|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 141
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die wese van die wêreld aan die anderkant
141 Toe die visse op hulle plek gebring was, begewe Ek My weer met die eerdergenoemde vriende en met die twintig vissers na die reeds bekende terras, waar Ons die opkoms van die son afwag. Die oggend was volkome suiwer en helder, omdat `n wind wat suid waai, die newel van die meer en ook van die omringende berge weggevee het, en daarom was daar na alle kante toe `n pragtige uitsig, wat veral Ons vissers nie genoeg kan roem nie.
[2] Ons bootsman raak heeltemal verruk van die pragtige aanblik van die omgewing, en hy sê: “O Majesteit en Heer, hoe is al U werk tog nie pragtig en wonderbaarlik nie! Wie met `n suiwer gemoed daarop ag slaan, beleef baie genot en vreugde daaraan, en wel des te meer as hy in homself voel dat hulle nooit verlore sal gaan vir sy siel nie, wat `n ewige lewe voor hom het nie. Wat dink U, o beste Majesteit en Heer, van hierdie mening van my, wat miskien nog baie onryp is?”
[3] Ek sê: “Jou mening is baie goed en ook waar; want `n volmaakte, in My Gees van Liefde en Waarheid wedergebore siel sal deur die afval van haar liggaam nie net niks verloor nie - behalwe haar las en swaarte, wat haar aan hierdie materiële wêreld ketting - maar net nog maar onuitspreeklik baie daarby win. Want waarlik sê Ek vir jou: Geen liggaamlike oog het ooit gesien, geen oor gehoor en geen menslike sintuig ooit gevoel wat diegene wat My liefhet en volgens My leer lewe en handel, in die groot wêreld aan die anderkant almal aan salighede te wagte staan nie! Meer hoef Ek jou nie te sê nie.”
[4] Nou sê die bootsman weer: “O beste Majesteit en Heer! Waar is die groot, meer as pragtige wêreld aan die anderkant eintlik, waar `n volmaakte siel na die dood van haar liggaam opgeneem word? Is dit bo alle sterre, of te midde van die sterre, of in die vrye lugruim waar die wolke dryf?”
[5] Ek sê: “My vriend, jy stel nou nog vrae op `n baie aardse, menslike manier, wat egter by jou ook nog nie anders kan wees nie! Kyk, die groot, salige wêreld aan die anderkant is die ware Godsryk, wat veral inwendig in die mens is, en wel in die diepste innerlike van sy siel. Van daaruit is dit dan verder ook bo die sterre oral in die eindelose ruimte, na alle rigtings, dus ook in en onder die sterre, in die vrye lugruim, op en in hierdie aarde, en dus ook oral waar jy jou maar kan indink. Want alles wat julle sien en voel op hierdie wêreld is ook op ooreenkomstige wyse aanwesig in die geesteswêreld, waarsonder niks materieel sou bestaan het en sou kan bestaan nie.
[6] Want kyk, hierdie aarde, die maan, die son en al die tallose sterre, wat ook louter groot hemelliggame is en waar netsoos op hierdie aarde allerlei wesens en skepsels lewe, is in feite immers ook maar net suiwer geestelik, omdat hulle slegs deur God se wil vasgestelde uitdrukkings is van Sy gedagtes, idees en aanskouings in Homself. As God so `n idee buite die bereik van Sy wil sou stoot en dit nie meer in Sy aanskouing sou wil vashou nie, dan sou dit ook nie meer daar wees nie - wat God wel sou kon doen, as Hy dit in Sy ewige orde wil; maar God wil dat alles netsoos Hyself ewig voortbestaan, dit is ook onder vele veranderings wat deur God so bepaal is, sodat alles uit die eerste, deur God se wil vasgehoue toestand, waarin alle materie hulle bevind, oorgaan in `n vrye en as te ware op sigself staande toestand, wat geestelik en godgelyk is.
[7] As jy voleindig sal wees in die Gees van God in jou siel, sal jy alles op kleiner skaal in jouself kan aanskou en gebruik, wat God sedert ewigheid in die mees eindelose mate in Hom het. En dan sal jy ook hierdie aarde, netsoos sy nou is en netsoos sy in alle vroeër bestaansperiodes was en netsoos sy in die toekomstige periodes tot aan haar materiële einde sal wees en daarna ewig verder in haar onveranderlike geestelike en suiwerste toestand sal voortbestaan, en ook die maan, die son en al die eindeloos vele ander hemelliggame van die kleinste tot die grootste onbeskryflik baie helderder sien en begryp, as nou met jou swak en onvolmaakte sintuie. Die sintuie is daarom in `n swak en onvolmaake vorm aan die mens gegee om hom voortdurend te dwing tot `n innerlike denke en soeke, omdat vir die siel, wat verwant is aan die oerlig van God, niks hinderliker en onverdraagliker is as die ondeursigtigheid en onduidelikheid in alles wat hulle maar net deur die swak en onvolmaakte sintuie van die liggaam waarneem en waarvan hulle ternouernood nie die buitenste laag kan onderskei nie.
[8] Die siel verlang dus voortdurend na die volle waarheid en dink en vra en soek dan ook onophoudelik; en die werksaamheid van die siel het `n voortdurende toeneem van die ontwaak en sterker word van die innerlike geestelike vermoëns tot gevolg, sowel met betrekking tot die sien, hoor en waarneem, asook die voel en belewe.
[9] As `n siel dadelik met `n volledig ontwaakte innerlike bewussyn op hierdie wêreld sou kom, sou sy onmiddellik tot die grootste moontlike traagheid en passiwiteit verval, wat dieselfde sou beteken as wanneer sy geen lewe sou besit nie.
[10] Die saligheid van die lewe bestaan immers vernaamlik uit die handeling, en dit is dus nuttiger vir die siel om haar te oefen in allerlei werksaamheid as om haar voortdurend in `n toestand te bevind waarin sy in alle helderheid alle kante van die lewe innerlik kan waarneem.
[11] As jy dit alles goed oordink, sal jy daardeur al `n groot helderheid in jouself bereik en baie begryp van dit wat tot nou toe onbegryplik vir jou was.
|
|
|
|
|