|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 191
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
RafaEl se onderrig oor die spysiging van Israel in die woestyn
191 RafaEl sê: “Ja, my vriend, dit het inderdaad waarlik so gebeur, en wel om `n uiters wyse rede; want as God die volk wat in Egipte kompleet versonke was in die mees smerigste wêreldse dinge, vir `n hoër lig wou opvoed, het daar vir Hom, nadat die volk die wette van die lewe ontvang het, niks anders oorgebly as om die volk gedurende veertig volle jare in die kaal en onvrugbare woestyn in alle moontlike nugterheid te hou en hulle so na `n hoër lig te laat voer. Daardie volk het hulle in Egipte enersyds deur hulle handeldrywende ingesteldheid en andersyds deur allerlei verdorwenhede aangewend om hulle sodanig toe te lê op vergaar, oormatig spaar en daardeur op hebsug en vreeslike gierigheid, dat dit baie moeilik was om dergelike ondeugde en sondes volledig by die volk uit te roei. Bedrieg, steel, roof, ook moor, lieg en allerlei hoerery en egbreuk bedryf, veral teenoor die heidense Egiptenare, het die volk van God, ondanks alle waarskuwings en tugtigings, tot `n tweede natuur geword.
[2] Onder die bekende farao, wat die origens baie bedrywige volk te gewelddadig en wreed begin te onderdruk en in alle rigtings begin te vervolg, gee hulle weer gehoor aan God se waarskuwings en gee hulle vele ondeugde en sondes vir `n belangrike deel op, en God wek vir Moses op as redder van daardie volk, op die manier netsoos jy dit uit die boeke ken.
[3] Nou kom die volk in die ongenaakbare woestyn, waar geen akkers, geen tuine, geen weiding, geen melk, geen brood en geen vleispotte was nie, waaroor die volk erg bedroef geraak het en begin te kla en te brom; want die saamgeneemde voorrade was weldra op, en die visse uit die Rooi See was nie voldoende om die volk te voed nie.
[4] Toe ontferm God Hom oor die volk en gee hulle daardie daaglikse brood uit die hemele. Toe die volk dit heel ryklik uit die hemele kry, word die ou, slegte, oordrewe gees van versamel en handeldryf maar al te gou weer aktief; maar God gee die volk via Moses dadelik duidelike goedgekeurde voorskrifte oor hoe die gawe van voedsel uit die hemele versamel en gebruik moes word, en wie daardie voorskrif nie in ag neem nie, word dan ook onmiddellik presies volgens voorskrif getugtig.
[5] En kyk, dit verstik die slegte gees van wêreldse gesindheid by die hele volk baie vinnig, want by die versameling van `n voorraad manna blyk daar nooit wins te wees nie, en dus hou die volk hulle by die voorskrif.
[6] Dat die op Vrydag vir die Sabbat versamelde manna ook op die Sabbat vars en goed gebly het, dit wou die Heer ook so gehad het, om by die volk, wat in Egipte die rusdag in die Gees van God volkome vergeet het en nie meer daaraan gedink het nie, maar elke dag aldeur versamel het, gewerk en gekoop en verkoop, tog één dag in die week in stand te hou met die bedoeling dat hulle hulleself op die dag van alle onnodige arbeid sou weerhou en hulle met God en Sy leer en wil sou besighou. Want `n volk sonder enige onderrig op die gebied van die geestelike, verkwyn en verwilder maar al te gou tot `n vlak wat laer is as die diereryk, en is dan nouliks meer in staat om hom deur die mag van sy eie verstand en wil omhoog te rig na `n hoër lig.
[7] As jy dit alles bymekaar, al net op menslike, verstandige wyse in oorweging neem, sal jy ongetwyfeld reeds die lig stralende liefde en wysheid van die Heer oorduidelik daarin herken.
[8] Maar dié verskynsel het by die volk Israel natuurlik ook `n diep geestelike en hemelse betekenis.
[9] Die brood wat die Heer in die natuurlike woestyn, wat tewens ooreenkom met die innerlike, geestelike woesteny van die volk Israel, vir dié volk uit die hemele laat reën het om hulle liggaamlik te voed, kom ooreen met die Heer Self, wat nou as die Lewende Brood uit die hemele in die ware geestelike woestyn van die mense neergedaal het. Sy woord, Sy leer en Sy dade van liefde is die ware, lewende brood uit die allerhoogste hemele. Wie inderdaad van dié brood eet, sal nooit meer sterf wat sy siel betref nie, maar hy sal die ewige lewe in hom hê.
[10] Baie wat die ou manna geëet het, het gesterf, nie alleen wat hulle liggaam nie, maar helaas ook wat hulle siel betref, en tot op dié uur het hulle nog nie opgestaan tot die lewe nie; diegene egter wat dié lewende manna daadwerklik in die gees eet, het in hulleself reeds opgestaan tot die ewige lewe. Kyk, dit is die geestelike betekenis van die vroeëre manna!
[11] Die natuurlike manna, waarvan die Israeliete geen voorraad mog versamel nie, kom ook ooreen met die feit dat die mense geen skatte moet vergaar wat deur roes en motte vernietig kan word nie, maar slegs die skatte van die Sabbat vir siel en gees, wat ewig bly. - Begryp jy dit nou?”
[12] Die arts beaam dit baie dankbaar, en almal staan verbaas oor hierdie uitleg; want ook My leerlinge het dit nie vantevore verstaan nie.
|
|
|
|
|