalmte makliker en het by alle gebeurtenisse die nodige rustigheid.
[13] As die hele natuur, vandag die hele dag, van vanmôre tot vanaand, ietwat onrustiger was en dit nie so uitsonderlik rustig was nie, dan sou die skippers van Kisjona ook nie so `n angs vir die hoë golwe gekry het nie. Dit het hulle nou wakker geskud uit hulle volkome rus van die hele dag, en toe het hulle self geen raad meer gehad nie. Maar nou het hulle gemoed saam begin storm, en daarom het hulle nou al byna geen angs meer vir die hoë golwe nie.
[14] Kyk, vriend, dit is ook `n goeie les vir almal wat hulle graag oorgee aan die soet, sorgelose traagheid! Wie steeds besig is, het ruimskoots genoeg aan `n kort rus om sy hele wese te versterk; en as hy versterk is, verlang hy dadelik weer daarna om aan die werk te kom en vind sy egte welbehae alleen daarin.
[15] Wie egter nie graag besig is nie en hom maar net gelukkig en salig voel in `n steeds toenemende werklose traagheid, netsoos die vetgemeste fariseërs en ander ryk leeglopers, sal tot volledige raserny verval as die traagheid, wat hulle so salig stem, ook maar in die minste bedreig word.
[16] Daarom het die Heer op hierdie aarde dan ook vir allerlei wesens, dinge en verskynsels gesorg, wat die traagheid neigende mense voortdurend uit hulle werkskuwe rus verskrik en hulle moet dan ook erken dat hulle nie die meesters van die wêreld en van alle wesens en dinge daarop en daarin is nie - netsoos die trae rykes hulle maar al te sterk inbeeld - maar dat `n sekere Iemand Anders dit is, Iemand wat dergelike mense natuurlik nie ken nie en oor wie hulle ook nie iets waars wil hoor nie, netsoos julle dit by die vele fariseërs en ander Judeërs maar al te goed kan waarneem.
[17] Kyk, dit is meer werd om groter aandag te skenk aan wat ek nou vir julle gesê het, as om eers te hoor wat hierdie storm beteken het!”
|
|
|
|
|