|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 140
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die moedige bootsman
140 Toe Ons weer in Ons saal was, vra die herbergier My waar hy vir My `n goeie rusbed kon gereedmaak.
[2] Ek sê: “Kyk, vriend, wie `n bed wil hê, gee hom een; maar Ek sal vannag op My stoel rus. Jou stoele is vir My beter geskik om te rus as `n bed.”
[3] Toe Ek nou dadelik op My stoel My nagrus neem, wil My leerlinge ook geen beddens hê nie maar bly, netsoos meestal, naas My op hulle stoele sit. Slegs Maria en Joël neem in `n sykamer twee beddens.
[4] Die twaalf vissers gaan weer huistoe, na hulle nabygeleë dorpie, met die voorneme om in die môre vir My en My leerlinge weer - maar nou `n groter hoeveelheid - visse saam te bring; want hulle was deur My woorde en onderrig buitengewoon gestig en het van louter dankbaarheid geen raad gehad nie. Die hele weg tot by hulle dorpie juig hulle luid oor My en raak tuis teenoor hulle metgeselle maar nie uitgepraat oor die diep en suiwer goddelike waarhede wat hulle uit My mond gehoor het nie. Hulle metgeselle en verwante vra hulle of Ek miskien ook nog enkele tekens en wonders gedoen het.
[5] Die bootsman sê: “Hoe so tekens, hoe so wonders! Die Woord en die leer van die Heer, wat die ewige, mees ligvolle en lewende waarheid uit Sy ewige hemele is, is op sigself al die grootste teken en wonder; want soos wat Hy spreek en leer, het vóór Hom nog nooit `n mens gespreek en geleer nie. Ek sal môre nog baie van Hom leer ken wat my tot nou toe nog volkome onbekend was; want wie aan Sy sy nie wys word en vervul raak van die ewige lewe van die siel nie, bly in ewigheid dooier as `n messelklip.
[6] Ek sal myself nou tot die vernaamste taak van my lewe stel om Sy eer, Sy goddelikheid en Sy waarlik heilige Naam hardop teenoor elkeen te bely; want Elke vrees vir die domheid en slegtheid van alle wêreldse mense het my nou geheel en al verlaat. Wie sal hom teenoor my handhaaf met die leuens, as ek hom die waarheid soos `n brandende doringstruik in die gesig slinger, netsoos die herder Dawid vroeër die reus Goliath `n klip teen sy trotse voorhoof geslinger het, wat hom teen die grond geslaan het?
[7] Wee die huigelagtige fariseër, wat dit in sy kop kry om my op ander gedagtes te bring; ek sal hom sê en toon op die hoeveelste tree na die hel hy staan en welke loon hom daar te wagte staan!”
[8] Al sy metgeselle staan verbaas oor die moed van die bootsman, maar sê tog dat dit verstandiger sou wees om nie dadelik in die begin so `n groot ophef te maak nie, om die slegte fariseërs nie nog vyandiger te stem teenoor die Heiland en Sy leerlinge as wat tog al die geval was nie.
[9] Maar die bootsman sê: “As mens teenoor die grootste vyande van mense en waarheid voortaan nog steeds terughoudendheid sal betrag, net uit vrees vir hulle slegtheid, sal dit nooit lig word onder die mense op hierdie aarde nie! Daarom moet hulle die waarheid met ware moed openlik in die gesig geslinger word, en mens hoef hierdie geslepe lafaards maar net, netsoos `n leeu, flink sy tande en kloue te laat sien, dan sal hulle baie gou in hulle duistere gate gaan wegkruip!”
[10] In die sin spreek die bootsman nog `n rukkie aan, tot die slaap hom oorval en hy homself `n kort rus gun. Maar in die môre was hy tog versterk en eerste op die been, en sy eerste gedagte geld vir My; hy loof en prys My van harte.
[11] Toe hy sien dat sy metgeselle nog slaap, wek hy hulle en sê (die bootsman): “Vriende, laat ons vinnig gaan, sodat ons nog voor sonsopkoms met ons visse aankom; want op hierdie dag gaan dit om die verkryging van die ewige lewe vir ons siele en ook vir die siele van nog vele ander mense!”
[12] Almal staan vinnig op van hulle rusplekke, gaan na die visvywers, haal daar ongeveer honderd van die mooiste en beste visse uit en dra dit na Jesaïra.
[13] Hierdie keer gaan ook die agt vissers saam, wat gister tuis gebly het, en help mee om die visse na Jesaïra te bring in dravaatjies, wat hulle op `n kar lê, wat hulle self trek en stoot.
[14] Toe hulle maklik en vinnig in Jesaïra aankom slaap die meeste leerlinge nog; slegs Ek, Petrus, Andreas, Jakobus, Johannes, Kisjona, Philopold en die herbergier en verskillende van sy bediendes was al op die been en kyk na die lewendige taferele van die vroeë oggend.
[15] Toe die vissers My sien, begin hulle dadelik te juig en bedank My al van enige afstand, dat Ek hulle waardig geag het om My ook op hierdie dag te sien en te spreek.
[16] Toe hulle heeltemal by Ons was met hulle kar, vra hulle My nogmaals of Ek hulle klein offer barmhartiglik en welgevallig wil aanneem.
[17] Ek sê aan hulle: “Die Woord wat Ek gister by dieselfde geleentheid gespreek het, geld ook vir vandag en voortaan in alle ewigheid. Gee die visse aan die herbergier; hy sal wel weet hoe hy hulle moet gebruik.”
[18] Daarop gee hulle die visse aan die herbergier, en die bootsman maak die herbergier duidelik dat hy nie karig moes wees met die visse nie; want hulle visvywers was nog so vol met die beste soorte, dat hulle vir `n honderd dae lank nie hoef uit hoef te gaan om nuwes te vang nie.
[19] Toe neem die dienare van die herbergier die visse saam en bring hulle na die groot gastekombuis, waar `n taamlike groot, van sederhout gemaakte bak staan om die visse in te bewaar, wat My pleegvader Josef getimmer het, nog voor Ek gebore was en wat die herbergier erg in ere gehou het, omdat sy vader dit vir hom laat maak het in die jaar kort voor hy gesterf het.
[20] Die vader van die herbergier was `n vroom en buitengewoon opregte man en was daarom ook `n intieme vriend van Josef; hy het gereeld goed gewerk by die vader van Ons herbergier, en hy was ook `n vriend van die seun, solank hy geleef het. Daarom was My familie steeds baie geliefd by die herbergier.
[21] Net vir My het hulle vroeër nie so goed in dié huis geken nie en Ek het weinig aansien daar geniet, omdat Ek steeds baie swygsaam was en nie op die voorgrond wou tree nie.
[22] Hierdie paar dinge mag dien om bietjie meer bekend te raak met dié huis in Jesaïra, waarvan egter, NOTA BENE, netsoos van vele ander plekkies aan die Meer van Galilea, al meer as duisend jaar geen spoor meer te vinde is nie; want die vele oorloë en volksverhuisings, wat hierdie lande dikwels geteister het, het alles vernietig en verwoes. - En nou weer terug na Onsself!
|
|
|
|
|