Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Waarom die Heer die weduwee besoek 

36 Toe die weduwee die Grieke ook sien aankom, was sy bang dat hulle te min voorberei het.

[2] Maar Ek stel haar gerus en sê dat wat hulle voorberei het vir almal voldoende sou wees.

[3] Sy glo dit, en Ons gaan aan tafel sit en het meer as voldoende te eet en te drink. 

[4] Elkeen - en veral die weduwee, wat baie goed geweet het vir hoeveel gaste hulle etes voorberei het - begin haar egter buitengewoon daaroor te verbaas dat daar nou meer as drie keer soveel gaste al `n uur lank eet en drink, terwyl mens nog nie aan die bakke kon opmerk dat die spyse daarin minder geword het nie. Ook die wynkraffies lyk asof hulle hulleself opnuut vul.

[5] Toe dit so nog `n rukkie voortduur, kom die weduwee met haar seun na My toe en sê: “O Heer, nou weet ek eers goed wie daar in U baie heilige en aanbiddelike persoon in my onwaardige huis gekom het! Die Grieke het gelyk dat hulle die ou rabbi op sy ingebeelde Judese wysheid gewys het en so laat sien dat hulle verreweg die wysste is. Hy het hom ook wyslik uit die voete gemaak en het vanaand nie netsoos gewoonlik na my toe gekom nie. Maar nou, o Heer, Heer, wil ek tog graag ook uit U heilige mond verneem wat my in U oë so waardig gemaak het dat U my, `n arme sondares, so `n barmhartigheid wou betoon!”

[6] Ek sê: “Ek ken jou lewe al goed vanaf jou geboorte, maar Ek ken ook jou hart, waar vele armes hulle lewe aan te danke het; en daarom het Ek na jou toe gekom in jou baie groot nood. Want jy is self al taamlik oud en swak, en hierdie enigste seun van jou moes jou vernaamste steun word, netsoos jy ook tereg op gehoop het; maar toe word hy siek en sterf. Omdat Ek jou verdriet en nood wel gesien het, maar daarnaas ook die nood van die vele armes wat vinnig sou optree, omdat hulle as gevolg van jou eie swakheid en hulpeloosheid steeds meer die versorging kwytgeraak sou geword het wat hulle tot nou toe in jou huis ontvang het, het Ek gekom om nie net vir jou, maar ook die vele armes en ander mense wat deur allerlei nood gekwel word, op wonderbaarlike wyse te help.

[7] Kyk, dit is die eintlike rede wat My daartoe gebring het om na jou toe te kom! Want waarlik, waarlik, Ek sê vir julle almal: wie altyd volgens vermoë sy arm en gekwelde medemense in alle vriendelikheid barmhartigheid en liefde bewys, sal ook by My barmhartigheid, liefde en vriendelikheid vind; want die ware ryk van God, wat nou in My persoon by julle gekom het, is, dat julle God bo alles moet liefhê en julle naaste soos julleself. Wie dit doen, vervul die hele wet en bevind hom in die volle barmhartigheid van God, en die seënende Hand van JaHWeH is oor hom uitgestrek. Wie in die liefde volhard, is en bly in My en Ek in hom. En wie in My is, netsoos Ek in hom, het die ewige lewe in hom en sal die dood nie sien en smaak nie; want op die manier is hy reeds in hierdie wêreld `n egte burger van God se ryk, waarin ewig geen dood meer bestaan nie. Neem dit almal goed ter harte en handel daarvolgens; want Ek het in hierdie wêreld gekom om die mense die ware Godsryk te bring en hulle te verlos van alle blindheid en die dood van hulle siele, wat julle tot nou toe stewig gevange gehou het. As iemand van julle nou nog iets wil weet, kan hy dit vra, dan sal Ek hom antwoord gee.”

[8] Toe Ek uitgepraat was, wend die opnuut tot lewe gewekte seun van die weduwee hom tot My en sê: “O Heer van die lewe, kyk, ek was volkome dood en leef nou weer deur U barmhartigheid. As ek U heilige wil, wat U ons nou bekend gemaak het, baie noukeurig in ag neem, sal ek dan ewig verder lewe en nooit meer sterf nie? Want sterf is verskriklik bitter, en ek sou dit nie graag nog `n keer wil meemaak nie! As jy eenmaal dood is, merk jy natuurlik geen pyn meer nie en is alle angs en vrees weg, omdat jy niks meer om jou heen weet, voel, sien of hoor nie; maar voordat jy heeltemal dood is, het jy wel baie angs en pyn! Daarom sou ek U, o Heer van die lewe, wil vra of U my en ook alle ander goeie mense nie meer sal laat sterf nie!”

[9] Ek sê: “My dierbare seun! Ek het julle almal so pas tog al getrou en volgens waarheid vertel dat diegene wat in My glo, My bo alles liefhet en hulle naaste soos hulleself, die dood nie sal sien, voel of smaak nie; want hoe kan iemand sterf, wat volgens wat Ek gesê het, die ewige lewe in hom het?

[10] Maar jy sê ook dat die dood in sekere sin wel goed is, wanneer mens eenmaal heeltemal dood is, omdat mens dan niks meer hoor, sien of voel en sodoende niks meer van jouself weet nie; maar dit, My beste seun, is nie netsoos jy nou volgens jou gevoel oordeel nie! Jy het nou weliswaar die indruk dat jy in jou toestand van liggaamlike dood heeltemal dood en sonder bewussyn was; maar dit was nie so nie.

[11] Want dat jy jou nou niks kan herinner van wat jou siel alles meegemaak het, terwyl sy nie in haar liggaam aanwesig was nie, dit het Ek heel wys so beskik; want as jou siel die herinnering behou het aan hoe uiters goed en gelukkig sy haar gevoel het te midde van die vele engele in die paradys, waar sy haar bevind het, en hoe verdrietig sy geword het toe hulle haar vertel het dat sy volgens die wil van JaHWeH nog `n keer na haar liggaam sou moes terugkeer, dan sou jy jou nou, terwyl jy weer met jou liggaam verenig is, nie so sou bly voel soos nou nie. Ek sou die volledige herinnering daaraan dadelik weer heeltemal aan jou kon gee, as Ek dit wou; maar daarmee sou Ek geen goed aan jou doen nie, omdat jy daardeur vir vele jare volkome ongeskik sou geraak het vir hierdie wêreld, waarin jy nog baie te doen sal kry.

[12] Wanneer jy oud is, sal daar wel weer `n oomblik kom dat Ek jou siel uit jou liggaam na My toe sal roep; dan sal Ek jou ook vooraf die herinnering teruggee aan die drie dae durende toestand in die paradys van My engele, en dan sal jy My self op jou knieë smeek om jou as siel te verlos van haar vervalle geraakte liggaam.

[13] Jou liggaam sal dan weliswaar nog `n keer vir eens en altyd doodgaan en daarin sal geen lewensbewussyn agterbly nie; maar jy sal daarna verder lewe in `n totaal bewussyn van jouself en jy sal saam met My engele omhoog styg, steeds gelukkiger wordend van die een wysheids- en liefdesvlak na die ander, en jy sal die Vader, wat in My woon, steeds dieper en dieper leer ken en Sy tallose, eindeloos vele groot skeppings bewonder.

[14] Kyk, My dierbare seun, so is dit en so sal dit wees, en dit kan jy wel van My aanneem; want Ek, wat jou nou weer in die aardse lewe teruggeroep het, en Ek as die ewige Liefde, Wysheid, Mag, Krag, Lig, Waarheid en die Lewe Self het dit nou aan jou geopenbaar!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205