|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 207
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die mooi oggend aan die meer
207 Soos altyd was Ek die eerste op die been; maar ook die leerlinge word bykans tegelyk met My wakker en gaan saam met My na buite, en wel na die oewer van die meer, waaroor `n verkwikkende oggendbries waai wat die oppervlak van die water `n lieflike beweging gee, terwyl die son al byna bo die horison uitkom. Op die waterspieël van die meer vertoon hom hier en daar hele groepe van allerlei soorte drywende voëls, groter en kleiner, wat hulle goed smakende oggendmaal soek.
[2] Die Romein, wat ook al aanwesig was, sê aan My: “Majesteit en Heer! So `n oggend in so `n pragtige omgewing verkwik en versterk die hart en gemoed van die mens buitengewoon - maar daarby moet ek die aanmerking maak dat die oggend, wat juis die mooiste en aangenaamste tyd van die dag is, steeds die kortste duur; want sodra die liewe son bo die horison gekom het, begin ook die dag met sy steeds toenemende saaie eentonigheid al, en dit duur dan met weinig afwisseling voort tot die aand. O, as daar op aarde tog net `n land sou wees, waar die oggend as te ware ewig sou voortbestaan, dan sou ek daar wil lewe en my voortdurend oor die lewe verheug! Hierdie kortdurende oggende van ons het my gemoed al baie gereeld met `n soort weemoed, in plaas van met vreugde, vervul. O Majesteit en Heer, bestaan daar nêrens op hierdie aarde `n land, waar die oggend tenminste langer duur as hier by ons?”
[3] Ek sê: “Nou het die heiden met sy ewige Aurora tog nog `n bietjie uit jou gespreek! Het jy nie gister die onderrig van RafaEl oor die aarde en haar verskillende verskynsels gehoor en ooreenkomstig die noodsaaklike waarheid opgeneem nie? By die orde wat vir hierdie aarde vasgestel is, kan daar tog onmoontlik `n land met `n ewige oggend bestaan!
[4] Ja, in My ryk in die ander lewe sal daar wel `n ewige oggend wees; maar waaruit dit sal bestaan, sou jy nou nog baie minder kan vat as wat jy RafaEl se uitleg begryp het. Maar as jy op hierdie aarde langer van die oggend wil geniet, gaan dan altyd `n paar uur vroeër na buite, dan sal jy meer as drie uur van die oggend kan geniet!
[5] Bowendien het elke dag op elke oomblik sy aangename en onaangename kante, netsoos die aand en ook die nag; dit kom by die mens maar net daarop aan, met welke oë van sy gemoed hy elke tyd van die dag bekyk.
[6] Kyk, nou kom die son juis op en die heerlikheid van die oggend duur nog voort en sal nog meer as `n uur voortduur, en dus kan jy jou nog verder verheug oor die bekoorlikheid van die oggend! Daarna sal die oggend langsaam in die volle dag oorgaan, en jy sal jou op die dag van die lewe netso verheug as nou op die jonge oggend; laat op hierdie aarde die aloue inrigting dus maar mooi sonder kommentaar voortbestaan, want dit is heel goed en baie doelmatig.
[7] As die mense op hierdie aarde, vanuit hulle vrye wil, ook maar net so goed was soos die aloue inrigting van die aarde, sou daar vir vele reeds hier `n ware, geestelike lewensoggend gewees het, waarna elke mens vóór alles sou moet strewe! - Het jy hierdie baie natuurlike woorde van My goed begryp?”
[8] Die Romein sê: “Ja, hoë Majesteit en Heer, ek dank U vir hierdie les! Nou is ook die dag met sy veelvuldig afwisselende verskynsels vir my vol vreugde.”
|
|
|
|
|