Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Nojed vra na die ware godsdiens

20 Onmiddellik roep die herbergier die drietal, en hulle kom dan ook dadelik; hulle was beter daaraan toe en sodoende ook opgewekter, en bedank die herbergier vir die groot vriendskap wat hy hulle bewys het.

[2] En die spreker vra of hy nog enige dankwoorde daaraan mag toevoeg.

[3] Die herbergier sê: “Spreek maar, maar hou dit kort; want julle het nou nog niks baie belangrik te hore en te belewe gekry, wat julle tot die grootste heil sal strek nie.”

[4] Die spreker, wat Nojed heet, sê: “Vriend en edelste onder die mense, daaraan sal ek dink; want jou wens sal vir ons voortaan `n bevel wees! Omdat ons in jou as heiden `n ware mens gevind het en tewens een met ware goedheid verenigde wysheid, soos wat `n mens dit eintlik nie meer onder die Judeërs aantref nie, moes ons aan julle gode dink en het op die gedagte gekom dat hulle miskien tog meer as `n fabel is. Ons wil nou graag meer vertroud raak met julle leer, om ook aan julle gode offers te bring en om aan hulle alle eer te bewys.

[5] Want ek dink maar so: Die godsdiens waar mens die beste mense aantref, moet self ook die beste en mees waaragtige wees. Ons godsdiens is dit egter nie, omdat die mense wat daarin gebore en getoë is, nou vas en seker die slegste is wat daar waar dan ook op die wye wêreld kan bestaan. Haar priesters staan by die beter volkere algemeen bekend as `n ware pes vir die mense. En `n godsdiens wie se skoot in plaas van goeie en wyse mense slegs ware tiers, hiënas, wolwe en bere voortbring, kan geen goeie en nog minder `n ware leer wees nie. - Wat vind jy, edele mensevriend, van hierdie gedagte?”

[6] Die herbergier sê: “My vriende, oor hierdie saak moet julle spreek met hierdie Vriend wat hier naas my sit; want Hy is onuitspreeklik baie kundiger en wyser as ek en alle nog so goeie en wyse Grieke!”

[7] Nojed sê: “Jou wens is vir ons `n bevel! Hierdie man en meneer is na Sy uiterlike te oordeel weliswaar ook `n Judeër, maar Hy kan deur Sy omgang met Grieke baie wys geword het; want as Hy `n leerling van die tempel sou wees, sou dit sonde wees om woorde aan Hom te verspil, hoe duidelik en waar dit ookal is.”

[8] Hierop wend hy hom tot My en sê: “As U geen tempelleerling is nie en die ware en goeie netso gesoek en ook gevind het, soos ons dit nou soek en op een of ander manier hoop om te vind, gee ons dan U oordeel oor die gedagtes wat ons hardop uitgespreek het! Het ons geen gelyk as ons die waarheid en haar goedheid slegs daar soek waar ons goeie en wyse mense gevind het nie?”

[9] Ek sê: “Ja seker; maar desondanks is die godsdiens van Moses die enige ware, ook al is dit in hierdie tyd deur die varke in die tempel netso platgetrap en verniel as in die ou Babilon en Ninevé en in nog meer van die ander hoerstede.

[10] Glo My: Ons JaHWeH was sedert ewigheid die enig ware, goeie, lewende God en het die smeekbede van hulle, wat sonder om te twyfel in Hom geglo het, hulle aan Sy gebooie gehou en Hom dus ook bo alles en hulle naaste soos hulleself liefgehad het, nooit onverhoord gelaat nie! Ook al talm Hy wel eers bietjie met die volledige verhoor van hulle smeekbede, om hulle siele des te meer te louter, dan het Hy hulle tog nooit heeltemal onverhoord gelaat nie en dit steeds vervul, dikwels op `n oomblik wanneer diegene wat daaroor bid, die minste daaraan dink.  

[11] Julle self het dikwels - wat Ek baie goed weet - in julle groot nood tot God gebid dat Hy julle ellende sou wegneem. Maar omdat julle vroeër in groot welstand geleef het, as mense wat in hoë aansien gestaan het, maar daarby in velerlei opsigte liggaamlike en geestelike traagheid vertoon het, het Hy julle etlike jare `n ernstige en harde lewensskool laat deurloop, sodat julle nie alleen die bekoorlikheid van die aardse lewe nie, maar ook die bittere daarvan self sou ervaar, om daarna eers die egte waarde van die lewe en die doel daarvan in julleself te gaan soek en te leer ken. 

[12] Julle het die beker met die bittere van die lewe nou ook tot die laatste druppel geproe en het daardeur ware, diep denkende mense geword, in staat om die ware lewende, goddelike lewenslig uit die hemele op te neem, en God het dan ook op dié oomblik julle smeekbede verhoor, noudat julle Sy hulp die mees nodigste het! 

[13] En wat Hy nou vir julle gedoen het, dit het Hy baie getrou al vir baie mense gedoen, as hulle hulleself in hulle nood egter gelowig tot Hom gewend het, en daarom kan julle nou nie meer sê dat die godsdiens van die ware Judeërs vals en onwaar is nie; maar die afgodedienste van alle heidene is dit wel!

[14] Dink julle dalk dat hierdie herbergier, wat `n patrisiër van hierdie stad is, julle ook barmhartigheid sou bewys het, as hy nog `n heiden was? O, absoluut nie! As heiden sou hy julle met alle skerpte van die Romeinse wet behandel het; maar omdat hy met sy hele huis in sy hart geen heiden meer is nie, maar `n ware Judeër (Hebreër: vertaler) netsoos Abraham, Isak en Jakob, wat hy julle op My advies dan ook dit geskenk het wat julle nou al geniet en nog meer in die toekoms. - Sien julle dit in?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205