|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 182
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die weg om materiële siele te red
182 (Die Heer:) “As `n siel egter die suiwer leer gekry het, die waarheid ook goed begryp en by haarself dink: “A ha, nou weet ek wat ek met reg vir my heil moet doen; maar voordat ek heeltemal daarmee aan die werk gaan, wil ek tog ook `n rukkie geniet van die bekoorlikhede en aangename dinge van hierdie wêreld, omdat hulle my gebooie gaan word. Want noudat ek die weë na die geestelike voleinding presies ken, sal dit nie korrek wees as ek dit in volle erns wil gaan bewandel nie; en as ek op hierdie weg gaan, sal ek ook verseker vooruitkom!” - Kyk, vriend, dan begin die siel die bekorings en aangename dinge van die wêreld te proe en vervolgens ook met volle teue te geniet; daardeur gee dit aan die materie van haar vlees `n aansienlike oorwig, wat net baie moeilik of gereeld gladnie meer met haar helder insig in die dinge van die gees oorwin kan word nie.
[2] Omdat so `n siel aanvanklik teen haar beterwete in handel, sak sy langsamerhand steeds verder in die materie weg en word ook die oorspronklike, suiwer geestelike verligting steeds matter. Die siel raak in allerlei twyfelagtighede en vind die in haar materiële traagheid gladnie meer so die moeite werd nie, om haar op te rig en tenminste vir die kort tyd van `n paar dae of weke `n ernstige, haarself verloënende poging te maak om haar daarvan te oortuig of daar tog iets waar is van die leer wat vanuit die hemele geopenbaar is, ter verkryging van die innerlike, ware lewe.
[3] Ja, vriend, as so `n siel, wat teen haar beterwete in, eenmaal traag geword het en mense om haar heen sien, wat hulleself deur van meet af aan hulle beste gedoen het en hulle tot die innerlike lewensvoleinding gebring het, dan het dit tog geen sterk invloed op haar nie en bring dit geen eie werksaamheid in haar teweeg nie. As sy goed geluim is, laat sy vir haarself wel, deur die gewekte medemense, die wonders van die geestelike in die mens vertel, en af en toe word die wens ook in haar wakker om self te wees wat die volmaakte mense is - maar dadelik daarna werk die bekorings wat reeds geniet is en die wat nog geniet moet word, van hierdie wêreld, so kragtig op haar in, dat sy dit nie kan weerstaan nie en daarby dink: “Nou ja, ek doen tog nie iets slegs as ek nie onmiddellik volledig omkeer nie! Eerstens wil ek in hierdie wêreld nog die een en ander sien en probeer, en dan sal ek tog nog wel tyd genoeg oorhou om in die voetstappe van die volmaaktes te tree.”
[4] Kyk, op die manier dink, besluit, simuleer en bereken die nakomelinge van sulke in hulleself lou en traag geworde mense nog meer, en hulle word heeltemal duister en sleg in hulle gees, as mens hulle maar net daaraan herinner wat hulle as mense moet doen om die innerlike lewensvoleinding te verkry.
[5] En so groei en woeker dan, as gevolg van hulle steeds wakkerder wordende wêreldse genotsug en toenemende traagheid van die een generasie, van die mense op die ander, die onkruid van die nag van die siele sodanig, dat daar niks anders vir My oorbly as om sulke mense met allerlei plae en oordele te besoek nie, om hulle die nietige en slegte van hulle wêreldse strewes aan den lywe te laat ondervind.
[6] Eers as hulle deur allerlei bitter ervarings sover gebring is, dat hulle self werklik weersin begin te kry teen die wêreld en haar ydele verlokkinge, is dit weer tyd om hulle, netsoos nou, deur nuwe openbarings uit die hemele die weë na die lig van die lewe te toon, wat vele dan met groot inset sal bewandel; maar nog baie meer mense, wat te diep weggesak het in die nag van die oordeel en die dood van die wêreld, sal tog bly waar hulle is en almal wat hulle wil wek tot die lewe van die gees, net so lank vervolg totdat die oordele wat oor hulle toegelaat is, hulle van die aarde sal wegvee, netsoos storms die kaf verwaai.
[7] Ja vriend, van My kant is die verhouding tussen gees, siel en liggaam by elke mens volmaak noukeurig afgeweeg; alleen het die waanwysheid van die mense, die ou erfsonde, die goeie verhouding tot `n slegte verhouding gemaak.
[8] Neem nou eers die ou sage oor julle Prometeus en sy selfgeskape dogter Pandora! Wie is die Pandora eintlik?
[9] Kyk, dit is `n beeld wat staan vir die waanwysheid en die nuuskierigheid en wêreldse genotsug van die mens, waardeur hy aan die harde materie geketting word. Ook al kom daar van tyd tot tyd `n adelaar uit die hemele na hom toe wat hom kragtig waarsku dat hy hom van die materie moet losmaak, dan lewer dit weinig op; want nouliks is die adelaar `n rukkie weg, of daar is in die siel van so `n mens die lewer, wat die simbool van sy wêreldse luste is, alweer heeltemal aangegroei, en die hemelse adelaar kan weer opnuut begin eet. - Begryp jy die goeie beeld?
[10] Kyk bowendien net na wat Moses self in `n duidelike beeld oor die eerste mensepaar vertel, dan sal jy presies dieselfde daarin vind!
[11] En as dit so is, dan kom dit nie deur My dat die mense slegter geword het nie, deurdat Ek in die siel `n klein voorkeur vir die wêreld gelê het nie, maar haar aan die ander kant tegelykertyd `n volledige lig uit die hemele geskenk het, waarmee sy met weinig moeite die klein voorliefde vir die wêreld kan oorwin. Begryp jy dié dinge, vriend?”
[12] Na hierdie les van My, waarna ook alle ander heel aandagtig geluister het, bedank die Romein, asook alle ander My, behalwe die een, vir wie My verklaring nie geval nie.
|
|
|
|
|