Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer gee gedragsreëls vir die gelowiges

166 (Die Heer:) “Maar onthou almal goed: Wanneer julle in My Naam versamel is - netsoos so pas in die tuin van die kuuroord - dan sal Ek ook steeds werksaam wees onder julle, by julle en in julle, netsoos daarstraks in die tuin.

[2] Wie na julle sal luister, sal ook na My luister, en Ek sal barmhartig wees vir hom; en as julle `n sieke, wat hom aan My hou, in My Naam die hande oplê, sal dit met hom beter gaan. 

[3] Wie julle opneem, het in julle ook vir My opgeneem, en daarvoor sal Ek hom sy sondes vergewe en hom tydelik en vir ewig seën. Maar wie julle nie opneem nie, sal My ook nie opneem nie, en sy sondes sal in sy siel bly en My barmhartigheid sal ver van hom af wees. 

[4] As julle in My Naam by iemand kom, en hy luister goed na julle en glo ook wat julle hom oor My vertel, maar hy sê, nadat hy My leer nie aangeneem het nie, aan julle: “Bly by my, beste vriende, en eet saam met my!”, bly dan nie daar nie! Want wie daarby en teenoor julle karig is, terwyl julle nie karig was met My Woord nie, wat die hoogste goed is vir die lewe van sy siel, daar sal Ek ook karig wees met My seën; want die geloof in My word lewend en werksaam deur die werke van die liefde.

[5] Wie julle terwille van My Naam liefhet, het My ook lief en Ek sal hom op My beurt liefhê en My seën sal in die vervolg oor hom wees. Wie julle egter haat en vervolg, haat en vervolg in julle ook vir My; maar hy sal vrugteloos met sy tong teenstand bied en homself so geweldig verwond, dat hy deur die wonde die dood en die verderf van sy siel sal vind. 

[6] Julle moet terwille van My Naam en My Woord van geen enkele mens eer of beloning vir julleself verlang nie; maar wie julle oneer aandoen en sy hart teenoor julle verhard, sal dit ook doen teenoor My en Ek sal ook so teenoor hom wees.

[7] Wat Ek julle verniet gee, gee dit ook weer verniet aan ander! Maar wat die liefde van verligte mense julle aanbied, neem dit aan en dank My daarvoor; want dit is slegs My liefde in die hart van die mense wat dit vir julle gee, en versmaad dus ook nie die kleinste gawe nie!

[8] Soek ewenwel nêrens aardse gewin terwille van My Naam en Woord nie, nóg enige wêreldse ryk met wêreldse heersers; want ten eerste is My ryk nie van hierdie wêreld nie, en ten tweede sou julle met die gesoekte en verkreë aardse gewin en die ontvang van `n wêreldse ryk, die lewensloon vir julle siel al ontvang het en dan van My uit die hemele geen verdere beloning te verwagte hê nie.

[9] In later tye sal daar weliswaar valse en heersugtige profete in My Naam dieselfde doen as wat die fariseërs en hulle aanhangers nou doen, en hulle sal My in die oë van die volk eer met allerlei seremonies en met goud, silwer en edelstene; maar deur die mond van deur My gees gewektes sal Ek aan hulle sê: “Kyk, die armsalige volk eer My, die Heer van die lewe, met die slyk en met die dood en die oordeel van die materie - maar hulle hart is ver van My!” Daarom sal ook Ek ver van so `n volk wees.

[10] Daarom moet julle in die toekoms ook geen tempels en altare vir My bou nie; want Ek sal nooit in tempels wat deur mensehande gebou is, woon nie en Ek sal My nie op altare laat eer nie. Wie My liefhet en hom aan My eenvoudige gebooie hou, is My lewende tempel, en sy hart, vol liefde en geduld, is die ware en lewende offeraltaar tot My eer, wat My as enige welgevallig is. Al die ander is oordeel, dood en verderf.

[11] Julle weet dat nou alle priesters - sowel ons Judese as julle heidense - bepaalde uiterlike middele ter wyding en reiniging het, en dat hulle dit aan die gelowiges opdring om dit aan te neem en te gebruik, en dat hulle diegene met alle verskrikkings en die ergste tydelike en ewige straf bedreig, wat die gebruik van die eersgenoemde middele nie sou aanneem nie en hulle vals en volkome sinloos sou noem. Maar Ek sê vir julle: Met al hierdie dinge moet dit by julle vir julle hele toekoms volkome uitgeloop wees, en Ek sal diegene wat hulle ook in My Naam van sulke middele ter wyding en reiniging wil bedien, met toornige oë aansien. Dit is voldoende dat julle diegene wat My leer in sy hart aangeneem het, in My Naam doop en hom `n naam gee terwille van die orde en Ek sal hom dan versterk.

[12] Verder kan julle ook in My Naam en in My liefde, wat in julle self is, aan diegene wat werklik in My glo en hulle aan My gebooie hou, van tyd tot tyd brood en wyn gee, as julle dit het, ter herinnering aan My. Wanneer julle so `n liefdesmaal onder mekaar hou, sal ook Ek in julle midde wees, by julle en in julle, netsoos nou met vlees en bloed; want die brood, wat gegee sal word deur julle liefde vir My, sal dieselfde wees as My vlees en die wyn dieselfde as My bloed, wat weldra vir vele vergiet sal word. Hoe, dit sal julle nog hoor.

[13] Dit alleen moet vir julle voldoende wees as `n uiterlike teken, wat egter alleen deur die liefde werklike waarde van My sal ontvang.

[14] Aangesien Ek julle nou in hierdie belangrike dinge onderrig het, sal Ons nou weer van die tafel af opstaan en Ons na buite begewe, na Ons berg; daar sal julle nog baie getoon en gegee word.”

[15] Na hierdie toespraak bedank almal My, en Ons staan op en beklim Ons berg met ligte treë.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205