|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 49
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die in besit neem van die vrugbare kolonie
49 Weliswaar het die sewentig bekeerde rowers by monde van Olgon beweer dat hulle ver verby Damaskus woon; maar dit was ook nie waar nie, aangesien hulle met hulle vroue en kinders alleen in bepaalde moeilik toeganklike gate en grotte in hierdie streek gewoon het. Hulle het hulle rooftogte egter wel gereeld in die omgewing van Damaskus gemaak, en het dan steeds weer met die buit na hierdie streek teruggekeer, wat hulle die veiligste beskerming gebied het teen alle agtervolging.
[2] Toe Ons binne enkele oomblikke heeltemal uit hulle gesigsveld verdwyn het, waaroor hulle hulle opnuut hewig verbaas, gaan hulle op weg en reis terug langs die woestyn, tot by die plek waar hulle vroue en kinders met hulle besittings in `n groot, moeilik toeganklike grot gewoon het, wat van die storm verskoon gebly en ook nie vol modder geraak het nie. Toe die sewentig manne so vinnig in die grot terugkom, was hulle vroue en kinders, wat nog gebewe het van vrees en angs vanweë die skielik ontstane, ongehoorde hewige storm, verbaas dat hulle so vinnig en sonder buit teruggekeer het.
[3] Die manne vertel kortliks alles wat hulle aan ongelooflik wonderbaarlike dinge oorgekom het en dat hulle nou - en dit het die vroue al lank gewens - vir die res van hulle lewe die roof opgegee het; in plek daarvan het hulle van `n met God se gees vervulde Man `n eindeloos baie beter lewensbuit vir die ewige lewe van hulle siel gekry, wat meer werd was as alle skatte op aarde.
[4] Hulle vertel ook aan die steeds nuuskieriger wordende vroue en kinders hoe die Man, wat netso magtig was soos God, deur Sy Woord en Sy wil die ou, onherbergsame woestyn deur middel van die verskriklike storm in `n ware en vrugbare Eden verander het en dit vir hulle as hulle onbetwisbare eiendom gegee het, en dat op verskillende plekke in die voorheen so woeste landskap ook al kompleet en van alles voorsiende wonings gereed gestaan het, wat beslis ook maar net deur die suiwer goddelike mag van die genoemde Man geskape was.
[5] Toe die vroue dit van hulle manne hoor, wil hulle onmiddellik en sonder baie uitstel die wonderbaarlike huise gaan soek. Die manne dink egter dat dit nie voor oor drie dae moontlik sou wees nie, omdat die splete, holtes en klowe nog vol modder sou sit, waarin mens maklik heeltemal sou kon wegsak en die dood vind.
[6] Toe die vroue dit hoor, gee hulle toe; maar na drie dae gaan hulle die wonings soek, en elkeen vind die huis wat vir hom bestem is en trek ook dadelik daarin.
[7] Die wonings was sodanig geplaas, dat hulle vanaf geen enkele punt van die weg deur verbytrekkende reisigers gesien kon word nie; en dit was baie goed vir die bewoners, omdat reisigers op die manier nie voortydig hulle deure sou kon platloop en hulle lastig val met duisend vrae oor hoe en wanneer die bewoners die huise gebou en hoe hulle die ou woestyn vrugbaar gemaak het nie.
[8] Want al na `n paar weke word My seën oral in die woestyn merkbaar, en vele Samaritane en Grieke, wat deur hierdie voormalige woestyn reis, doen hier en daar ywerig navraag wie die woestyn so in bloei gebring het, en niemand kon hulle uitsluitsel gee nie. Diegene wat dit wel geweet het, laat hulle egter nie baie onder die ander mense sien nie - en die eerste tyd glad nie. Eers toe daar enkele vrugte begin ryp word, kom daar Samaritane en hulle vergader daaroor aan wie die land toebedeel sou moet word, as dit nie al `n eienaar gehad het wat hom daar gevestig het nie.
[9] Toe kom Olgon met verskeie van sy metgeselle daarby en sê aan diegene wat daar vergader: “Vriende, hierdie hele groot woestyn was nooit iemand se eiendom gewees nie, netsoos ook die groot see nog nooit iemand se toegemete eiendom was nie. Ons Judeërs, wat deur die fariseërs vervolg was omdat ons hulle slegte gedagtes nie kon en wou dien nie, het hierdie woestyn in besit geneem om daar te woon en het haar enkel met hulp van die Heer van hemel en aarde vrugbaar gemaak, en werklik, JaHWeH Self het ons die woestyn in onbetwisbare eiendom gegee. Daarom hoef julle nie meer verder daaroor te beraadslaag, aan wie hierdie vrugbare streek nou moet toeval nie; want dit is al in besit geneem deur sewentig gesinne, wat ook hulle wonings in hierdie streek ingerig het.”
[10] Toe diegene wat daar vergader, dit van Olgon gehoor het, was hulle onaangenaam verras en vra aan `n Romeinse regter, wat met hulle deur die streek reis, hoe hulle dit moes opvat, aangesien die woestyn tog heeltemal Samaritaanse grondgebied was en die Samaritane oor die algemeen die reg van besit daarop gehad het.
[11] Maar die regter sê: “In welke land daar ook maar `n sedert onheuglike tye volkome woestyn bestaan, wat niemand in besit gehad het nie, en waar hom ook nooit `n landeienaar by `n regbank gemeld het vir die besit daarvan nie, is so `n woestyn vry en word dit deur die regbank ook as besit toegewys aan die eerste en die beste wat hulleself besitter verklaar het. Omdat hierdie manne, aan wie hierdie voormalige totale woesteny haar bewerking te danke het, hulleself nou besitters verklaar het, word hulle die onaanvegbare besit van regsweë toegewys.
[12] Omdat hulle egter `n woestyn in bloei gebring het, wat tevore niemand se eiendom was nie, het hulle ook nog die voordeel dat hulle twintig volle jare vrygestel sal wees van elke soort belasting. As hulle ewenwel na `n goeie oes uit vrye wil kies vir `n skatting ter ere van die keiser, sal hulle hulleself met alle haglike aangeleenthede kan verheug in die besondere beskerming van die kant van Rome. Ek, regter in naam van die magtige keiser in Rome, het gesê en aldus beveel!”
[13] Deur hierdie regshandeling gaan dan ook in vervulling, dat niemand die sewentig gesinne die besit van die bewerkte woestyn kon betwis nie. Binne enkele jare was hierdie streek een van die vrugbaarste en was erg deur alle reisigers bewonder; en die besitters het hulle reeds na `n jaar vrywillig by die regbank gemeld om `n skatting ter ere van die keiser te betaal en word daardeur tot Romeinse burgers verklaar en gemaak, wat hulle baie voordele opgelewer het.
[14] Hoewel hulle swaar beproewings moes deurstaan, bly hierdie nuwe gevormde gemeente ook gedurende vele jare die mees suiwerste, netsoos die van die Essene. Weliswaar het in latere tye ook die mooiste deel van Samaria ten gronde gegaan deur die verwoestende oorloë en volksverhuisings en het dit weer die ou woestyn geword.
[15] En laat Ons nou weer na Onsself terugkeer!
|
|
|
|
|