|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 131
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die ryk visvangs
131 Kisjona vind dit `n uitstekende voorstel, omdat hy inderdaad al `n tekort gehad het, veral aan edelvisse.
[2] Maar enkele van sy aanwesige bediendes en knegte sê: “Vandag sal dit oordag nie so goed geluk met visse nie; want ten eerste het die meeste vissersbarke en bote wat nog in bruikbare toestand is, reeds drie dae gelede vanweë die visse êrens oor die meer uitgevaar, het byna al die nette wat vir die visse nodig is, saamgeneem en het tot op die oomblik nog nie teruggekeer nie, wat wel te verstane is, aangesien dit `n slegte tyd is om vis te vang, en ten tweede is die meer nou te wild en dan gaan die visse na die dieptes toe en vermy die vlak plekke langs die oewer. Waar moet ons nou bruikbare skepe vandaan kry, waarmee ons onsself op die wild golwende water kan waag?”
[3] Ek sê: “Doen wat Ek vir julle sê, dan sal Ons geen vergeefse werk begaan nie!”
[4] Toe staan elkeen op, ook die Samaritane, en Ons gaan na buite na die nabygeleë oewer van die meer.
[5] Toe Ons by die oewer kom, waar groot golwe teenaan slaan, sê Kisjona, en ook Philopold, aan My: “Majesteit en Heer! My knegte het in natuurlike opsig tog `n heel korrekte opmerking gemaak - sonder goeie skepe en deugdelike, sterk nette sal daar op `n natuurlike manier nie baie aangevang word nie. Vir U, o Heer, is niks natuurlik onmoontlik nie, maar ons mense kan alleen iets met baie moeite tot stand bring, as die geleentheid en die omstandighede daarvoor gunstig en aanwesig is.”
[6] Ek sê: “Juis onder hierdie omstandighede, wat vir die visse die meeste ongunstig is, het Ek julle saam na buite geneem, om julle die mag van die lewende geloof te toon. Neem die ou nette, wat daar aan die hake langs die oewer hang, en klim in die twee ou bote wat hier aan die oewer lê, werp die nette in die water en wees gelowig, dan sal julle in kort tyd `n groot hoeveelheid van die beste visse kry!”
[7] Die helfte van ou bote was egter volgeloop met water, en die knegte en ook My leerlinge begin met die uitskep van die water en stop enkele lekplekke met lappe toe, om die bote ietwat bruikbaar te maak; die Samaritane begin inderhaas die beskadigde nette so goed moontlik te herstel, en op die manier ontstaan daar `n redelik bruikbare vistuig. Een gedeelte van die knegte gaan haal `n benodigde aantal vaatjies, om die gevange visse te kan inlê, om hulle so na die groot visvywers te kan bring.
[8] Toe alles sover in orde was, stap enkele van My leerlinge met die knegte in die origens taamlike ruim bote, stoot hulle `n entjie van die oewer af en laat die net wat tussen die twee bote uitgesprei is, in die water sak, en na enkele oomblikke was dit reeds dermate gevul met die edelste visse, dat die knegte daarvan skrik; want hulle kan die net vanweë die swaar gewig nie na die oewer bring nie en begin om hulp te roep. Toe stap die Samaritane die water in, wat op die plek waar die bote lê nouliks `n halwe manslengte diep was, en help die leerlinge en die knegte om die visse na die oewer te bring. Ongeveer honderd mense was ruim `n uur besig, voordat alle visse in die daarvoor bestemde visvywers gebring was.
[9] Toe die visse op hulle plek gebring was, sê Ek aan Kisjona, wat hom netsoos Philopold buitengewoon verwonder oor hierdie meer as ryk vangs: “As jy die ou net nog `n keer gevul wil hê met allerlei soorte visse, wat in die water van die meer lewe, laat die net dan netsoos die eerste keer in die water sak, want nou is dit die beste tyd om vis te vang! Want as die son na die kim begin te neig, kom die visse gedurende hierdie tyd in die water van die meer, nader aan die oewers.”
[10] Kisjona sê: “O Majesteit en Heer, met die een trek is ek al meer as tevrede; maar as U dit wil en die werk met U barmhartigheid nie te swaar is vir die mense nie, kan die net wel nog `n keer uitgegooi word!”
[11] Die knegte, die leerlinge en ook die Samaritane sê aan Kisjona: “O beste vriend, nie net één keer nie, maar nog verskillende kere sal ons die net in die water gooi, as jy en die Heer dit goedvind; want met so `n wins is die werk wel die bietjie moeite werd!”
[12] Ek sê: “Wel nou, doen dan nou nog `n keer wat julle al gedoen het! Maar as julle die trek hierdie keer gemaak het, moet julle die soorte so sorteer, dat julle die roofvisse, wat julle hierdie keer ook in die net sal kry, van die edelvisse skei en hulle daarna in `n heilige bak lê; - want die roofvisse is skadelik vir die edelvisse, netsoos ook die wolwe skadelik is vir die skape!”
[13] Kisjona sê: “Heer, ek dank U vir hierdie raad! Tot nou toe het my knegte en vissers die visse uitgesorteer, en het gesê: “Wat in die meer bymekaar leef, kan ook in die bewaarplek bymekaar lewe!” Maar Ek het myself al verskeie kere daarvan oortuig dat die roofvisse en die sagter edelvisse mekaar sleg verdra, maar my mense wil dit nie toegee nie; maar omdat hulle dit nou uit U mond gehoor het, sal hulle ook in die vervolg die verstandigste weg kies, tot hulle en my voordeel!”
[14] Elkeen sê: “Ja, wat die Heer sê, wil ons ook doen; want slegs Hy ken en weet alles tot op die bodem!”
[15] Hierna klim die leerlinge en die knegte nogmaals in die twee bote en werp netsoos tevore die net in die water. Binne enkele oomblikke was dit weer so oorvol, maar nou met verskillende soorte vis, dat Ons Samaritane die water opnuut ingaan en die vissers moes help om die oorvol net na die oewer te bring.
[16] Toe die net weer na die oewer gebring was, begin die uithaal en sorteer van die visse, waarvan die grootste deel nou uit roofvisse bestaan, en daar word `n groot bak mee gevul; maar ook word die verskillende soorte edelvisse gesorteer en elke soort in `n heilige bak gegooi.
[17] Daarna word die net weer uit die water gehaal en aan die haak gehang om te droog, en die twee bote word aan die oewer vasgemaak. Terwyl Ons so met die visse besig was, het die son die horison bereik, en Kisjona vind dat Ons nou weer huiswaarts kan keer, omdat dit in hierdie herfstyd, as gevolg van die stewig waaiende winde, na sonsondergang gereeld aansienlik koud geword het by die water.
[18] Ek sê: “Vriend, maak vir jou geen sorg daaroor nie; want netsoos alles lê ook die warmte en die koelte in My hand! Hier sal Ons die terugkeer van jou skepe afwag en sien watter wins hulle jou sal bring.”
[19] Kisjona sê: “Majesteit en Heer, daarvan verwag ek nie baie nie; want die dag voor die Sabbat het hulle in die rigting van Jesaïra vertrek. Daar sal hulle weinig gewerk het. Gister was die Sabbat, dus `n volledige rusdag; vandag is dit die dag na die Sabbat, ook `n dag waarop nie baie gewerk word nie. Daar sou dus `n wonder moes gebeur het, as my veertien skepe enige wins sou saambring; bowendien sien ek nog van geen enkele kant my bekende skip op hierdie oewer afstuur nie.”
[20] Ek sê: “Vriend, jy dink weliswaar baie logies; maar jou dink is van tyd tot tyd nog sterker as jou geloof! Kyk daar, waar die drie engele hulle tydens Ons visvangs in geselskap van die moeder van My liggaam bevind. Kyk, hulle het onsigbaar geword toe die son heeltemal ondergegaan het en hulle het gehelp om jou skepe met allerlei goeie visse vul. En voordat jy sewe keer omgekyk het, sal jou veertien skepe sigbaar word! Elke skip sal `n honderd visse meebring.”
[21] Toe Ek dit aan Kisjona sê, kom die skepe ook in die vallende skemering in sig, en dit duur nouliks `n halfuur, of die skepe was al by die oewer.
[22] Die hoofskipper kom onmiddellik uit sy skip, begroet Ons en was buitengewoon bly toe hy My ook in die geselskap sien; want hy het My van vroeër geken, en sê: “Ja, nou is alles vir my duidelik! Toe ons eergister die inhamme verby Jesaïra deursoek het, omdat die meeste vis altyd daar hou, het ons nie één enkele vis gevind nie, want `n harde suidewind het hulle na die diepsee gedryf. Kortom, ons het tot laat in die nag met behulp van fakkels gewerk, maar dit was alles totaal vergeefse moeite. Gister was die Sabbat, toe mag ons nie gewerk het nie; vandag was ons al baie vroeg in die oggend aan die werk en het ongeveer nege uur lank aan één stuk deur visgevang, maar ook sonder enige resultaat. Toe ek sien dat al ons arbeid en inspanning vergeefs was, het ek die sein gegee om weer huiswaarts te vaar.
[23] Maar toe ons onsself op die sein wat deur my gegee was, gereed maak om huiswaarts te vaar, verskyn daar drie pragtige jongmanne aan die oewer, wat wou gehad het dat ek hulle in my skip inlaat. Ek het hulle ook sonder die minste beswaar opgeneem. Toe ek hulle vra waar hulle wil heenvaar, sê hulle: “Ons het nie gekom om met jou oor die meer êrens heen te vaar nie, maar om julle te help met visvang; want julle het byna twee dae lank gevis en geen vangs gemaak nie. Laat julle nette daarom nog `n keer in die water sak, dan sal julle `n goeie vangs maak!” Dit het ons gedoen, die werk het vlot verloop, en binne enkele oomblikke was ons nette gevul met alle soorte van die mooiste visse!
[24] Maar hoe moes ons soveel visse nou binne `n kort tyd in die dravaatjies gekry het? Die drie jongmanne het ons gehelp, en voor ons dit geweet het, was alle visse in die dravaatjies gebring. Daarna verdwyn die drie skielik, en daar steek `n harde wind op wat ons skepe in hierdie rigting hierheen blaas.
[25] Toe ek hierdie oewer sien, wat ek goed geken het, en ook al kon onderskei dat daar behoorlik baie mense gestaan het, sê ek aan my skippers: “Die groot Heiland uit Nasaret moet in Kis wees, want die drie jongmanne, wat die visse op so `n wonderbaarlike wyse aan ons besorg het, was onmiskenbaar drie magtige geeste, wat steeds tot Sy diens berei is. Die groot Heiland en Heer het ons meester lief en het tot sy voordeel deur Sy diensbare geeste `n teken gemaak op sy skepe!”
[26] Toe ek nou aan wal gegaan het, sien ek baie gou dat my vermoede bewaarheid was. En nou dank ek U, o groot Seun van God en Heer van alle meesters, vir die onskatbare weldaad wat aan ons bewys is. Aan U sy ons eer en alle eer aan God in die hoogte van die hoogtes!
[27] Maar nou is die saak, noudat dit nog taamlik lig is, om vir die visse te sorg!”
[28] Ek sê: “Doen dit, sit hulle in die visvywers, elkeen apart; sit die roofvisse nie by die edelvisse nie, maar sit hulle in die bak wat daarvoor ingerig is! Daarna kan julle jul ter ruste begewe!”
[29] Toe die dienare die dravaatjies met die visse uit die skepe gelig het, bekyk Kisjona hulle, en hy staan buitengewoon verbaas oor die aantal en die edele soort visse, waarvan daar nie één minder as vyf pond geweeg het nie.
[30] Daarop sê Ek: “Laat Ons nou weer huiswaarts keer, aangesien Ons ook hierdie dag goed deurgebring het tot heil en stigting van die mense, en laat jy, vriend Kisjona, `n sober aandete vir Ons klaarmaak!”
[31] Toe begeef Ons Onsself dadelik na die huis, en daar word baie oor die gebeurtenisse van die dag gespreek.
|
|
|
|
|