Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die herbergier herken die Heer

53 Die herbergier het egter al vroeër weer by Ons in die gastekamer aangekom en het ook sy oudste seun saamgeneem, wat in sy één oog blind was.

[2] Toe hy vol verbasing na Ons toe kom, sê hy aan My (die herbergier): “Goeie en dierbare Vriend, dadelik na U getuienis oor die groot Man rys in my die vermoede dat een van Julle miskien wel `n buitengewoon gevolmagtigde gesant van die groot Godmens sou kon wees; want die kleinere is vooruit gestuur, en nou volg die grote. Maar noudat ek ook die grootste visbak vol met die edelste visse aangetref het, en wel op U Woord, het ek nou heeltemal geen twyfel meer dat Julle onmiskenbaar gesante van die groot Godmens is nie, oor wie U die volkome ware getuienis gegee het. Eén van Julle sal seker die belangrikste wees, en ek dink dat dit uiteindelik U is? As dit so is, sê my dit dan, sodat ek U heel spesiaal eer kan bewys; want by ons geld nog altyd die stelreël: Ere wie ere toekom!” 

[3] Ek sê: “Maak jou nou maar nie bedruk daaroor nie! Ek is weliswaar die eerste onder hierdie metgeselle van My - maar op `n heel ander manier as wat jy dink. Maar dit is tog maar goed dat die edelvisse daar is en daar nog goeie wyn is; al die ander sal later wel duidelik word, en wel op die regte tyd.

[4] Wat is dit eintlik met jou halfblinde seun daar?”

[5] Die herbergier sê: “O, hoe weet U dat hy halfblind en my seun is?”

[6] Ek sê: “O, dit is tog nie so wonderbaarlik om dit te sien nie! Hy lyk immers baie na jou. Jy is geestelik halfblind, en hierdie seun van jou op natuurlike gebied. Uiteindelik kan julle albei gehelp word! Kon die leerlinge van die groot Man, oor wie jy so pas vertel het, nie daardie een oog van jou seun genees het nie?” 

[7] Die herbergier sê: “Ja, hulle het wel probeer; maar hulle het nie geslaag nie. Ook die Johannes was daarom al `n paar keer hier gewees; maar hom geluk dit ook nie om my seun die lig in sy een oog terug te gee nie. En dus moet hy sy klein ongemak maar met geduld verdra. Omdat ek van mening was dat Julle stellig die nog magtiger leerlinge van die Heer was, het ek hom saam na binne geneem, in die hoop dat Julle hom miskien kon help. Maar aangesien Julle dit nie is nie, kan hy wel weer in die kombuis met sy werk aangaan!”

[8] Ek sê: “A ha, daarom moet hy dus ook maar daar bly, - hy sal sekerlik nog vroeër siende word as jy!” 

[9] Die herbergier sê: “Maar beste Vriend! Kyk tog na my oë - ek sien uitstekend met albei my oë! Hoe kan my halfblinde seun dan vroeër siende word as ek?” 

[10] Ek sê: “Ek het jou tog al voorheen gesê dat jy net geestelik halfblind is; en jou liggaamlik halfblinde seun sal nog vroeër die volledige lig in sy oë kry as wat jy dit van jou siel sal kry! Maar nou genoeg daaroor; daar kom die visse al wat Ons nog sal eet, want die eerste gereg was vir meer as veertig man wel `n bietjie weinig, ondanks die feit dat jy die lensiegereg daarby bedien het. Maar hierdie keer moet ook jy en jou seun saameet; jou vrou hoef vandag egter niks van hierdie visse te ete kry nie, omdat sy so hardgelowig is. Môre kan sy vir haarself ook `n vis voorberei en haar geloof versterk.”

[11] Toe die visse op die tafel staan en Ek eers vir Myself `n vis geneem het, proe My leerlinge almal dadelik flink saam; want daardie soort visse was al lankal aan hulle bekend dat dit hulle die beste was. Ons eet en drink nou welgemoed en spreek dikwels vol lof en eer oor die groot Man uit Galilea; dit stem die herbergier steeds buitengewoon vrolik en daarom bring hy telkens `n heildronk op Hom uit met sy beker wyn en uiter hy verhewe heilwense aan Hom. Bowendien vertel My leerlinge om die beurt die een of ander gebeurtenis van Ons reis en ook baie uit My jeug, wat die herbergier alles baie graag hoor.

[12] Toe die vertelling, wat tot byna middernag duur, opgehou het, wend die herbergier hom tot My met die versoek: “My beste en seldsaam wyse Vriend, julle het my nou soveel oor die groot Godmens vertel dat ek my nou al as die gelukkigste mens van die hele wêreld beskou, en ek is dit vir die grootste deel ook werklik; maar ek sou nou heeltemal gelukkig wees en net so salig soos die hoogste engel in die hemel, as ek alleen nog `n goed vergelykende afbeelding van die groot Godmens te siene sou kry! Vriend, U het my al voorheen belowe dat U my een sou laat sien. As U een by U het, vra ek U om my dit te laat sien!”

[13] Ek sê: “Ja, ja, jy het gelyk. Ek het jou dit belowe en sal My belofte ook hou; maar Ek het jou naderhand ook gesê, toe jy jou halfblinde seun binne na Ons toe gebring het, dat hy nog vroeër heeltemal siende sou word en dat jy ten slotte waarskynlik in jou halfblinde siel ook heeltemal siende sou word. Want solank jy in jou siel halfblind is, sal jy die ware beeld van die Majesteit en Heer nooit heeltemal goed kan onderskei en lewenseg bekyk nie. Laat daarom jou seun nou na My toe kom; dan sal Ek sien of Ek sy blinde oog sal kan open en met lig vul!”

[14] Met hierdie woorde van My, wat die herbergier verras laat opkyk, plaas hy sy seun voor My en sê (die herbergier): “Hier is my seun, Vriend! Probeer ook U nou of dit U sal geluk om hom siende te maak!”

[15] Ek sê: “Goed My vriend, Ek wil dat jou seun Jorab sien! - So is dit!”

[16] Na hierdie woorde word die blinde oog van die seun siende; vader en seun skrik gewoonweg vir hierdie plotselinge genesing, en die seun sê: “Vader, hierdie man moet in `n baie nouer verbinding staan met die groot Godmens as al die ander wat my in Sy Naam probeer genees het! Hulle het gesê: “In die Naam van die Heer Jesus JaHWeH is daar lig in jou oog!” - en sien, tog het ek blind gebly. Maar hierdie man het gesê: “Ek wil dat jou seun Jorab sien! Dit is so!” Ons Vriend het my dus deur Sy eie mag genees, toe Hy sê: “Ek wil dit!” Daarom is Hy die groot Godmens Self en niemand anders nie! En jy, vader, is nog halfblind in jou siel, as jy dit nie onmiddellik kan opmerk nie - en Hy, Hyself is die mees getroue afbeelding van Homself vol lewe, mag en krag van God; want alleen God kan sê: “Ek wil dit!” -`n mens kan egter maar net sê: “Mog God die Heer dit of dat wil!"

[17] Toe die seun dit alles gesê het, word ook die herbergier siende, herken My en val voor My op sy knieë en begin My om vergewing te vra.

[18] Maar Ek sê: “Vriend, wat moet Ek jou vergewe? Dat jy My nou eers herken het, dit het Ek so gewil! En wees dus nou eers heeltemal gelukkig! Maar sê dit aan niemand in jou huis nie, voordat Ek jou aanwysings gee om dit te doen nie! Maar sorg nou dat Ons `n slaapplek kry! Môre sal Ons dan uitmaak wat Ons verder gaan doen.”

[19] Die herbergier staan nou van die grond af op en begin My uitbundig te bedank omdat Ek hom so `n onskatbare barmhartigheid waardig geag het.

[20] Maar Ek sê aan hom: “Maak nou nie soveel ophef nie, sodat jou huispersoneel nie voortydig op My opmerksaam gemaak word nie! As jou vrou, jou ander kinders en jou personeel sien dat Jorab kan sien en jou en hom sal vra hoe hy siende geword het, sê dan: Die gaste wat hier aangekom het, kon dit; want die groot Heer is meer met hulle as met diegene vir wie dit nie geslaag het om in Sy Naam die blinde oog van Jorab te genees nie. - Maar gaan nou en laat `n slaapplek vir Ons voorberei!”

[21] Toe gaan die herbergier weg en laat in die groot slaapsaal veertig russtoele vir Ons in orde bring; daarna kom hy My eerbiedig die weg wys. Ons staan op van Ons banke en begeef Ons ter ruste.

[22] Die herbergier spreek egter met sy vrou en ook met sy meerderjarige kinders nog oor baie dinge; maar tog verraai hy My nie, hoewel sy vrou enkele kere die opmerking maak dat Ekself uiteindelik tog die wonderbaarlike Heer sou kon wees, wat twee en `n half jaar gelede in Samaria sulke groot tekens gedoen het. Hulle dink dat Ek My om bepaalde redes moontlik nie dadelik kenbaar wil maak nie, netsoos dit by My eerste besoek aan hierdie stad die geval was. In die dag sou hulle My wel noukeuriger bekyk, omdat hulle by My eerste aanwesigheid in hierdie plek wel die geluk gehad het om My `n paar keer te sien. En na daardie gesprek sluimer ook die herbergier se gesin in en rus saam met Ons tot sonsopkoms.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205