|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 214
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die gaste vertrek na hulle eie woonplekke
214 Hierop sê die owerste: “O Majesteit en Heer, dit sal ons almal doen, omdat ons nou almal maar al te duidelik daarvan deurdring is, wie in U so tot ons gespreek het, soos wat `n mens nog nooit tot sy medemense gespreek het nie. U alleen is werklik die Heer Self en sal dit ook ewig wees en bly!
[2] Maar staan my nou barmhartig toe, o Heer, om U te vra wat ons met Herodus moet doen! Is dit korrek en U welgevallig, as ons ons voorneme met hom ten uitvoer bring vir die welsyn van sovele armes en noodlydendes, wat hy maar al te gereeld oormatig en uiters onbarmhartig onderdruk het deur middel van sy geregsdienare en gewetenlose soldate, van die soort wat gister op die skepe verdrink het?”
[3] Ek sê: “Wat tereg is, is ook goed! Maar as julle iets teen die sluwe jakkals onderneem, wees dan baie versigtig en beplan alles goed in My Naam! Laat elke hartstog en toorn agterweë, en bereken elke stap baie verstandig, sodat niemand vir julle die weg versper en julle met jul goeie voorneme daarna sonder invloed op die agtergrond geplaas word nie!
[4] As julle in My Naam en volgens My advies sal handel, sal julle die jakkals maklik in die noute dryf, en dan sal hy julle geregverdigde versoeke moet tegemoetkom. Maak die saak dus eers bekend as julle alles sodanig voorberei het, dat die jakkals nie meer kan ontsnap uit die val wat vir hom gestel is nie; want `n jakkals het baie goeie ore, en mens moet baie saggies en geruisloos na sy gat sluip om daar met sukses `n val vir hom te kan neersit.
[5] Maak dus ook geen ophef oor My en My werk nie, en maak My nie nog bekender by die jakkals as wat Ek al is nie, maar sê wat julle as gevolg van julle blinde ywer oorgekom het; vertel hom dat julle My op beskermde Romeinse gebied aangetref het, waar julle ten eerste, volgens die wet, en ten tweede as gevolg van julle geringe sterkte, wat die storm julle besorg het, niks teen My mag kon onderneem nie, waarvan My vriend Markus hier en nog vele ander getuies julle `n geldige getuienis sal gee, en vertel hom nog `n ding, naamlik dit van die inwoners van Tiberias, aan wie hy dan die veroorsaakte skade wel sal vergoed. Oor verdere planne teen hom moet julle niks laat merk nie!
[6] En nou nog iets! Daar het arm en siek mense uit Joppe terwille van hulle genesing hierheen gekom en is ook volkome genees; neem hulle saam op julle skip wat nou heeltemal in orde is, nadat die oggendmaal geëet is, en bring hulle na Tiberias; van daar af sal hulle dan op weg gaan na hulle huise! Van hierdie mense uit Joppe sal julle baie oor My hoor wat julle hier nie te wete kan kom nie; dit sal julle hart, julle geloof en julle liefde vir My groot krag gee.
[7] In Tiberias kan julle hulle van julle oorvloed ook die nodige reisgeld gee, wat vir julle nie onvergeld sal bly nie. Doen wat Ek julle nou gesê het!
[8] En laat Ons nou na die oggendmaal gaan! In julle slaaphut sal julle die reeds vir julle voorbereide oggendmaal, die wapens wat gister van julle afgeneem is en die duidelik geskrewe getuienisse vir Herodus aantref. En daarmee neem Ons in alle vrede, alle vriendskap en liefde afskeid van julle!”
[9] Na hierdie woorde van My bedank die soldate van Herodus My werklik uit die diepste van hulle hart, vra My dat Ek hulle nooit meer met My barmhartigheid en liefde moet verlaat nie en begeef hulle toe onmiddellik na hulle slaaphut.
[10J Ek en Ons Markus begeef Ons egter na Ons huis, en al My leerlinge en alle orige aanwesiges doen dit ook toe hulle Ons na die huis sien loop. Ons gaan onmiddellik aan Ons tafel sit en neem die welbereide oggendmaal tot Ons, en dit doen ook die mense uit Joppe in hulle reeds bekende hoek.
[11] Na die oggendmaal vra Markus aan My: “Majesteit en Heer, wie het eintlik in so `n ongelooflik kort tyd die getuienisse vir die soldate van Herodus opgestel?”
[12] Ek sê, na ons RafaEl wysend: “Ken jy dan nie My snelskrywer nie?”
[13] Markus sê: “Ja, so is dit! Dan is die saak natuurlik maklik vir mekaar, waarvoor ek my egter `n bietjie besorg gemaak het, omdat ek baie sleg kan skryf. Ek is dus baie bly dat dit nou so goed gedoen is. Maar nou sal die mense uit Joppe wel duidelik gemaak moet word wat hulle nou te doen staan?”
[14] Ek sê: “Ook dit is nie nodig nie! Want My RafaEl het hulle al op die hoogte gebring van wat hulle ooreenkomstig hulle wens na die oggendmaal moet doen; hulle staan al op van hulle tafel en sal weldra by die soldate van Herodus wees.”
[15] Toe Markus die mense uit Joppe van hulle tafel sien opstaan en hulle sonder enige uiterlike sigbare vorm van afskeid en sonder `n hardop gespreekte woord van dank meteens na die deur sien gaan, sê hy: “Dit is tog wel `n bietjie vreemd van hierdie mense dat hulle Ons so heel onverskillig verlaat!”
[16] Ek sê: “Het jy dan nie buite op die oewer gehoor welke les Ek hulle gegee het met betrekking tot die uiter van dankbaarheid deur middel van gebare en oor die bid en vra met die lippe, en welke gevolge sulke dinge met hulle meebring nie?
[17] Wat hulle nou doen was baie reg in My oë, en julle moet julle deur hulle slegs skynbare onverskilligheid ten opsigte van Ons nie van wysie laat bring nie, omdat hulle in hulle hart met des te meer eerbied afskeid van Ons geneem en ons nie lastig geval het nie.”
[18] Toe Markus dit van My gehoor het, was hy ook met alles eens.
[19] Nou kom ook alle ander aanwesiges na My toe en vra My, of ook hulle hulleself huiswaarts moes begewe.
[20] Ek sê: “Behalwe Kisjona, Philopold en die Romeinse regter, kan almal huistoe gaan; tuis moet hulle hulle vriende getrou verslag doen van wat hulle almal hier gehoor en gesien het, en op die manier My ryk onder die mense verbreed. Aan geleenthede om van hier af in alle rigtings te reis, is hier geen gebrek nie. Self sal Ek egter nog enkele dae hier bly en Myself ietwat rus gun.”
[21] Toe Ek uitgespreek was, kom die arts, die orige geneesde Grieke, die herbergier uit Jesaïra, die bekende visser by hom uit die omgewing en die vissers uit die baai met die riete, wat vroeër sinies gewees en tot hier saamgereis het, en bedank vir alles wat hulle fisies en geestelik ontvang en geniet het, en begeef hulle vervolgens na hulle eie woonplekke. Een deel reis oor land na die weste, die ander word oor die water verder vervoer. Ons bly egter nog `n uur lank in die huis en spreek met mekaar oor baie nuttige, goeie en ware dinge.
|
|
|
|
|