|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 59
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Vrugbare seën in `n klein dorpie in Samaria
59 Toe die herbergier tuis kom, sê sy vrou op verontwaardigde toon aan hom: “Waarom het jy my nie met die ander kinders geroep nie, sodat ook ek met die ander kinders behoorlik afskeid kon geneem het van die wonderbaarlike Heiland?”
[2] Die herbergier sê: “Vrou, as dit nodig sou gewees het, het die Heiland jou wel Self geroep; maar omdat dit vas nie nodig was nie, is jy vanweë jou klein ongeloof nie geroep nie. En as jy die Heiland van naderby sou geleer ken het, sou die hele stad weldra van Sy aanwesigheid geweet het, wat Hy egter nie wil nie; en so is dit ook goed dat Hy dit Self alles so laat gebeur het. Straks, as ons arts weer tuiskom en ons sekerlik sal besoek, sal jy nog vroeg genoeg hoor wie die wonderbaarlike Heiland eintlik was.
[3] Maar sorg nou dat jy alles in orde het; want oor ongeveer `n halfuur sal daar `n aansienlike handelskaravaan by ons aankom, netsoos die werklik alwetende Heiland my vooraf aangekondig het, en wanneer ons dit druk sal kry; sorg dus dat jy alles in die kombuis voorberei het!”
[4] Toe die vrou dit gehoor het, gaan sy ylings na die kombuis en sit al haar helpers en helpsters aan die werk; want nou glo sy wat die herbergier aan haar, deur My aan hom meegedeel het.
[5] Toe allerlei spyse, wat steeds aan kooplui gereserveer moes word, al byna heeltemal gereed was om te eet, arriveer die deur My aangekondigde karavaan; die mense vra hulleself buitengewoon verwonderd af hoe die herbergier hierdie keer vooruit kon weet dat hulle op dat tydstip sou arriveer.
[6] Daar word naderhand nog oor baie gepraat, en die kooplui begryp al vinnig hoe die herbergier die tydstip van hulle aankoms kon geweet het. En verskeie kooplui, wat al vroeër oor My gehoor het, glo daarna in My.
[7] Ons reis intussen rustig verder en kom rondom die middaguur vlakby `n dorp, wat nog in Samaria gelê het. Rondom die dorp was baie vrugtebome, merendeels vye en olywe, appels en perskes, en die leerlinge kry sin om hulle bietjie te verkwik met hierdie vrugte.
[8] Toe Ons egter die dorp inkom, vra die leerlinge aan enkele aanwesige dorpelinge, of hulle bietjie van die vrugte mag pluk.
[9] Die dorpelinge sê: “Nee maar! Waarom wil julle Judeërs vrugte eet van ons, Samaritane?”
[10] Die leerlinge sê: “Ons is weliswaar Judeërs, maar geen fariseërs, wat julle haat nie - en daarom wil ons die vrugte van julle bome graag eet, as julle dit vir ons wil gee; en ons wil dit ook betaal!”
[11] Toe sê die mense uit die dorp: “Eet maar soveel julle wil! Maar geld sal ons nie van julle aanneem nie; want ons het God ook geen geld gevra toe Hy ons vrugtebome geseën het nie!”
[12] Toe loop die leerlinge daarheen en eet na hartelus van die vrugte, en hoe meer hulle eet, des te voller word die bome.
[13] Die bewoners van die dorp merk dit baie gou, loop na die leerlinge toe en sê: “Hoe eet julle die seën van ons bome eintlik? Dit val ons op dat ons bome nie alleen geen vrugte kwytraak nie, maar die bome word onmiskenbaar so vol, dat hulle takke en lootjies die las nouliks meer kan dra. Merk julle dit nie, aangesien julle die vrugte so onverskillig opeet? Dit is tog oorduidelik en klaarblyklik `n wonder!”
[14] Daarop sê die apostel Andreas: “Wat julle sien, sien ons ook; maar nie ons, wat hier staan en eet, bring dit teweeg nie, maar julle onbaatsugtige naasteliefde doen dit! Ons is vreemdelinge vir julle en julle het ons gasvry toegestaan om sonder vergoeding die soet vrugte te eet van julle vrugtebome, waar julle in hierdie streek baie sorg aan moet bestee; het dit God die Heer behaag, en daarom het Hy julle en julle vrugtebome nou duidelik sigbaar voor ons oë en die van julle geseën vanweë die vriendskap en liefde wat julle ons betoon het.
[15] Dit kom in hierdie tyd weliswaar nie gereeld voor nie; en dit kom so selde voor omdat dit ook uiters selde voorkom dat mens vreemde reisigers vriendskap en liefde betoon, sonder dat hulle daarvoor hoef te betaal. Want waar jy ook kom en van die een of ander `n vriendskapsdiens verwag, dan gebeur dit teen betaling; maar uit suiwer naasteliefde gebeur dit netso selde as `n dergelike seënryke Godswonder, netsoos julle nou voor oë het.
[16] Bly die onbaatsugtige naasteliefde dus voortdurend trou in ag neem en het God lief deur Sy gebooie in ag te neem, dan sal julle jul nooit te bekla hê oor gebrek aan God se seën nie! God bly altyd en ewig dieselfde; slegs die mense is veranderlik, vergeet Hom in hulle wêreldse roes en beskou Sy insettinge as `n produk van suiwer menslike skranderheid en doen wat hulle volgens hulle verstand goed dunk. By `n dergelike geloof en by so `n handelswyse volgens die wêreldse geloof kyk God nie meer met die oog van Sy barmhartigheid en liefde na die mense wat Hom byna heeltemal vergeet het nie, maar met die oog van Sy toorn.
[17] By sulke lewensomstandighede van die mense word goddelike seënwonders baie maklik en sekerlik buitengewoon seldsame verskynsels op hierdie aarde onder die mense; maar waar nog mense is wat nog sonder twyfel in God glo, Sy gebooie hou en hulle harte en siele nog nie met die ellendige begeerte na die wêreldse Mammon besoedel en bevuil het nie, daar betoon God Hom steeds teenoor hulle as `n uiters goeie Vader wat Sy kinders seën, netsoos dit ook in die tyd van die aartsvaders gebeur het - maar teenoor die kinders van hierdie wêreld, wat geen ag op Hom slaan nie, betoon Hy Hom `n onverbiddelike Regter en tugtig hulle met allerlei ongemakke, en Sy seënende Regterhand is nie uitgestrek oor wêreldse mense nie.
[18] As julle beste, eenvoudige bewoners van die klein dorp dit ter harte sal neem, sal julle ook maklik begryp waarom God hier klaarblyklik julle goeie wil geseën het.”
[19] Daarop sê `n oudste van die dorp: “Vriend, jy het hier baie wys in JaHWeH se Naam gespreek en daardeur ook laat sien dat jy geen aanhanger van die slegte leer van die fariseërs is nie; jy het heeltemal dieselfde instelling as ons en het werklik in alle opsigte gelyk. Maar ek is al `n ou burger van die dorp en weet dat die inwoners daarvan nog steeds stewig vashou aan die instellings van Moses, deur wie God gespreek het. En die diens wat ons julle op julle versoek graag en van harte bewys het, het ons ook al aan vele ander bewys wat honger en dors deur ons dorp getrek het; maar so `n wonderbaarlike seëning het ons nog nooit meegemaak nie, hoewel ek daarby ook eerlik moet beken, dat ons met al ons vrygewigheid nog nooit kon kla oor gebrek aan God se seën nie. Maar, netsoos gesê, op so `n opvallende manier het ons nog nooit `n seëning van God te siene gekry nie!
[20] Daar skyn dus nog `n heel besondere omstandigheid hier te bestaan, wat julle ons miskien om heel wyse redes nie kan of mag onthul nie. Maar dit is so! Dit is nou eenmaal `n in die oog springende wonder wat niemand kan ontken nie, en ons wil geen verdere vrae stel na die eintlike geheime rede daarvan nie. Tog val één ding my op, en dit is, dat een van julle, wat daar op die weg op julle wag, niks van ons vrugte wil proe nie! Is Hy dalk `n ortodokse Judeër wat niks van Samaritane wil aanneem nie, of hou Hy nie van die boomvrugte wat hier by ons groei nie?”
[21] Andreas sê: “Vriend, Hy is nóg die een nóg die ander! Maar wie Hom leer ken het, het meer geleer as die hele wêreld ooit in staat sal wees om te begryp; daarom is Hy ook ons aller Majesteit en Heer!”
[22] Hierdie woorde van Andreas tref die oue, en daarom sê hy ook (die oue):”Het ek dit nie goed gesien, toe ek sê dat daar by die in die oog springende wonder, behalwe die spesiale barmhartigheid van bo, nog `n heel spesiale, geheime rede bestaan? En die geheime rede sal seker in dié Man te vinde wees, wat jy julle Majesteit en Heer noem. - Het ek dit goed gesien of nie?”
[23] Andreas sê: “Vriend, as jy die indruk het, gaan dan na Hom toe en spreek met Homself! Want ons weet wat ons moet doen en sê. - Maar Hy is die Heer en kan doen en sê wat Hy wil.”
|
|
|
|
|