Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

`n Harpspeler sing vir die Heer

8 Omdat daar in Jerigo `n mark was, wat sewe dae geduur het, kom daar, behalwe baie kooplui, ook allerlei goëlaars, fluitspelers, sangers, harp- en lierspelers hierheen, wat in die aande van herberg na herberg trek en die gaste teen `n geringe betaling allerlei dinge laat sien en voorstellings gee; so kom daar ook in Ons herberg `n sanger met `n harp, wat hy goed kon bespeel, en wat bowendien die Psalms van Dawid met `n suiwer stem kon sing.

[2] Toe hy die kamer binnekom, vra hy die gaste of hy teen `n klein vergoeding mag optree.

[3] Die vreemdelinge, merendeels Grieke en Romeine, sê: “Ag, gaan weg met jou ou Judese geknars! In die musiek, die goddelike kuns, is immers alleen die Grieke tuis! As die Mense daar aan die hooftafel na jou wil luister, sal ons niks daarteen hê nie; maar van ons sal jy geen beloning kry nie.”

[4] Daarop kom die arme harpspeler en sanger na Ons tafel en vra of hy vir Ons alleen mag optree.

[5] En Ek sê vriendelik: “Tree maar op sonder skroom of bedenkings, want Ek ken jou en weet dat jy `n suiwer sanger is, geheel op die wyse van Dawid! Jou beloning sal daarom groot wees!”

[6] Daarop buig die sanger en harpspeler diep voor Ons, stem sy harp suiwer en sê verbaas: “Werklik, dit is `n goeie saal vir musiek en sang; want so hemels helder en suiwer het ek die snare van my harp nog nooit hoor klink nie!”

[7] Ek sê: “Wel nou, in daardie geval kan jy wel met jou optrede begin!”

[8] Daarop gryp die harpspeler met geoefende vingers die snare en laat `n aangrypende voorspel klink. Toe die vreemdelinge die baie suiwer klanke en pragtige melodieë hoor, word hulle stil en luister met gespanne aandag na die kunstenaar.

[9] Toe die hele saal volkome stil was, begin die kunstenaar onder `n pragtig klinkende begeleiding met `n wondersuiwer en ook baie welluidende stem die volgende Psalm van Dawid te sing: “Sing vir JaHWeH `n nuwe lied; sing vir JaHWeH, julle almal! Sing vir JaHWeH en prys Sy Naam! Verkondig dag na dag Sy heil! Vertel die heidene Sy eer, onder alle volkere Sy wonders; want JaHWeH is hoog verhewe en baie te prys, wonderbaar bo alle gode! Want alle gode der volkere is dooie afgode; JaHWeH alleen het die hemel gemaak. Pragtig en luisterryk staan die vóór Hom en magtig en lofwaardig gaan dit toe in Sy heiligdom.

[10] Bring JaHWeH, julle volkere, bring JaHWeH eer en mag! Bring JaHWeH eer in Sy Naam, neem geskenke mee en kom in Sy voorhowe! Bid tot JaHWeH in heilige feesgewaad, en laat elkeen Hom vrees! Vertel onder die heidene, dat alleen JaHWeH koning is en Sy ryk berei het so wyd die wêreld strek, sodat die sal bly bestaan, en dat Hy die volkere op regverdige wyse rig! Hemel, verheug jou, en aarde, wees vrolik; laat die see bruis, en alles wat daarin is! Laat die veld vrolik wees, en alles wat daarop is, en laat alle bome in die woud juig voor die oog van JaHWeH; want Hy kom, en Hy kom om die aarde te rig! Die aarde sal Hy rig met geregtigheid en die volkere met Sy waarheid.”(Psalm 96)

[11] Toe Ons sanger en harpspeler hierdie Psalm tot die einde gesing het, laat hy nog `n naspel hoor en sluit daarmee sy optrede. Toe oorstelp die vreemdelinge hom met lof en byval en erken dat hulle nog nooit in hulle hele lewe iets pragtiger gehoor het nie, sowel wat die snarespel, asook die sang betref; hulle vra hom ook om vergewing vir die feit dat hulle hom so ru en grof bejeën het, maar tegelykertyd vra hulle hom of hy die Psalm nog `n keer wou sing.

[12] En die sanger vra My of hy dit nog `n keer mag doen.

[13] En Ek sê: “Doen dit maar, want selfs Dawid het hierdie Psalm nie pragtiger gesing nie!”

[14] Die sanger sê: “Heer, wie U ookal is - dit het ekself ook nog nooit so gedoen nie! Tydens die sang was dit vir my werklik asof JaHWeH my baie naby was en met welgevalle na my geluister het; en ook kom dit my voor asof hele engelekore met my instem. O, as ek hierdie kuns en stem kon behou, dan sou ek die gelukkigste mens op aarde wees en alle heidene deur my sang tot ons JaHWeH bekeer!” 

[15] Ek sê: “Sing Psalm 96 nou maar nog `n keer, en wees seker daarvan, vrome Samaritaan, dat jy die kuns en die stem sal behou tot aan die einde van jou aardse lewensdae - en in die hemel sal jy voor die troon van die Allerhoogste ewig `n lieflike sanger wees en bly! Maar sing nou!”

[16] Die sanger sê: “O Heer, U moet volgens alle waarheid `n Profeet wees; want gewone mense praat nie soos U nie! Maar nou genoeg daaroor, want ek moet die Psalm nog `n keer sing!”

[17] Hierop gryp hy weer die snare en hulle klink nog helderder en suiwerder as die eerste keer, en so was dit ook met sy stem. Al My leerlinge, die herbergier en sy familie en ook die vreemdelinge, was tot trane toe geroer, en Myne aan Ons tafel die meeste, omdat hulle goed geweet het op Wie hierdie Psalm betrekking gehad het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205