Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

`n Regsitting in die herberg

15 Terwyl Ons so `n uur lank met mekaar gepraat het, ontstaan daar op die plein voor die huis van Ons herbergier `n ongewone groot lawaai, en binne enkele oomblikke het hulle baie volk daar versamel. Dit lok ook enkele van My leerlinge na die vensters van die saal. 

[2] Maar Ek roep hulle terug en sê: “Waarom so nuuskierig? Ons sal verseker nog vroeg genoeg hoor wat daar aan die gang is! Iets opbouend is dit verseker nie, en wat sleg is, kom `n mens altyd nog vroeg genoeg te wete, ook al hoor mens dit eers later.”

[3] Daarop keer die nuuskierige leerlinge weer terug na die tafel.

[4] Maar dit duur nie lank nie, of daar bring verskeie kooplui met baie woedende gesigte drie berugte diewe wat stewig met toue vasgebind is, wat in die gedrang geld en ook ander dinge by die kooplui gesteel het, die gastekamer van die herbergier binne, om hulle aan te kla. Die herbergier was in hierdie stad naamlik `n soort burgemeester en markregter; hy moes die diewe verhoor en hulle daarna oordra aan die hoofregbank, wat hulle `n straf moes oplê.

[5] Vir die herbergier was die voorval egter onaangenaam vanweë die feit dat Ek daar was. Maar wat kon hy doen? Hy moes die kooplui en nog ander getuies aanhoor en die drie reeds alom bekende diewe in versekerde bewaring stel.

[6] Toe die kooplui hulle gesteelde ware weer terugkry, gaan hulle vinnig weer na hulle verkoopkrame.

[7] Maar Ek sê aan die herbergier: “Vriend, noudat daar behalwe Ons tog niemand hier is nie, kan jy die drie diewe uit die afgeslote kamer hierheen bring, dan sal Ek met hulle praat!”

[8] Dit doen die herbergier, en die drie diewe word deur sy knegte na Ons toe gebring.

[9] Toe hulle voor My staan, spreek Ek hulle as volg toe: “Julle is Judeërs uit die streek nie ver van Bethlehem nie. Het julle die wet van God nie geleer nie, waarin staan dat `n mens nie moet steel nie? Wie gee julle die reg om te handel in stryd met God se wette? Spreek eerlik en openlik, as julle nie `n nog swaarder straf wil kry as dit wat julle tog al te wagte staan as gevolg van julle misdaad!”

[10] Op hierdie woorde sê een van die drie diewe: “Heer, wees barmhartig en betoon medelye, dan sal ek U van begin tot einde presies vertel hoe dit alles gebeur het! Kyk, ons is drie broers, en ons ouers besit inderdaad in die omgewing van die stad van Dawid `n huis en `n stuk grond; hulle was saam met ons en ons vier susters, wat wel die mooiste meisies van die hele streek was, baie goeie en vrome mense en ook welgesteld.

[11] Ons vader sterf egter enkele jare voor ons moeder, wat haar steeds baie opgehou het met die priesters, veral die in Jerusalem; en dit wat aan haar met `n vroom gesig gesê word, neem sy aan as God se Woord.

[12] Die vrome godsdienare maak egter maar al te gou gebruik van die blinde liggelowigheid van ons moeder; hulle spieël haar die hemel buitengewoon pragtig voor in die mees bonte kleure; die hel (sheoul) daarenteen so verskriklik afskuwelik as wat `n mens hom in sy boosaardigste fantasie maar kan voorstel. Om te sorg dat ons moeder reeds op hierdie wêreld volkome verseker kon wees van die hemel, raai die ontsettend vrome priesters haar aan om alles te verkoop en die geld aan die tempel te offer; ook ons vier susters moes hulle aan die tempel gee, om daarvoor te sorg dat so hulle maagdelike reinheid en kuisheid bewaar sou bly. Want as een van haar dogters haar vóór die huwelik aan `n man sou gee, sou die sonde die siel van ons moeder vir ewig tot die diepste afgrond van die hel verdoem. As ons moeder egter sou doen wat hy as priester, wat dag in en dag uit met God omgaan en Sy wil ken, haar aanraai, dan sou sy na die afval van haar liggaam, nie net dadelik in die hemelse paradys kom nie, maar sy sou tot nog grotere heiliging van haar siel, ook deur die tempel versorg word in die heilige tehuis vir weduwees, waar op sabbats- en hoogtydae die vroomste weduwees deur God se engele bedien word en geen duiwel hulle siel meer kon nader om dit te verlei nie.

[13] Dit was vir ons moeder dieselfde as wanneer JaHWeH haar dit onder bliksem en donder vanaf die berg Sinai sou verkondig het.

[14] Ons die drie seuns, wat die geslepe bedoeling van die tempeldienare al `n bietjie deursien het, raai ons moeder af om dit te doen; maar dit help niks en binne kort tyd verkoop sy alles, en ons moes haar ook nog help om die swaar geld na die tempel te bring.

[15] Verdrietig vra ons toe aan die owerste in die tempel wat ons, noudat ons tot die bedelstaf gebring was, nou eintlik moes doen. “Wie sal daar vir ons sorg, en waar sal ons `n betrekking en brood vind?”

[16] Toe gee die owerste ons drie silwerstukke en aan elkeen van ons `n pakkie, waarin daar `n paar relikwieë was, en sê: “Van hierdie drie silwerstukke kan julle sewe dae lewe, en die krag van God, wat op wonderbare wyse aanwesig is in die drie heilige pakkies, sal julle help om alles wat julle sal onderneem tot julle geluk te laat slaag. As julle hierdie pakkies besit kan julle ook steel en roof, net nie moor nie, behalwe in geval van nood `n ryk heiden of ook `n Samaritaan; deur God sal julle dit nie as sonde aangereken word nie, omdat julle deur die vrome en God buitengewoon welgevallige daad van julle moeder in Sy oë geregverdig en as engele geheilig is!” Daarop bestryk hy ons met `n staf en sê ons dat ons moes gaan.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205