Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer trek deur Samaria

Die karavaan van die rowers

45 Ek reis met die leerlinge vinnig verder oor die weg, wat ook na Jerusalem lei. Ek gaan egter nie dadelik na Jerusalem nie, maar maak `n groot omweg, en wel deur Samaria en `n deel van Galilea; in die provinsies ken die mense My al vir `n groot deel en bring hier en daar hulle siekes na My toe, en hulle genees Ek ook.

[2] Die weg waar Ons oor moes reis was taamlik verlate en word derhalwe weinig gebruik, en so kon Ons Onsself, sonder om baie gesien te word, soos met die snelheid van die wind voortbeweeg, netsoos Ons dit op ver reise ook steeds gedoen het.

[3] Toe Ons Onsself teen die middag al in Samaria bevind, ontmoet Ons `n klein karavaan, wat via Jerigo na Egipte reis.

[4] Die voorste gids van die karavaan hou vóór Ons stil en vra Ons in die Grieks of mens via hierdie weg wel goed na Jerigo en vandaar verder na Egipte kon kom.

[5] Maar Ek sê aan hom: “Waarom het jy eintlik gids geword, as jy self nie die weg ken nie?”

[6] Die gids sê: “Ons woon ver agter Damaskus en maak hierdie ver reis vir die eerste keer in ons lewe; daarom is ons dan ook dikwels gedwing om hier en daar na die goeie en kortste weg uit te vra, en dit is hier nogal moeilik omdat iemand maar selde ons taal verstaan.” 

[7] Ek sê: “Luister, as `n reisiger werklik nie die weg ken waarlangs hy moet reis nie, doen hy goed daaraan wanneer hy by iemand uitvra na die goeie en kortste moontlike weg wat na `n vreemde land lei; maar dit is nie netjies van jou dat jy Ons hier onderweg staande hou nie, onder die voorwendsel dat jy die weg nie ken nie, terwyl jy dit al wel `n keer of twintig afgelê het! Die rede waarom jy Ons hier ophou, is `n heel ander en egter geen prysenswaardige nie! Jy dink dat Ons verborge skatte by Ons het, waar jy jou op jou rooftog van meester wil maak, en daarom het jy Ons staande gehou. Maar dergelike dinge as jy dink het Ons nie by Ons nie; ander skatte vir siel en gees het Ons egter in groot oorvloed by Ons, en die gee Ons ook verniet aan elkeen wat hulle in volle erns vir die redding van sy siel wil besit!”

[8] Op hierdie woorde skrik die gids en vra My op nog brutaler toon: “Hoe weet Jy dit oor ons, en wie het ons aan Jou verraai?”

[9] Ek sê, eweneens met kragtige stem: “Ek ken jou en jou sewentig makkers al vanaf jou geboorte! Jou egte naam is Olgon, wat jy egter nooit gebruik nie, maar in plek daarvan gebruik jy in elke plek `n versinde naam; en dit doen ook elkeen van jou handlangers, om te sorg dat mens in `n plek, wat julle beroof het, moeilik inligting oor julle kan inwin om julle op te spoor en voor die gereg te bring.

[10] Ook wil julle nou nie na Egipte reis nie; maar julle weet dat daar in Jerigo `n groot mark gehou word, waar julle hoop om iets buit te maak. En julle weet ook dat daar vandag oor vier weke in Jerusalem die fees van die tempelwyding gevier sal word; op daardie fees kom daar altyd vele vreemdelinge met allerlei skatte en ware, waarvan julle baie daarvan kan gebruik. Maar Ek sê vir julle: Hierdie keer sal julle `n slegte vangs maak!”

[11] Die gids, nou heeltemal woedend, sê: “As Julle nog heelhuids hiervandaan wil kom, swyg dan oral oor ons, as Julle ons dan al ken, en trek nou baie vinnig hiervandaan; want ek ken Julle ook en sweer Julle by alle gode ons vreeslikste wraak, as ek ook maar enigsins merk dat Julle ons verraai het! Ons lewe weliswaar van roof, maar daarom is ons nog geen moordenaars nie; want as ons dit was, sou dit nou sleg met Julle gegaan het!”

[12] Ek sê: “As jy My sou ken, sou jy aan My sê: “Heer, wees my, groot sondaar, genadig en barmhartig, en vergeef my my sondes; want ek wil my lewe verbeter en boete doen, en ek wil probeer om al die onreg wat ek iemand aangedoen het, soveel moontlik weer goed te maak! “Maar omdat jy My nie ken nie, het jy vas besluit om in jou sondes te volhard en het jy vir My wraak gesweer by alle gode, terwyl jy tog `n Judeër is en die wette van Moses ken. As jy egter `n Griek was, sou Ek nie toegelaat het dat jy My staande gehou het nie, maar omdat jy ook `n seun van Jakob is, het Ek dit toegelaat, sodat jy die geleentheid kon kry om die waarheid te verneem en daarmee `n beter vangs vir jou lewe te maak as die, waarop julle uitgegaan het.”

[13] Daarop sê Olgon op `n meer gematigde toon: “Sê my wie Jy is, sodat ek anders met Jou kan praat!”

[14] Ek sê: “Ek is iemand aan wie alle mag gegee is in die hemel en op aarde, en alle dinge is onderworpe aan die gesag van My wil; want My wil is God se wil en My krag is God se krag, wat ewig regeer en heers oor alle kragte. Nou weet jy wie die Een is wat met jou praat!”

[15] Olgon sê: “O, o, - hoe kom Jy daarby?! As jou alle mag gegee is in die hemel en op aarde, sou Jy meer wees as Moses en alle ander aartsvaders en profete; want hulle het maar `n klein bietjie mag besit op hierdie aarde, netsoos ons in die Skrif gelees het. En Jy sou selfs alle mag in die hemel en op aarde besit? O, so-iets het ek nog nooit uit die mond van `n mens gehoor nie - tensy hy waansinnig was. Maar dit blyk by Jou tog nie die geval te wees nie, omdat Jy ten eerste nie so daaruit sien nie en daar ten tweede niks waansinnig in Jou woorde te ontdek is nie. As Jy egter die volmaakte goddelike mag besit, gee ons dan `n bewys daarvan, dan sal ons Jou woorde glo en doen wat Jy wil!”

[16] Ek sê: “As julle kan swyg teenoor die Judeërs in Jerusalem en veral teenoor die fariseërs in die tempel en ook op ander plekke waar julle sal kom en fariseërs ontmoet; want vir die ontaarde soort mense moet die lig van die hemel nie skyn nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205