Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die wese van RafaEl

174 Hierna loop die arts na sy metgeselle en spreek met hulle op `n heel sinvolle manier oor wat hy van RafaEl gehoor het oor die bestaan en die betekenis van die ryk van God.

[2] RafaEl spreek opnuut met Kisjona en Philopold oor die toekomstige toestande van die ryk van God op hierdie aarde en ook oor die voorwaardes vir toelating.

[3] Ek hou My besig met die Romein, wat die plotselinge verskyning van RafaEl nie kan begryp nie en hom aanvanklik byna as die heidense god Apollo beskou het, van welke waandenkbeeld Ek hom vinnig afbring. 

[4] Daarop wil die Romein ook self met RafaEl praat; maar hy wil die gesprek met die twee vroeër genoemde vriende nie steur nie.

[5] Toe die arts met sy metgeselle heel uitvoerig gespreek het oor wat hy van RafaEl gehoor het, skep hy weer volle moed, loop na RafaEl toe en vra hom om verdere verligting van sy siel. 

[6] RafaEl sê aan hom: “Ja, my beste vriend en broer, dit kan mens jou nie op dieselfde manier gee soos wat `n mens in die nag `n vertrek verlig deur die lig daarin aan te steek en dit dan te laat skyn vir almal wat in daardie vertrek woon nie! Want solank die aangesteekte lig bly brand, sal die vertrek goed verlig bly; maar as die olie opraak, sal die vertrek weer donker word. As dit egter nooit meer in daardie vertrek donker mag word nie, is daar meer voor nodig as om ternouernood één lamp wat met `n bietjie olie gevul is, aan te steek.

[7] In kamers is dit wel `n moeilike saak; - want die tye dat bepaalde wyses onder die mense die kuns verstaan het om `n vuur wat ewig, nooit uitbrand nie, te maak, is verby, en daarom kan die vertrek in hierdie tye gedurende die nag maar net konstant verlig word deur daarin die lampe met soveel olie te vul, sodat elke lamp die hele nag voldoende voedsel het, en daarvoor is `n op ervaring berustende, verstandige berekening nodig. En so moet ook `n verstandige en om sy sieleheil bekommerde mens in hierdie donker, nagtelike tyd homself van baie geestelike olie voorsien, sodat dit voldoende sal wees, totdat sy innerlike geestelike dag van die ware, ewige lewe aanbreek, wat daardie aloue, nooit uitbrandende, ewige lig in die mens is - en dan sal hy op die manier steeds voldoende lig hê in hierdie kamer van sy aardse lewe.

[8] Die geestelike olie bestaan ten eerste uit die Woord van die Heer en van daaruit die goeie werke van die liefde volgens die Woord en die wil van die Heer. Wie egter ryklik van hierdie olie voorsien is, bevind hom al in die werklike ryk van God en sal nooit meer `n lewensnag in sy siel hoef te deurstaan nie.

[9] Die lig van die geheel gevulde lewenslamp in sy aardse lewe is `n volkome, lewende geloof, wat die dinge van die ryk van God meer as voldoende vir hom verlig. Wie in daardie lig volhard en hom nie oor meer as wat vir sy liggaamlike lewe nodig is, oor die dinge van hierdie wêreld bekommer nie, kom vroegtydig tot die ewige lewenslig in homself en op die manier ook reeds aan hierdie kant tot die duidelik aanwesige ryk van God en die krag en mag daarvan; want wie één is met die wil van JaHWeH God, is ook één met die Heer se ewig volmaakte Wysheid, vryheid, selfstandigheid, mag en krag en is daardeur dan ook vir ewig `n ware Godskind.

[10] Kyk, ek is so `n Godskind, maar dit het ek nie net in die rein wêreld van die geeste geword nie, maar nog tydens my aardse lewe, en wel sodanig, dat die mag van die goddelike gees in my alles tot stand kan bring wat sy nou kan.

[11] Ek het, wat my liggaam aanbetref, dan ook nie gesterf soos wat alle mense nou sterf nie, maar die mag van die goddelike gees in my, het my liggaam skielik so volledig opgelos, dat selfs geen sonnestoffie daarvan op hierdie aarde agtergebly het nie; my hele liggaam het tot my ewige, onverwoesbare kleed geword, en jy sien my nou dan ook met liggaam, siel en gees.

[12] As jy dit moeilik kan glo, voel dan aan my, dan sal jy `n mens met vleis en bene voel, solank ek dit wil; maar as ek alles weer in die suiwer geestelike wil verander, sal jy my weliswaar nog net so sien soos nou, maar nie met jou liggaamlike oë nie, maar met die oë van jou siel, wat ek by jou kan open wanneer en solank ek wil. Kom maar nader en voel aan my; want ook die opdoen van die ervaring hoort daarby, as ek vir jou die wese van die ryk van God van nader en sterker moet belig!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205