Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer in die omgewing van Caesarea Philippi

Die reis van Kis na Markus by Caesarea Philippi

150 Daarop sê Ek aan Kisjona: “Vriend, laat nou jou drie skepe nogmaals gereed maak vir `n verdere reis; want Ek wil na die ou Markus reis, wat in die omgewing van die stad Caesarea Philippi woon, en hom versterk, want hy ly al `n halfjaar aan koors.”

[2] Kisjona laat onmiddellik aan sy skippers sê wat hulle moes doen. En die skepe word dadelik in orde gekry vir die verdere reis.

[3] Die twintig vissers vra My, of die een of ander My na die genoemde plek mag vergesel, asook Maria en Joël en die bestuurder uit die inham.

[4] Ek sê aan die vissers: “Doen netsoos julle graag wil; maar dit is voldoende as die bootsman en nog `n metgesel as getuies saam vaar na die weinige plekke wat Ek aan die Meer van Galilea sal besoek. En ook kan Maria en Joël en die bestuurder uit die inham My vergesel; en laat Ons nou vertrek!”

[5] Ook die herbergier vra My of hy en sy oudste seun My kon vergesel.

[6] Ek sê: “Ook jy het `n volkome vrye wil; doen dus soos wat jy in jou hart verlang!”

[7] Na hierdie woorde van My maak ook die herbergier hom in alleryl gereed om te vertrek.

[8] Toe gaan Ons aan boord en vaar af in die rigting van Caesarea Philippi.

[9] Toe Ons al byna `n uur gevaar het, kom Ons `n paar skepe uit die omgewing van Tiberias tegemoet wat swaar belaai was met sout en graan; en omdat hulle die wind, wat vir Ons gunstig was, teen gehad het, het hulle groot probleme gehad en was bang dat hulle sou vergaan.

[10] Hulle (die skippers) vra Ons dringend of Ons hulle nie kon help nie.

[11] En Ek sê: “Waarom het julle beide skepe so swaar belaai? Laat julle `n volgende keer nie so deur winsbejag verlei nie en laat julle bure ook iets verdien, dan sal julle met jul skepe nie so `n gevaar en nood hoef te verduur nie! Maar daar kom nou `n paar leë skepe aan; laai die helfte van julle ware daarop oor en deel dan in Kapernaum julle wins met hulle, dan sal julle sonder skade daar aankom. Maar as julle in Kapernaum gierig is, moet julle maar sien hoe julle weer na Tiberias terugkom!” 

[12] Dit belowe die skippers My. Die twee leë skepe kom aan en Ek sê aan hulle wat hulle moes doen in ruil vir die halwe wins in Kapernaum; en dit gebeur weldra netsoos Ek gesê het.

[13] Daarop bedank die skippers van die vier skepe My en vaar ondanks die teenwind verder in die rigting van Kapernaum.

[14] Ons vaar egter met `n gunstige wind, wat vir Ons skippers die roei baie maklik maak, na die plek van Ons bestemming, wat Ons weldra bereik.

[15] Toe Ons in die dorp van Markus aankom, tref Ons vele gaste daar aan wat met goeie resultaat gebruik maak van die geneeskragtige bronne hier. 

[16] Die dienare van Markus kom haastig na die oewer en deel Ons mee dat Ons, as Ons dalk ook van die geneeskragtige bronne gebruik wou maak, waarskynlik geen onderdak sou vind nie, aangesien alle ruimte oorvol was met gaste uit alle lande; bowendien was hulle meester siek, en dit was nou moeilik om met hom te praat, omdat juis vandag sy koorsdag was.

[17] Ek sê: “Julle is nuwe dienare in dié huis en ken My nie; maar Markus, die eienaar, en sy hele huis ken My. Gaan daarom na julle meester en sê aan hom: “Die Majesteit en Heer het aangekom met Sy leerlinge en Sy vriende! Hy moet uit die bed uit en na My toe kom, dan sal hy weldra van sy koors genees wees. Gaan vertel dit aan hom!” 

[18] Die dienare gaan sê dit aan Markus en aan sy vrou en kinders. Toe hulle dit hoor, ontstaan daar `n groot gejuig onder hulle, en almal haas hulle om so vinnig moontlik na buite, na My toe, te kom.

[19] Toe die ou Markus My in die oog kry, strek hy sy arms uit en sê met luide stem: “O Majesteit en Heer vol goddelike liefde en erbarming, met watter groot verlange het ons U nie almal verwag nie, omdat U ons in ons nood verseker eendag sou besoek, netsoos wat U vir ons, toe U hier was tot ons heil en welsyn, en baie ander mense belowe het. En noudat my egte nood byna die hoogtepunt bereik het, het U ook gekom om my en ook my vrou, wat netsoos ek, al oud en swak en vermoeid geword het, te help en my hele huis opnuut te versterk in die geloof in U en in U leer. O, ons almal dank U by voorbaat vir die meer as groot barmhartigheid, dat U ons vir U besoek waardig geag het!”

[20] Ek sê: “Maak jou nie so druk nie, beste vriend; want jy weet dat Ek ook die innerlike taal van die hart goed hoor en uitstekend verstaan! Maar vóór alles sê ek vir jou en jou vrou: Wees nou volkome gesond van liggaam!

[21] Eet in die vervolg geen vis meer wat in die water gesterf het nie; en laat `n geslagte vis geen halfuur lê sonder sout, timie en karwy (Carum carvi) nie! Berei hom dan op die bekende Judese manier, dan sal julle van alle moontlike koorse verskoon bly! Dieselfde geld ook vir vleis, en eet ook geen verrottende vrugte en geen beskimmelde brood nie!”

[22] Na hierdie woorde van My word die ou Markus en sy vrou en kinders volkome gesond en sterk, en almal bedank My met vele trane van vreugde in hulle oë vir die genesing van hulle liggaam en vir die gegewe advies.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205