|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 105
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die Indo-Judeërs doen verslag van die doel van hulle reis
Geskryf juis op 6 Januarie 1862, op die fees van Drie Konings (nota in die kantlyn van die manuskrip van Jakob Lorber).
105 Hierop maak die getroude man sy mond oop en sê in `n goed verstaanbare Hebreeus: “O Vriend, wie het jou so ingelig oor ons land, wat tot op die uur aan maar nog baie min vreemdelinge bekend is? Jy het die volle waarheid gespreek en dit is inderdaad so met ons gestel; maar hoe het Jy agter ons so goed verborge geheime gekom?”
[2] Ek sê: “Maak jou voorlopig nie bedruk daaroor nie, maar wees bly en vertel wat Ek van jou gevra het!”
[3] Hierop maak die ene wat getroud was, sy mond nogmaals oop en sê (die Indo-Judeër): “Beste, ons nog volkome onbekende Vriend, kyk, ons het werklik `n geseënde bergland, wat nog net soveel mense en diere sou kon voed as op die oomblik; maar Satan het ook in ons land eie belang en selfsug geplant! Die oudstes, wat die wyses en leiers van die volk wil wees, het die land onder mekaar verdeel en die volk tot hulle dienare gemaak, en so is daar in ons land nou ongeveer sewehonderd patriarge, van wie byna elkeen so `n tien duisend ondergeskikte dienare van albei geslagte in diens het.
[4] Maar ook by ons is daar selfs al afguns oor en weer en daardeur ook tweedrag en vervolgings en dus ook klein oorloë; want elkeen wil die wysste wees en ook die rykste en mees aansienlike, en die het in ons dae al `n paar keer byna sover gekom dat die dienende volk uit die sewehonderd patriarge `n baie wyse tot koning sou kies. Maar die volk is nog verstandig en sê: “God alleen is ons aller Heer en Koning! Hy het ons uit die vreeslike gevangenskap van die heidene na dié heerlike land gelei - en sal ons Hom netso ontrou en ongehoorsaam word as wat ons vaders vroeër ten tye van Samuël, die laaste rigter, was? Dit is ver van ons!
[5] Sou God deur die mond van `n profeet ook oor ons die teregte klag moet aanhef, deur met donderende stem te sê: “Kyk, dié volk het teenoor My al net soveel groot sondes bedryf as wat daar gras op die aarde en sand in die see is, en aan al die sondes voeg dit nog die grootste toe, deur ontevrede te wees met My so vaderlik goeie en wyse regering en onstuimig na `n koning te verlang, netsoos die heidene dit het!”? O, dit is ver van ons! Liewer wil ons julle nog honderd jaar as goeie arbeiders dien en die groot stukke grond, wat julle onregmatig na julle toe getrek het, teen die afgesproke loon bewerk as om uit julle `n koning te kies!
[6] Daar staan egter ook geskryf dat God alle Judeërs later `n koning uit die hemele sal stuur, en ons wyses het al Sy ster ontdek en het Hom gaan soek deur die baan van die ster te volg. Wanneer hulle sal terugkom, sal ons wel uit hulle mond hoor hoe dit staan met die koms van die groot Koning van alle Judeërs!”
[7] Vriend, die vergadering van die volk, vir die kies van `n koning uit die sewehonderd patriarge, het volgens ons tydsberekening dertig jaar gelede plaasgevind, en die volk het hulle tot op dié uur daarvan weerhou om `n koning te kies, omdat ons wyses na `n jaar weer teruggekom het en ons waarheidsgetrou en baie uitvoerig vertel, hoe en waar hulle die pasgebore Koning van die Judeërs gevind het, en watter ongehoorde wonders uit die hemele Sy geboorte en Sy bestaan op aarde verkondig en verheerlik het!
[8] Deur die berig, waaraan ons sewehonderd patriarge ook geglo het, al was dit met `n suurgesig, bly die opnuut kies van `n koning tot op hede agterweë. Sedert dié tyd het daar egter al meer as dertig jaar verstryk, en daar was op verskillende kere verkenners deur ons hierheen gestuur, om te hoor hoe dit daarvoor staan met die Koning van alle Judeërs, waar Hy ook ter wêreld mag woon. Selfs ons drie ou sterrekundiges het hulle `n paar jaar gelede weer hierheen begewe; of hulle alweer met goeie berigte tuisgekom het, weet ons nie, aangesien die land waar ons woon, nou baie groter is as toe ons dit vir die eerste keer in besit geneem het, en daar nou dikwels enkele jare daarvoor nodig is alvorens die hele, nou baie groot en ver uit mekaar wonende volk hoor welke berigte daar van buite af die land binnegekom het.
[9] Die drie wyses het dus miskien alweer met baie goeie berigte tuisgekom, maar ons kon om die waarheidsgetrou aangevoerde rede tog nie hoor watter berigte die drie, wat nogmaals vertrek het, na ons land gebring het nie. Bowendien het die steeds toenemende heerssug van ons patriarge ons met allerlei besorgdheid vervul; dit lyk wel asof hulle deur die hoor van die goeie berigte oor die nuwe Hemelkoning van alle Judeërs agterdogtig geword het en die wyses streng verbied het om daardie berig vir die volk te bring. En so het ons heimlik met die lang reis begin om hier in ons ou vaderland te probeer ontdek hoe dit daarvoor staan met die nuwe Koning.
[10] Ons reis was moeilik, aangesien ons te min goud saamgeneem het en eweneens maar min edelstene, wat by ons as ruilmiddel gebruik word. Op die lang reis moes ons onsself vir `n deel in die lewe hou met ons bekende wortels en vir `n deel met die hier en daar nog gebruiklike gasvryheid van die mense. Maar al die ongemakke het ons nie daarvan weerhou om die Een te gaan soek wat ons - netsoos dit in die profete geskryf staan - uit alle nood kan en sal red nie.
[11] Nou het ons ondanks alle ongemakke en ontberings aangekom in die ou vaderland van die Judeërs, wat hulle na ongeveer veertig jaar teruggegee was, maar nou opnuut onder heerskappy van heidene staan – en word die Romeine genoem - en nou hoop ons dan ook vol vertroue, dat ons ons verre reis nie tevergeefs onderneem het nie. Goud, silwer en edelstene, waarmee `n mens konings vereer, het ons natuurlik nie, maar wel `n opregte hart wat die groot Hemelkoning van alle Judeërs meer as alles liefhet, en dit sal Hy ook nie van die hand wys nie; en daarmee wil ons Hom ons lewe lank eer en prys!
[12] Maar nou nog iets, beste, buitengewoon wyse en alles wetende Vriend! Julle is met baie in hierdie eetkamer en skyn uitstekend vertroud te wees met alle omstandighede van die mense op die hele wye aarde; dan sal julle seker ook weet waar die groot Koning verblyf hou. Is Hy in Jerusalem te vinde, of in Bethlehem, waar Hy volgens die mededeling van ons drie wyses, wat ook die eretitel “konings” in die sterrekunde besit, gebore is, of in `n ander stad van die eers so groot en magtige Judese ryk, en hoe en wanneer? Want dan kan ons môre dadelik al daarheen reis en Hom gaan soek.”
[13] Ek sê: “Vriend, jy het jou reis werklik nie verniet gemaak nie, - maar nóg in Jerusalem, nóg in Bethlehem of in `n ander trotse stad sal jy die verblyfplek vind van Hom, jou nuwe Koning van die Judeërs, omdat Hy steeds arm en sonder enige uiterlike wêreldse prag van die een plek na die ander trek en die mense die ryk van God en die geregtigheid daarvan leer ken; maar waar julle dit nie verwag nie, sal Hy wees en julle met ope arms en hart opneem!
[14] Die offer van eer wat julle Hom wil bring en in feite al gebring het, sal Hy waarlik liewer voor wees as alles wat die mense op die wêreld as uiters waardevolle skatte beskou en vol begeerte na hulle toe probeer trek! Want by Hom geld slegs `n rein, liefdevolle, deemoedige en van die grootste sagmoedigheid vervulde hart; maar die skatte van die wêreld is in Sy oë `n gruwel en kry eers waarde, wanneer hulle aangewend word vir die ware naasteliefde. Maar waar hulle dien as voeding vir die menslike inhaligheid, vir die menslike hoogmoed en heerssug en die mense verlei tot traagheid, vraatsug, brassery, hoerery, roof, moord en nog vele ander sondes, is hulle in die oë van Hom, wat Heer is oor alles in die hemel, asook op aarde, `n gruwel wat totale verdoemenis verdien.
[15] Sy troon is die suiwer liefde, en Sy oor alles stralende glans is die ewige lewende waarheid; aan wie in Hom glo, Hom bo alles liefhet en Sy gebooie hou, gee Hy vanuit Homself die ewige lewe.
[16] Kyk, so is die nuwe Koning van die Judeërs en ook van die heidene, en Hy laat Hom altyd graag en seker vind deur die mense wat Hom met die ware liefde in hulle hart soek! En aangesien julle Hom op die manier soek, sal julle Hom ook sekerlik vind; want Hy sal julle Self onverwags tegemoet kom!”
[17] Die getroude man sê: “O beste, baie wyse Vriend! Van ons gesigte kan Jy wel aflees hoe bly Jy ons gemaak het met Jou getuienis en beskrywing met betrekking tot die groot Koning! Want so moet Hy wees, volgens die voorspelling van die ou wyses! Maar Jy moes al baie gereeld en baie met Hom te doen gehad het, omdat Jy Hom so deur en deur blyk te ken! Hoe sien Hy qua persoonlike gestalte daaruit? Sou Jy ons nie `n kort beskrywing daarvan wil gee nie?”
[18] Ek sê: “Kyk, ons herbergier het intussen enkele goeie visse vir julle laat klaarmaak! Gaan nou eers aan tafel om dit te eet; daarna sal Ons weer verder praat!”
[19] Daarop doen die vier blymoedig wat Ek hulle aangeraai het.
|
|
|
|
|