Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

GabriEl se getuienis oor Maria

130 Toe Ek weer op My plek gaan sit tussen My leerlinge, prys hulle die Samaritane en hulle ywer.

[2] Ook Maria, wat netsoos Josef `n streng Judeër was en baie op gehad het met die tempel - hoewel in My tyd, nie meer soveel as voorheen nie - verwonder haar oor die troue gesindheid van hierdie Judeërs en oor die krag van die geloof van die Samaritane, en sê ten slotte: “As hulle die tempel sou bewaak en lei - wat helaas nie so is nie - sou die ou Ark weer vervul wees van die Gees van JaHWeH, tot heil van Jerusalem en van alle Judeërs, en die engele sal die maagde in die tempel voed met hemelse kos, netsoos dit nog so `n dertig jaar gelede gebeur het by die vrome Simeon en die gryse Anna, wat die maagde van die tempel moes versorg. Maar sedert die vrome Sagaria deur die afguns van die fariseërs verwurg was, toe hy die offers aan God kom wy het met gebed en reukwerk, het die ou Ark in verval geraak en die Gees van JaHWeH het verdwyn. Weliswaar het die mense `n nuwe Ark vervaardig, maar die gees van JaHWeH het nooit weer daarin teruggekeer nie; maar wel woon die gees van leuens, bedrog, afguns, jaloesie en laster, hoogmoed en boosaardige heerssug daar.

[3] Maar by die Samaritane, oor wie deur die tempel vele duisende van die afskuwelikste banvloeke uitgespreek is, woon die Gees van JaHWeH, netsoos nou duidelik geblyk het, en Die sal hulle nie verlaat solank hulle bly netsoos hulle nou is nie. Ek kon self vroeër geen vrede met hulle vind nie, omdat hulle hulleself van die tempel losgemaak het; maar van nou af aan wil ek hulle as my vriende reken, en hulle Gerasim staan hoog bo die tempel van Salomo.”

[4] Almal prys die woorde van Maria, en daar kom `n Samaritaan na Ons toe wat sê: “Luister, vriende van die Heer, wie is hierdie lieflike vrou tog, wat nou in `n hoë geestesgesteldheid geprofeteer het?” 

[5] En GabriEl, wat langs Maria sit, sê: “Dit is die vrou van wie daar geskryf staan: “Kyk, `n maagd sal vir ons `n Seun baar! Sy Naam sal Immanuël wees, en in Hom sal God waaragtig met ons wees!”

[6] Kyk nou na die Heer in ons midde - Hy is Immanuël, dus die een en enige ware God met ons! En nou weet jy ook wie hierdie vrou is; gaan vertel dit ook aan jou vriende!”

[7] Toe buig die Samaritaan, gaan na sy metgeselle en bring dit aan hulle oor. En hulle staan almal op, kom na Ons toe en begroet Maria met plegtige, lieflike woorde.

[8] Maar Maria sê aan hulle: “Ek was en is slegs `n uitverkore maagd van die Heer; en dat ek geword het wat ek is, was Sy wil. Prys dus nie vir my nie, maar gee God altyd alleen die eer! Wat die Seun van die Allerhoogste, wat één met Hom is, sal sê, doen dit!”

[9] Daarop groet hulle Maria nog `n keer en bedank My en Kisjona vir die goeie middagmaal. Eers na hulle dankbetuiging vra hulle My wat hulle nou moes doen.

[10] Ek sê: “Rus nou nog `n rukkie, netsoos Ons; daarna sal julle wel te hore kry wat julle tot die aand te doen staan!”

[11] Daarop begeef hulle hulle weer na hulle tafel en praat met mekaar oor verskillende teksgedeeltes uit die profete, waarin melding gemaak word van die vrou wat `n Seun sal baar, vir wie se Naam en mag Elke knie hom sal moet buig.

[12] Nadat Ons `n rukkie aan tafel gerus het, staan Ek op en sê: “Dit is nie goed as `n mens `n dag werkeloos deurbring nie; daarom sal ook Ons nou Ons rus tot die aand verander in egte werksaamheid!

[13] Kyk, die visbewaarplek van ons vriend Kisjona het nou `n hele ent leër geword en daarom sal Ons gaan visvang en al sy bewaarplekke met die visse vul! Ons sal almal meehelp by dié werk!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205