|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 63
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die Heer met Syne in `n oerwoud in Samaria
63 Binne `n uur bereik Ons nou `n nabygeleë woud, waardeur die weg in die rigting van Galilea lei. Die woud was ruim drie uur se stap diep en daar het geen enkele huis langs die weg gestaan nie.
[2] Die leerlinge vra My waarom so `n woud deur niemand gebruik word nie.
[3] Maar Ek sê aan hulle: “Wees maar bly dat daar in die Beloofde Land nog so `n gesonde woud bestaan wat nog nie smadelik ten offer geval het aan die menslike hebsug nie! In dié woud kan julle nog plekke vind waar die heuning soos `n klein stroompie uit die bome vloei; want in sulke woude is bye wat die heuning berei, nog ryklik aanwesig.
[4] Ek het ook allerlei diere geskape wat ten eerste vir die natuurlike bestaan van die aarde net so noodsaaklik is, as wat die oog vir die mense is om te kan sien, en wat ten tweede absoluut noodsaaklik is vir die voortgaande en selfstandige ontwikkeling van die siele op hierdie aarde, waarvan Ek julle die essensie by ander geleenthede uitvoerig vertel en deur die open van julle innerlike gesig ook laat sien het. Julle sal dan ook begryp dat al die verskillende diere naas die mens op hierdie aarde tog ook `n plek moet hê om te woon, omdat hulle nodig is vir die uiteindelike ontwikkeling van die mens volgens My orde. En daarvoor is daar dan ook hier en daar op aarde dergelike groot en nabye woude nodig. Daarnaas dien hulle egter nog duisende ander doeleindes.
[5] Hulle is veral die eerste opnamehouers vir tallose natuurgeeste, wat in die planteryk hulle eerste, reeds met `n geordende intelligensie, van ander geskeide inkarnasies* kry en in soverre `n bepaalde rypheid bereik, dat hulle daarna kan oorgaan na die meer intelligenter en vryer dierlike lewe, - wat Ek al aan julle almal getoon het, omdat Ek wil dat julle alle geheime van God se ryk op aarde goed sal ken. *(letterlik (“in die vlees kom”: materieel-liggaamlike lewensvorm))
[6] So lank dergelike woude op aarde in die korrekte ruim mate bestaan en opklimmende natuurgeeste wat vanaf alle sterre na die aarde toe kom en die wat vanuit die aarde na die sterre gaan, hulle voortdurend ontwikkel en in sulke woude opgeneem word en hulle `n goed geordende onderkome (skuiling) vind, sal julle geen baie hewige, stormagtige natuurrampe of allerlei epidemiese siektes die kop sien uitsteek nie; maar as die begerige winsbejag van die mense hulle eenmaal te veel aan die woude sal vergryp, sal dit ook swaar wees vir die mense om op hierdie aarde te lewe en te bestaan, en wel die swaarste, waar die uitdun van die woude te sterk die oorhand sal kry - wat julle ook kan onthou, om die mense betyds teen sulke ligsinnige ondernemings te waarsku.
[7] Kyk, gedurende die vroegste tye van die mense op hierdie aarde het die mens geen getimmerde huise geken nie en glad geen gemesselde kastele nie; sulke woude het die mense ook tot woning gedien, en hulle het in die natuurlike lewende wonings, en volkome gesond, `n baie hoë leeftyd bereik. In die noorde van sowel Asië as Europa en nog ander groter en kleiner wêrelddele, ook in die suidelike halfrond, woon daar nog hedendaags in natuurlike opsig baie sterk en gesonde mense in woude; so `n woud is dus nie so afskrikwekkend en nutteloos soos wat die kortsigtige verstand van die mense hulle voorstel nie! As julle dit begryp het, wees dan bly daaroor dat Ons nog so `n egte gesonde oerwoud hier aangetref het.”
[8] Terwyl Ek die leerlinge dit oor die nabye woud uitlê, kom ons op `n meer oop plek in die woud, wat omgewe was deur ou seders. En daar staan `n seder, wat hol was en `n groot aantal bye in hom geberg het, wat soveel heuning berei het dat die heuning, omdat die bye dit nie kon opeet nie, oral ryklik uit die skeure en splete van die magtige boom gestroom het; sodoende was daar ietwat laer as die boom en `n entjie daarvandaan `n kuil te sien, wat soos `n klein vywer met die beste heuning gevul was, en baie gou ontdek die leerlinge `n klein stroompie, wat van die ware heuningvywer na regs ver die woud in loop.”
[9] Petrus sê: “Dit is werklik nog `n stukkie van die ou Kanaän, waar heuning en melk in spruite stroom! Dit is alleen taamlik verbasingwekkend, dat die altyd onversadigbare hebsug van die mense nog nie dié ware heuningmeer tot nou toe ontdek het nie. Majesteit en Heer, dit is jammer dat Ons geen brood by Ons het nie - anders sou Ons hier baie goed brood met heuning kon geëet het!”
[10] Daarop sê Philippus: “Ek het wel `n brood by my; maar Ons is nou saam ongeveer veertig man, daarom sal elkeen van Ons dus maar `n klein stukkie kry!”
[11] Nou sê die leerlinge van Johannes (die Doper): “Ons het ook nog `n paar brode, wat ons al in Jerigo gekoop het, daar sou dus, al is dit ook bietjie karig, wel genoeg brood kan wees vir Ons almal!”
[12] Ek sê: “As julle baie honger is, verdeel die drie brode dan onder mekaar, en eet!”
[13] Dit doen die leerlinge en hulle gee My ook `n aansienlike stuk.
[14] Daarop seën Ek die brood en dit vermeerder sodanig, dat Ons vir almal meer as genoeg gehad het. Toe gaan Ons rondom die vywer sit, doop die brood in die heuning, en die leerlinge, en veral Judas Iskariot, kon maar nie genoeg kry van die soet brood nie.
[15] Hierdie maaltyd duur ongeveer `n halfuur, en daarna sê Ek: “Nou het Ons almal genoeg brood met heuning geëet, en dit is tyd dat Ons hierdie, vir julle veels te soet plek in die woud, verlaat en probeer om vandag nog vóór sonsondergang Galilea te bereik, want hier is Ons nog in Samaria.”
[16] Petrus sê: “Heer, werklik, dit sou goed wees om `n paar dae hier te bly en `n bietjie uit te rus! Hier sou Ons ook veilig wees vir die dikwels hinderlike opdringerigheid van die mense; want nog niemand het hierdie plek vóór Ons ontdek nie, dit is baie seker, omdat die heuningvywer nog so vol is, dat hy oorstroom.”
[17] Ek sê: “Weliswaar het die mense nie hierdie plek in die woud ontdek nie, maar verskillende bere in die woud al lankal, en hulle sal nie lank op hulle laat wag nie. As julle met sulke bewoners die nag rondom die heuningvywer wil deurbring, kan julle wel hier oornag. Maar Ek sal My nie in die geselskap van hierdie bere ophou nie, en Ek wil hulle nie met die mag van My wil in bedwang hou en hulle hulle maaltyd ontneem nie!”
[18] Toe die leerlinge hoor dat daar verskeie bere sou kom, waarin die meeste van hulle `n afsku gehad het, was hulle dan ook dadelik bereid om verder te reis. Elkeen doop nog één keer sy laaste stuk brood in die heuning en staan daarna vinnig van die grond af op, en Ons verlaat hierdie plek en volg Ons weg; daarby moes Ons Onsself egter eers `n aansienlike ent `n weg baan, omdat ons voorheen bergopwaarts van die gebaande weg af moes gegaan het om by Ons heuningvywer te kom.
[19] Na `n rukkie bereik Ons met bietjie inspanning weer die gebaande weg, wat nog deur die woud loop, en daar beweeg Ons Onsself weer voort met die snelheid van die wind en bereik so die land Galilea binne `n halfuur.
|
|
|
|
|