Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die lei van menslike siele na voleinding

171 (Die Heer:) “Jy dink nou weliswaar by jouself: “Ja, die goddelike wysheid en almag sou tog heel maklik daartoe in staat moet wees!” Maar Ek sê vir jou: As Ek dit wil, sou dit vir My ook nie nodig gewees het om Self ooit in die vlees as `n Menseseun op hierdie aarde te gekom het en julle mense as `n leraar te onderrig nie, en sou dit in die oertyd ook nie nodig gewees het om allerlei wyses en profete vir julle op te wek nie.

[2] Want as julle net deur My almag tot geheel vrye, in alles op My lykende kinders gevorm kan word, dan het Ek dit ook sekerlik gedoen; maar omdat julle aan die voortdurende leiband van My almag nooit tot vrye, selfstandige en in alles op My lykende kinders gevorm kon word nie, maar steeds gelyk gebly het aan alle ander materiële wesens, netsoos die leem, die lug, die water en gesteente, metale, plante en alle soorte diere - wat Ek as Skepper van alle dinge en wesens natuurlik die duidelikste sien - moet dit dus wees netsoos dit is, en nie anders nie. Want - begryp dit goed! - die skep van gode is iets heel anders as die skep van sonne, wêrelde en al die ander wesens in die hele eindelose skeppingsruimte! - Het jy dit nou goed begryp?

[3] Daarom kom die mens bykans geheel en al sonder enige kennis en wetenskap op die wêreld en moet hy in alles onderrig word, terwyl die diere reeds alles, wat hulle nodig het om hulle lewe in stand te hou, saambring in die wêreld.

[4] As die mens in hierdie wêreld kom, word hy, wat sy siel betref, volledig geskei van God se almag en is hy in alle opsigte aangewese op sy eie wil en kennis. Eers as hy langs die weg van onderrig uit die mond van sy ouers en ander wyse leraars God leer ken, hom gelowig tot Hom rig en Hom om Sy hulp en bystand smeek, begin ook van goddelike kant af die invloei deur alle hemele heen. Die siel van die mens gaan dan oor in `n steeds helderder kennis en van daaruit steeds meer in die liefde vir God; sy maak haar eie wil ondergeskik aan die van God en verenig haar op die manier met die Gees van God, word sodoende geleidelik aan netso volmaak in en deur die Gees van God in haar as die goddelike Gees self, en bly daarby tog in alles volkome vry en selfstandig, netsoos God as sodanig ewig en volmaak vry en selfstandig is.

[5] Nou dink jy met jou taamlik verligte wêreldse verstand: Maar as elke in My voleindigde siel in alles netso volmaak word soos wat Ekself is - kan dit mettertyd dan nie tot `n soort gode-oorlog lei nie, en wie sal uiteindelik die oorwinning behaal?

[6] Kyk, dit is onderonontwikkelde en dikwels nog in hoë mate met allerlei bedrieglike liefde vir die wêreld en eieliefde behepte aardse mense wel denkbaar en, netsoos die wêreldgeskiedenis maar al te duidelik bewys, ook baie goed moontlik; in die ware Godsryk is dit egter nie gladnie denkbaar moontlik nie. Want hoe kan iemand, wat self eenmaal in die volmaakte waarheid uit God staan en insien dat geen ding sonder haar moontlik is nie, ooit met die ewige oerwaarheid in God in `n geveg raak?  

[7] Want as dit moontlik sou wees dat `n engelegees ooit byvoorbeeld in geveg sou raak met `n oergoddelike waarheid, aangesien dit tog sy wese uitmaak, dan sou hy daarby nie met God nie, maar slegs met homself in geveg raak en sodoende ook niemand anders as slegs homself skaad nie.  

[8] Het jy al ooit eens op hierdie aarde meegemaak, dat byvoorbeeld twee mense wat goed tuis is in die rekenkunde, in `n geveg geraak het omdat, volgens die rekensisteem, wat deur die hele wêreld aangeneem is, twee volkome gelyke eenhede en nog eens twee volkome gelyke eenhede in totaal vier eenhede oplewer? Kyk, daaroor is alle mense wat ook maar enigsins kan reken, volkome daaroor eens en sal ook maar met ietwat helder insig nooit onenigheid en stryd daaroor kry nie; want ook terwille van hulle eie voordeel, moet hulle tog erken dat die rekenwaarheid oral en te alle tye geld.

[9] So gaan dit ook met alle voleindigde siele in die ryk van God; hulle is almal van een en dieselfde waarheid deurdring, omdat dit as lig aan hulle liefde vir God en die naaste ontspring.

[10] Solank die mense onder mekaar onenigheid, stryd en oorlog kan kry, is hulle nog ver van die ryk van God en sal hulle nie eerder daarbinne gaan, voordat hulle onveranderlik grootgeword het in alle geduld, deemoed, sagmoedigheid en ware naasteliefde nie. Maar as hulle dit eenmaal is en daardeur in hulleself tot die waarheid uit God kom, dan is dit vir ewig afgeloop met alle onenigheid, stryd en oorlog en kan daar van jou gode-oorlog dan ook vir ewig geen sprake wees nie. - Begryp jy dit?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205