Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 122

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die tempeldienare kry Griekse klere

122 Hierdie woorde van My maak die volledig bekeerde tempeldienare buitengewoon bly en opgewek, en hulle wend hulle nou tot Kisjona met die versoek of hy hulle miskien Griekse klere kan verskaf.

[2] Maar Kisjona sê: “Beste vriende, dit sal nou `n bietjie moeilik gaan, omdat ons geen kleremaker in die dorp het nie; in Kane is daar wel een, maar daarheen sal julle nou wel nie wil reis nie?”

[3] Ek sê aan RafaEl: “Verskaf jy aan hierdie sewe tempeldienare en ook hulle dienare `n Griekse gewaad; want hulle moet sterk gemaak word vir die bekering van die Grieke in Afrika!”

[4] Toe Ek dit hardop aan RafaEl gesê het, loop hy na die tempeldienare toe en sê: “Wat Hy wil, wat my beveel het om julle `n nuwe gewaad te verskaf netsoos wat die Grieke dit in Afrika dra, sal julle kry! Daarvoor sal ek my na `n stad in Egipte begewe, waar meer as genoeg gemaakte klere te koop is, en dan kan julle dit aantrek.” 

[5] Die tempeldienare sê: “O lieftallige en bo alles hulpvaardige jong man! Dan sal ons wel lank hier moet wag, totdat jy die nuwe kleding vir ons heeltemal uit Egipte gehaal het!”

[6] RafaEl sê: “Op aardse menslike wyse sou dit wel so wees; maar omdat ek geen aardse mens meer is nie, is my gedagte hier en daar, en omdat ek my gedagte self is, is ekself netso vinnig soos my gedagte! En kyk, ek het die werk wat die Heer my vir julle opgedra het, dan ook al klaar, ek was al daar gewees en is ook alweer hier! Gaan nou na julle kamer en trek julle aan!” 

[7] Die skrifgeleerde sê: “Hoe kan jy in Egipte gewees het, ons het jou immers geen oomblik gemis nie? Dit sou tog wel `n wonder bo wonder wees!”

[8] RafaEl sê: “Vir julle seker wel, maar nie vir my nie! Maar gaan oortuig jou maar daarvan! Daarna kan ons bietjie daaroor praat!”

[9] Daarop gaan hulle na hulle kamer en tref daar alles aan wat Ons RafaEl vir hulle gesê het, -waaroor hulle hulleself uitermate verbaas.

[10] Daarna kom hulle baie gou soos Egiptenare, wat hulle klere betref, weer na Ons toe, netsoos hulle dienare, en loof en prys My; en die skrifgeleerde sê aan My: “Dat U, o Majesteit, en Heer, die Een is waarop alle Judeërs wag en hoop, dit hoef ons nie meer te glo nie, want ons is nou heeltemal daarvan oortuig! Maar nou sou ons ook graag opheldering wil kry oor die drie jongmanne, waar één ons op so `n wonderbaarlike wyse van Egiptiese klere voorsien het! Want as hulle salige geeste is, hoe kan hulle dan `n liggaam hê wat vir ons sigbaar en voelbaar is - en as hulle liggaam dieselfde is as dié van ons, hoe kan dit dan so `n onbegryplik snelle beweging uitvoer en die vele kledingstukke vir ons en ons dienare uit die verre land van Gam*  haal?” *(Een seun van Noag; sien Genesis 5:32)

[11] Ek sê: “My beste vriende, het julle dan nie gelees wat daar in die Skrif geskryf staan nie, naamlik dat daar in die tyd engele sal opstyg en neerdaal en My en die mense sigbaar sal dien? En kyk, op hierdie manier is die Skrif nou ook in daardie opsig voor julle oë vervul!

[12] Maar ook al sou die Hoë Raad van die tempel dit sien, dan sou hulle dit tog nie glo nie, sodat hulle salig sou word nie; daarom sal ook oor hulle kom wat Esegiël voorspel het.

[13] Maar spreek nou met die engel wat julle van nuwe klere voorsien het, daaroor; Ek sal nou met die herbergier en sy vriend Philopold `n rukkie na buite gaan en My op die manier `n bietjie rus gun tydens My werk!”

[14] Daarmee was die tempeldienare volkome tevrede en hulle voeg hulle onmiddellik by RafaEl, wat hulle, netsoos wat hy alreeds vroeër op die Olyfberg gedoen het, baie dinge toon en ook uitlê.

[15] Voordat Ek die saal saam met die twee bogenoemdes verlaat, kom Maria My vra of sy ook saam met Ons kon gaan.

[16] Maar Ek sê dat sy nou in die saal by die broers kan bly, waar sy baie sou hoor en sien.

[17] Sy bly en spreek met die engel GabriEl oor die lewensgeheime van die hemel.

[18] Daarna kom Judas Iskariot nog na My toe om te vra, hoe lank Ek in die geheel in Kis sou bly.

[19] Ek sê: “Sewe hele dae, en aangesien jy My dit gevra het om in die tydjie jou familie te besoek, kan jy dadelik op pad wees!”

[20] Toe Judas Iskariot dit van My hoor, gaan hy ook dadelik op pad.

[21] Toe hierdie leerling weg was, sê die ander leerlinge: “Dit was `n verstandige gees, wat hom dit ingegee het; en ons is bly dat ons hom `n paar dae kwyt is!”

[22] Ek vra ook aan die ander leerlinge of hulle miskien ook hulle vroue en kinders wou besoek.

[23] Maar hulle sê (die ander leerlinge): “Heer, ons vroue en kinders is al uitstekend deur U versorg en daarom bly ons hier, waar ons elke oomblik baie vir ons siel en gees kan win!” 

[24] Ek sê: “Bly dan, en as daar iemand kom wat na My vra, onderrig hom dan en sê dan aan hom dat hy moet wag totdat Ek met My vriende terugkom!” 

[25] Daarop vra ook die vier Indo-Judeërs nog aan My, of hulle terwille van My, nog langer in Kis mag bly.

[26] Ek sê: “So lank as wat julle wil; as julle hart dit verlang, doen julle goed daaraan om hier te bly!”

[27] Eers toe begewe Ek My met My twee vriende na buite, en op `n klein heuwel vlakby die Meer van Galilea spreek Ons oor verskillende dinge op aarde en ook in die sterre, en ook oor die inwendige inrigting van die aarde en die van die ouer sterre, waaraan die twee vriende groot genoeë beleef.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205