Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer genees die siek kneg van die herbergier

68 (Die Heer:) “Maar jy het `n siek kneg wat jou oogappel is, omdat hy jou steeds die mees getrouste is en ywerig gedien het, en wat nou al `n hele jaar lank nie kan opstaan van sy siekbed nie, omdat hy deur jig gepla word. As jy dit begeer en glo, kan Ek hom help.”

[2] Die herbergier sê: “O Majesteit en Heer, as U my die barmhartigheid wil bewys, sal ek alles doen wat U maar wil dat ek vir U doen!”

[3] Ek sê: “Dan geskied dit volgens jou geloof! Gaan maar eers kyk of jou kneg nog pyn ly!”

[4] Toe loop die herbergier onmiddellik na die kamer waar die siek kneg hom bevind, en kyk, die kneg was gesond en hy vertel die herbergier dat hy duidelik die indruk gehad het dat dit om hom heen gebliksem het en dat in één oomblik alle pyn en swakheid hom daarna verlaat het, en wel so, dat hy nou dadelik van sy siekbed wil opstaan! God moes `n wonderwerk aan hom gedoen het.

[5] Die herbergier sê: “Staan maar gerus op en kom dan na die groot saal; daar sal jy die Een sien wat jou op so `n wonderbaarlike wyse gesond gemaak het!”

[6] Die kneg doen vinnig wat die herbergier hom beveel het; en hy kom met `n baie dankbare hart dadelik weer na Ons toe terug.

[7] Toe die herbergier weer by Ons kom en My sy dank betuig het, kom die geneesde kneg ook vinnig agterna, en saam met hom kom ook die res van die personeel en die bediendes en diensmeisies; en hulle vra wie van Ons diegene was wat die opperkneg so wonderbaarlik van sy jig genees het.

[8] Die herbergier wys met sy hand na My en sê: “Hierdie Godmens hier, van wie ek openlik moet sê en beken dat geeneen van ons almal ook maar in die verste verte waardig is dat Hy na ons toe, en oor die drempel van my huisdeur, gekom het nie. Bedank Hom almal vir al die barmhartigheid wat Hy ons bewys het en gee Hom altyd voor alle mense die eer!”  

[9] Na hierdie woorde van die herbergier kniel die geneesde kneg onmiddellik aan My voete, dank My en prys My luid; dit doen die ander van die personeel toe ook, die bediendes en die diensmeisies, wat `n groot lawaai in die huis teweeg bring, wat ook deur die fariseërs gehoor word, hoewel hulle hulleself in `n kamer bevind wat ver van Ons saal geleë was, en een van hulle kom kyk wat daar aan die gang was.

[10] Toe hy hoor dat Ek die kneg volledig van sy jig genees het, en op welke manier, vererg hy hom en sê aan die herbergier, wat hy na hom toe roep (die fariseër): “Pas op vir hierdie Volksopruier; want as Hy die wonders doen met die hulp van die owerste der duiwels of deur `n ander soort towery, wat hy stellig van die Essene geleer het, sal die Romeine dit weldra te wete kom dat die hele volk Hom agterna loop en Hom ten slotte tot koning oor alle Judeërs wil maak, en dan sal hulle op ons afkom en ons aansienlik moeilikheid gee!”

[11] Die herbergier sê: “Vanweë hierdie Wonderdoener, wat die Romeine sekerlik al lankal beter ken as ons, het ek van hulle kant niks te vrees nie; maar van julle kant sou ek alles te vrees hê, as ek nie `n Romeins burger was nie! Maar julle sal hierdie Man moet vrees, wat vervul moet wees van God se Gees, omdat Hy onmoontlik andersins sulke tekens en dade kan doen, waartoe alleen God in staat is; en wie vervul is met God se Gees, is ook `n ware Heer oor alles in die hemel en op aarde, en diegene wat Hom vyandig bejeën, het alleen Hom te vrees, maar nie Hy vir hulle nie! Jou waarskuwing wat aan my gerig is, sal dus ook nooit in my gemoed wortel skiet nie!”

[12] Toe die rabbi, wat eintlik ook al `n laer fariseër was, dit van die herbergier gehoor het, word hy nog kwater as tevore, sê vervolgens niks meer nie en begewe hom weer na sy metgeselle.

[13] Toe hy by hulle kom, vra hulle hom onmiddellik wat daar aan die gang was.

[14] Die rabbi was egter deur die woorde van die herbergier tog tot nadenke gestem en doen daarom heel onverskillig verslag van wat daar voorgeval het, en sê dat die personeel vanweë daardie voorval in gejubel uitgebars het, wat weinig te beteken het.

[15] Daarmee neem die ander fariseërs genoeë en vra nie verder nie, maar hulle swelg verder en sê: “Laat ons die verblufte herbergier maar sy plesier gun om sy Heiland en Messias te prys in `n rondtrekkende Wonderarts, wat onmiskenbaar uit die skool van die Essene stam en met wie ook die Romeine baie op het; oor `n paar weke sal alles weer by hom vergaan en vergete wees!”

[16] Die stemming van die al behoorlik aangeklamde fariseërs was goed vir Ons, omdat hulle Ons daardeur met rus gelaat het en Ons belangrike dinge met mekaar kon bespreek.

[17] Ook die personeel, die bediendes en die diensmeisies wat Ons saal binnegekom het, gaan op bevel van die herbergier weer aan met hulle werk; want hulle het nog baie te doen gehad vanweë enkele vreemdelinge, waarvan die merendeel vir handel vanuit Kapernaum hier na die markplek gekom het. Slegs die geneesde kneg bly by Ons, en eet en drink met Ons saam en versterk hom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205