Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die taak van die menslike siel op aarde 

102 Ek sê; “Sou daar iemand met sy liggaam kan lewe op `n aarde wat nie uit allerlei materie en haar elemente sou bestaan nie? Maar wat is alle materie en wat is haar elemente? Dit is die geestelike, wat deur God se almag geoordeel is en vasgehou word, maar wat die vermoë in homself het om steeds vryer en sodoende ook steeds selfstandiger te lewe!

[2] Om al die tallose, deur die materie van die wêrelde as te ware van God afgeskeide oergeeste, tot `n volkome vry lewe te bring, wat netso selfstandig is as die oorspronklike oerlewe van God, is die orde van veelvuldige oorgange, wat julle op alle punte van die aarde sien en wat Ek julle al van die kleinste tot die grootste tot in klein besonderhede getoon het, absoluut noodsaaklik.

[3] Tot aan die mens sorg God se Liefde, Wysheid en Mag geheel en al daarvoor dat die ontwikkeling van die oergeestelike lewe, wat in wêreldse materie verdik en verhard vasgehou word, stap vir stap in `n steeds groter voleinding oorgaan en hom verder ontwikkel; maar by die mens, as sluitsteen van die ontwikkeling van die geestelike oerlewe, verloop dit noodsaaklikerwys anders. Wat sy materiële liggaam betref, is die inrigting daarvan ook nog vir die grootste deel afhanklik van God se Liefde, Wysheid en Mag, - maar so is dit nie met die ontwikkeling van die siel en haar gees nie. Aan die siel is insig gegee, verstand, `n vrye denkvermoë, `n volkome vrye wil en die krag om te handel netsoos sy dink dat dit goed en nuttig is.

[4] Maar sodat die siel kan weet hoe sy moet handel om na die aflê van haar liggaam die uiteindelike en godgelyke, materielose en van elkeen oordeel bevryde en dus volledige vrye selfstandigheid van lewe te bereik en voor God se aangesig te kan bestaan, word die weë wat sy moet bewandel deur God aan haar getoon om so salig moontlik die uiteindelike lewensdoel te bereik.  

[5] Dan kom dit op die ware verstand en die wil van die siel self neer om haar van alle bande van die ou, onder die oordeel staande materie vry te maak en haar nie weer deur die materiële wêreldse luste as te ware opnuut gevange te laat neem en te laat verslind nie. 

[6] In die materie is God se onoorwinlike ewige Mag aanwesig. Dit kan alleen deur die mag van God Self hier en daar vrygemaak word, na gelang dit nodig is vir `n hoër doel. Daarom kan geen enkel skepsel ook anders wees en handel as wat deur God se mag gevorm en geplaas is nie. Daarom sê ook die ou wyses, wat die element van God se mag in die wese van elke materiële skepsel duidelik ingesien het: “Vir die mens, wat vry moet word, is dit verskriklik om weer in die hande van God se mag te beland!”

[7] “Ja”, dink julle nou by julleself,” maar hoe kan die swak mens hom ooit onttrek van die alom heersende mag van God se hande?” Een mens, wie se siel nog in allerlei materiële wêreldse luste vassit, kan dit natuurlik nooit as te nimmer nie; maar daarom het God die mens die groot vermoëns geskenk om self in die besit te kom van God se mag. As hy dit vir hom eie gemaak het, dan is hy ook netso volmaak in alles as die Vader in die hemel; hy het dus self die mag van God geword, en dit kan en sal homself ewiglik nooit oorwin, oordeel en gevange neem nie.

[8] Maar waaruit bestaan die mag van God in die mens? Dit bestaan uit die ware en suiwer liefde vir God, uit die alles oortreffende wysheid daarvan en daardeur uit die regte liefde vir die naaste, en verder uit sagmoedigheid en deemoed, netsoos selfverloëning teenoor die bekorings van die kant van die wêreld. Wie in dit alles sterk geword het, het die mag van God reeds in hom en het deur die eenwording van die magsgees uit God met die siel, volledig één geword met God en het homself daardeur verhewe bo die dwang van tyd en ruimte en daarmee ook bo elke oordeel en elke dood. Hy het `n selfstandige heerser geword in en vanuit God en hoef die “toorn van God“ - wat bestaan uit Sy almagtige en allesvermoënde wil, waarvan die onbuigsame erns elke skepsel sy vastheid in tyd en ruimte gee - ewig netso weinig meer te vrees as God Homself hoef te vrees, omdat die mens één geword het met God, op die manier wat Ek julle nou duidelik uiteengesit het.

[9] Soos wat nou Ek in die Vader is en die Vader in My, so sal ook almal wat sal lewe volgens My leer, wat My wil is, in My wees en Ek in hulle!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205