|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 190
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die arts vra na die manna in die woestyn
190 Ons inwoners van Joppe bekyk die oewer van die meer en spreek voortdurend oor My. Hulle bekyk ook die badhuis en verbaas hulle buitengewoon oor die baie groot, baie doelmatig ingerigte ruimte en die reinheid daarvan; hulle bekyk ook die hele groot tuin en roem die eienaar van die bad, die boumeester en die tuinman, wat dit eerste moes gemaak het. Hulle vra ook aan hierdie en ander bediendes van die badhuis hoe lank die pragtige inrigting al bestaan, wie die boumeester daarvan was en waar hy vandaan kom.
[2] Maar die dienare mag dit aan niemand vertel nie, en hulle gee die vraestellers ten antwoord dat hulle dit wel van die eienaar van die bad sou hoor, as dit vir hulle heil nodig sou wees.
[3] Toe die veertigtal in die tuin tot byna teen die aand alles bekyk en hulle erg verwonder het, gaan hulle weer na buite en pleeg oorleg met mekaar waar hulle sou oornag; en toe hulle op die berg verskeie tente en `n groot, oordekte terras wat aan `n tempel moes laat dink, in die oog kry, vra hulle aan `n dienaar, wat hom in hulle omgewing bevind, of hulle in die tente op die berg die nag mag deurbring, aangesien hulle arm mense was.
[4] Maar die dienaar sê: “As dit tyd word vir die nagrus, sal julle dit netsoos elke ander gas mag hê; wees nou egter geduldig totdat die menere, wat al byna die hele dag aangenaam op die berg deurgebring het, huiswaarts keer!”
[5] Daarmee was die geneesdes ook weer tevrede en hulle gaan aan hulle tafels sit, waar daar nog ietwat brood en wyn is, versterk hulle daarmee en spreek opnuut met mekaar, veral oor My.
[6] Wat gebeur daar egter intussen by en onder Ons op die berg, terwyl die armes benede volgens My wil behandel, versorg en genees word?
[7] Ons RafaEl vertel die aanwesiges alles wat daar benede gebeur, en die skranderheid van die dienaar word geprys, netsoos later die van die visser uit Joppe, vanweë sy optrede teenoor die skippers uit Tiberias. Die leerlinge van Johannes sien nou nog meer en duideliker in dat die inwoners van Joppe nie sonder geloof in My deur My van hulle kwale genees was nie.
[8] Toe RafaEl klaar was met sy verhaal en die son al sterk na die horison begin te neig, loop die arts uit Melita nogmaals na RafaEl toe en sê: “Vername vriend, sedert my gees hier deur die woorde van die Heer uit jou mond steeds wakkerder en helderder word, kom alles wat ek ooit gedoen, gesien en in boeke gelees het so lewendig terug in my herinnering, dat ek nou in staat sou wees om alle boeke van Moses, die profete en nog baie ander dinge uit die boeke van die Judeërs woord vir woord vir jou op te sê; en daarby stoot ek nou op iets eienaardigs in die tyd dat die Israeliete in die woestyn verblyf en hulle moes voed met die manna wat, met uitsondering van die Sabbat, daagliks ryklik uit die hemele op die aarde geval het.
[9] Ek het nou nie die minste twyfel daaroor dat die mannareën `n suiwer wonderwerk was nie, en wat ek so eienaardig vind is dan ook nie die onmiskenbare wonder nie, maar die feit dat geen enkele mens op één dag vir homself en syne meer van die manna mog versamel het as presies wat hy volgens die voorskrif vir één dag nodig gehad het nie. Slegs op die sesde dag (Vrydag) mag elkeen ook vir die Sabbat, waarop daar geen manna uit die hemel val nie, die voorgeskrewe voorraad manna vir hulleself versamel; as iemand egter op `n ander dag `n voorraad vir die volgende dag versamel, raak dit bedorwe, vol wurms en begin te stink en was derhalwe nóg vir mense nóg diere eetbaar.
[10] Wel nou, in die merkwaardige verordening van JaHWeH, gegee deur Moses en Aäron, kan ek die eintlike wysheid van die Heer en die rede daarvan nie ontdek nie. Gebeur dit nou inderdaad so, of is dit maar net `n allegoriese, hiërogliefagtige weergawe van `n geheime, diepgeestelike waarheid, wat eers in die mens onthul word as sy gees volledig in sy siel gaan heers het?
[11] As dit egter inderdaad so was, begryp ek werklik nie waarom niemand `n voorraad mag versamel nie, behalwe op Vrydag enkel vir die Sabbat en nie vir `n ander dag nie. En as die manna op die Sabbat nie bedorwe raak, wurms kry en begin te stink nie - waarom gebeur dit met `n voorraad wat vir `n ander dag versamel was wel netsoos dit beskryf is? - Vername vriend, sou jy wat dit aanbetref, ook nie `n goeie liggie in my siel ontsteek nie?”
|
|
|
|
|