|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 113
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die Heer vertrek uit Kana
113 Toe die twee weer by hulle was, word daar baie oor My gespreek en geoordeel; maar vir een van hulle val My onselfsugtigheid hom die meeste op.
[2] Maar die tolk sê: “Vriende, wie alles kan netsoos hierdie Wonderarts, het die skatte van hierdie wêreld werklik nie nodig nie, aangesien Hy in Sy goddelike eienskappe eindeloos baie edeler skatte besit! Dit is immers `n bekende tipiese eienskap van alle werklik groot en wyse mense op aarde gewees, dat hulle die verganklike goedere van hierdie wêreld verag het. Dit kan ons dus nou ook nie verwonder, as hierdie Man ook geen liefde vir die skatte van hierdie wêreld het nie; ek sou dit ook nie hê as ek Sy volkome goddelike eienskappe sou besit het nie. Maar ons herbergier, wat altyd heel goed en billik teenoor ons was en aan wie ons dit in eerste instansie te danke het dat ons die Wonderarts leer ken het, moet in plek van die uiters onselfsugtige Arts deur ons skadeloos gestel word!”
[3] Daarmee was almal dit eens en hulle stel vir die herbergier `n bedrag vas van tien pond goud en honderd pond silwer, bo dit wat die gewone versorging kos - naamlik twee silwerstukke per man, ingesluit personeel en lasdiere.
[4] Die karavaan bly slegs tot na die middag en sit toe haar reis opgewek en vervul van die beste verwagtings voort na die plekke waar hulle sake moes doen.
[5] Ek sê aan die herbergier: “Ek het nou `n hele tyd by jou gebly, en die tyd was vrugbaar vir My en ook vir jou. Jy sal in My plek goed deur die Perse bedink word; dink dan egter ook in My Naam aan diegene wat werklik arm is, netsoos jy dit ook sonder buitengewone aardse middele steeds gedoen het, dan sal My seën nie van jou wyk nie!
[6] As die plaaslike priesters jou vanaand egter sal vra watter mense jy geherberg het, mag jy My Naam wel noem; en as jy gevra word wat Ek gesê en gedoen het, sê dan aan hulle: “Niks behalwe goed nie! “As hulle jou nog meer vrae sal stel, gaan dan nie daar op in nie; want dié owerspelige geslag verdien dit nie om deel te hê aan die ryk van God nie! Hou dit vir jouself, vir jou huis en vir die armes van gees; aan hulle kan jy by `n goeie geleentheid die evangelie verkondig wat Ek aan jou toevertrou het, dan sal jy op die manier in My Naam op volmaakte wyse die hongeriges voed, die dorstiges laaf, die naaktes klee en die gevangenes verlos, waarvoor jy later in die ander lewe in My ryk `n groot loon sal kry.
[7] Maar Ek sal nou onmiddellik met My leerlinge vertrek; laat dus geen middagmaal vir Ons voorberei nie! Vertel die Perse nie dadelik dat Ek vertrek het nie, maar as hulle by jou navraag oor My sal doen, sê hulle dan dat Ek elders na siek mense gegaan het! Waarheen, dit kan jy hulle nie vertel nie, omdat Ek jou dit ook nie vertel nie, omdat Ek My redes daarvoor het. Doen nou wat Ek jou gesê het! In die gees sal Ek seënryk werksaam by jou bly, asook by elkeen wat volgens My leer handel, in My glo en die Vader in My bo alles liefhet.”
[8] Toe Ek dit aan die herbergier gesê het, wil hy sy hele gesin bymekaarroep om van My die seën te ontvang en My te bedank vir die genesing.
[9] Maar dit staan Ek nie toe nie en sê: “Soos wat die hele Israelitiese volk eenmaal in Abraham geseën was, so is ook jou gesin deur jou geseën - laat dus agterweë wat nou maar net onnodig opsien sou baar!.
[10] Toe die herbergier dit van My gehoor het, was hy volkome tevrede, bedank My nogmaals vir alles, en Ek gee die leerlinge die teken om te vertrek.
[11] Ons begeef Ons onmiddellik deur `n agterdeur - om geen opsien te baar nie - geheel in stilte na buite en reis vinnig voort oor `n voetpad in die rigting van Kis.
|
|
|
|
|