|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 172
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die Heer roep vir RafaEl om die betekenis en die bestaan van die ryk van God toe te lig
172 Die arts sê: “O Majesteit en Heer, nou is alles vir my duidelik, en ons dank U, ten eerste omdat U die wêreld van die geeste so duidelik vir ons onthul het en ons nou weet hoe die verdere lewe van die siele van mense met `n wêreldse instelling in die groot wêreld aan die anderkant vorm kry en moet kry; en ten tweede dank ons U, o Majesteit en Heer, vir U toeligting oor die toestand van die voleindigde geeste in die Godsryk.
[2] Dit sou natuurlik ook wel wenslik wees om `n innerlike blik te kan werp in die wese van die ryk van God en die reeds salige bewoners daarvan; maar omdat U barmhartigheid en liefde ons dit in woorde tog al so duidelik uiteengesit het, dat ons dit eenvoudig byna met ons oë kan aanskou, sou ek dit as `n vermetelheid beskou om van U te verlang dat U ons ook die wêreld van die salige geeste aan die anderkant laat sien - en daarom dank ons U hier nogmaals vir die groot barmhartigheid wat U ons in so `n ryk mate geskenk het.”
[3] Ek sê: “Ja, My vriend, om julle die werklike betekenis van die Godsryk te toon, waar daar al, sedert vir julle onvoorstelbare tye en ewighede, tallose salige geeste is, is nog by geeneen van julle moontlik nie; dit sal eers kan as die ryk van God in julle heeltemal ontwikkel is en tot `n ligte en in julleself te aanskoue waarheid geword het.
[4] As die ryk van God egter in julleself gestalte kry en vol werksaamheid word volgens My wil wat aan julle geopenbaar is, dan sal julle dit ook aanskou en groot vreugde daaraan belewe. Maar omdat julle julle almal - op één na, wat Ek al gereeld vermaan het en wat nog geen afstand kan doen van sy gierigheid nie - al volkome in My wil begewe het, sal Ek `n salige engelegees hierheen roep, wat al sedert lank voleindig is; dan sal hy julle verdere toeligting gee oor die wese van die ryk van God !”
[5] Hierop roep Ek hardop: “RafaEl, kom dien vir My en jou broers!”
[6] Ek het dit nog nie gesê nie, of daar staan RafaEl met `n ernstige en vriendelike, van louter hemelse skoonheid werklik stralende gesig voor My en sê: “My Heer en My God! U wil is My bestaan, my ewige lewe en my wysheid en mag; staan toe dat hierdie broers U wil as U ryk in my sal aanskou!”
[7] Toe veral die Grieke en Ons Romein RafaEl sien, verstom hulle heeltemal en kan hulle in hulle hart maar nie genoeg verbaas oor die buitengewoon mooi gestalte van die engel nie; bowendien het sy kort toespraak tot My vol gees, waarheid en lewe, so `n diepe indruk op hulle gemoed gemaak, dat hulle `n lang tyd geen idee gehad het wat hulle nou met die voleindigde engelegees moes begin nie.
[8] Ook die nog steeds aanwesige herbergier uit Jesaïra, die bootsman en die leier van die bekende vissersdorpie word deur die baie plotselinge verskyning van RafaEl in hoë mate verras, en ook hulle wis nie wat hulle in so `n verrassend kort tyd met hom moes doen nie. Want ten eerste verras sy baie plotselinge tevoorskyn kom hulle en ten tweede sy bevalligheid, wat alle denkbeelde en voorstellings wat hulle ooit oor die grootste skoonheid van `n menslike gestalte gehad het, hemelhoog te bowe gaan.
[9] Hulle kan almal maar nie genoeg na hom kyk nie, en die arts sê by homself: “Nee, nee, dit is op sigself al eindeloos meer as te veel saligheid in die ryk van God; want die aanskoue van so `n hoogs voleindigde, mooi menslike gestalte sou vir elke mens duisend jaar tog netso vinnig laat verbygaan soos `n vlugtige oomblik!”
[10] En dit dink nog meer by hulleself.
[11] Nadat hulle so `n aansienlike wyle verbaas was, skep Ons arts ten slotte weer moed en sê aan My: “Heer, Majesteit en Heer, om hier te wees sou vir ewig goed wees, en ek sou vir myself nooit meer `n nog hoër geluksaligheid van die lewe verlang nie! Maar omdat U deur U eindelose groot liefde en barmhartigheid hierdie op ons reeds bo alles voleindigde gees as te ware in vlammende liefde vir ons laat verskyn het en aangesien hy in ons aller teenwoordigheid hardop gespreek het, sou ek, as dit moontlik en toelaatbaar is, tog ook met hom oor die wese van die ryk van God wil spreek.”
[12] Ek sê: “Daarvoor het Ek hom immers geroep! Jy kan nou met hom praat soos met een van jou metgeselle. Gaan na hom toe en praat met hom!”
|
|
|
|
|