|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 202
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die gesprek tussen die kommandant en die owerste
202 Na hierdie onverwagte versekering van die wag, wat daarop die hut weer verlaat, was ons soldate van Herodus aan die een kant baie tevrede gestel, maar aan die ander kant ontstaan daar in die gemoed van veral die kommandant, wat `n Griek was, en ook van die owerste, wat `n Judeër was, groot onrus deurdat daar onmiddellik meer brood en wyn gebring was, terwyl hulle hulle wens daartoe nog maar nouliks uitgespreek het.
[2] Toe sê die kommandant: “Wonders - wonders sou in die dorp soos gesê aan die orde van die dag wees? Hier moet dus `n soort orakel bestaan, waarvoor selfs iemand se mees geheime gedagtes, nie eers veilig is nie, deurdat die een of ander Wonderdoener dit dadelik hardop kenbaar maak aan diegene wat die gedagtes gehad het!
[3] As dit so is - wat baie waarskynlik lyk - sal mens ook woord vir woord presies weet wat ons bespreek het oor die bedagsaamheid wat ons in ag sal neem, en dan sal die versigtigheid weinig baat! Want as die mense in die herehuis op een of ander towertafel dadelik ons wens na brood en wyn waargeneem het, dan sal hulle ons eerste beplanning netso goed en presies gehoor en ook baie goed begryp het, ook al sou ons dit in die oud-Egipties gehou het.
[4] Die beste is nog dat ons niks vyandig in die skild gevoer het nie, nóg teen die Nasarener, nóg teen wie ookal van Sy aanhangers; en wat Herodus betref, sal hulle ons mening sekerlik deel. Kortom, môre sal hierdie wonderbaarlike saak vanself goed duidelik word. Laat ons dus maar optimisties wees, netsoos die wag sê; want volgens hom is die oord immers `n oord van heil en nie van vloek en die oordeel daarvan nie!”
[5] Daarop sê die owerste: “As dit inderdaad is netsoos jy, kommandant, nou daaroor oordeel, kan ons vooraf al goed aanneem dat ons plan om uit taktiese oorwegings in die kuuroord te verblyf, nie sonder probleme sal verloop nie, en die mense sal ook wel volledig op die hoogte wees van die vier skepe wat gesink het, die honderd-en-dertig verdrinkte soldate en die ware doel van ons koms hierheen. Hoe sal ons onsself verontskuldig as die mense ons daaroor ter verantwoording sal roep?
[6] Hoe meer ek nou ernstig daaroor nadink, des te verwarder word dit in my gemoed, en daardeur wil die baie goeie brood nie vir my lekker smaak nie, en net so min die uitstekende wyn. - Wat dink jy, kommandant - of iemand anders van julle, wat die beste is wat ons nou kan doen?”
[7] Die kommandant sê baie kragtig: “Dit vind ek weer makliker; want as hierdie mense alles weet, sal hulle ook weet dat ons teenoor die dom en trotse Herodus voorheen goeie argumente teen sy starre wil na vore gebring het, voordat ons onsself ten slotte met sigbare teensin daarvolgens gevoeg het. En het ons ons taak nie tog al so beperk moontlik uitgevoer nie? Ons kon op koste van Herodus nog baie goed `n paar weke in Tiberias verblyf het, as die vissers en skippers ons nie deur hulle verhaal gedwing het om op te breek nie. Want ten eerste wou die inwoners van Tiberias baie graag van ons ontslae raak en het hulle ons deur hulle verhale, wat hulle stellig oordryf het, gedwing om ons plig, wat hulle geken het, uit te voer. En ten tweede: As ons dit nie gedoen het nie, - wie weet of hulle nie onmiddellik `n bode na Herodus sou gestuur het om ons by hom so swart te maak as wat maar moontlik is.
[8] Die skippers het vanweë die sterk wind en die vallende nag ons vinnige aksie natuurlik meer terwille van hulle eie heil as die van ons afgeraai; maar uit vrees vir verraad moes ons moedig en vinnig handelend speel. Ons het dus geen skuld aan ons onderneming nie, maar in die eerste plek Herodus en daarna die omstandighede, waaronder ons onsself nou veral in Tiberias bevind. Ek is dus nou baie opgeruimd en het geen angs vir die menere en regters van die oord nie, ook al sou selfs die Nasarener aanwesig wees, wat vir my selfs baie aangenaam sou wees; want Hy moet `n heel goeie, regverdige en wyse Man wees, netsoos ek al herhaalde kere van die volk gehoor het, en met sulke mense is dit goed om mee te praat, aangesien ons ingesteldheid steeds anti-Herodus is. - Is julle dit nie almal met my eens nie?”
[9] Hulle gee die kommandant gelyk en eet en drink daarna baie welgemoed. Ook die owerste word opgewekter.
|
|
|
|
|