Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Wat die Grieke dink van die verdwyning van die akrobate

14 Die Grieke bly egter die hele nag op en het nog hulle vertwyfeling oor die plotselinge verdwyning van die akrobate, en hulle vra Ons af of Ek dit wel ernstig met hulle gemeen het, en of Ek hulle deur God se mag in My miskien maar net na buite gejaag het na `n ander deel van die stad.

[2] Die eerste spreker sê: “Wat my betref is ek van mening dat die magtige Vriend van die een, ware God absoluut nooit iets maar net pro forma sê nie; maar wat Hy eenmaal in verbondenheid met die innerlike, in Hom wonende krag van JaHWeH vas uitspreek, dit ook presies gebeur netsoos Hy dit gesê het. En daarom sal die akrobate hulle nou dan ook al ver in Afrika bevind, waar Hy `n plek vir hulle bestem het!” 

[3] `n Ander sê: “As hulle daar met `n groter snelheid as van die bliksem deur die lug heen geslinger is - wat tog wel die mees waarskynlike is - dan sal dit hulle op so `n tog seker nie so goed vergaan het nie!”

[4] Die eerste Griek sê: “Daaroor maak ek my nie besorg nie; want in Sy magwoord het Hy niks laat blyk van `n beskadiging van die akrobate nie; en daarom dink ek dat hulle hulle wonderbaarlike tog ongedeerd gemaak het. Hoe dit hulle egter op die nuwe en totaal onbekende plek verder sal verloop, is natuurlik `n heel ander saak. Maar wie weet waarom Hy dit so laat gebeur het? Miskien is daar met ons armsalige kunstenaars ook nog `n goeie doel te bereik?”

[5] Hierdie mening was die ander Grieke weldra ook toegedaan, en terwyl hulle so praat sluimer hulle teen die môre aan hulle tafel in.

[6] Ekself slaap hierdie keer met die leerlinge in `n egte slaapvertrek totdat die son heeltemal opgegaan het; want vanweë die vele markliede wou Ek nie te vroeg met die leerlinge in die openbaar verskyn nie, omdat hulle My dan sou herken het - en dit sou in die stad onder die mense `n opsien gebaar het, wat My voortydig bekend sou maak. En so bly Ek dan ook tot byna teen die middag in die herberg.

[7] Toe Ek met die leerlinge weer die groot gastekamer binnekom, was ons Grieke ook al wakker en sit al welgemoed aan die oggendmaal wat vir hulle berei is en begroet My allervriendelik.

[8] Daar word nou ook vir Ons `n oggendmaal berei, en Ons gaan dan ook dadelik aan tafel om dit te nuttig.

[9] Toe die Grieke hulle oggendmaal beëindig het, vra hulle My dadelik na die waarskynlik baie treurige lot van die god-weet-waarheen geslingerde akrobate, en Ek vertel hulle ook hoe dit met hulle gaan en verder sou gaan, en wat hulle verder sou doen.

[10] Daarmee was die Grieke tevrede, vra My nog `n keer om die seën van JaHWeH en begeef hulle vinnig na die mark om sake te doen.

[11] Maar Ek sê aan hulle dat hulle My nie vóór die middag teenoor hulle mede-kooplui moes bekendmaak nie - wat hulle My ook belowe; en vir sover moontlik hou hulle hulle belofte ook.

[12] Toe Ons Grieke weg was, vra die leerlinge My: “Heer, tot die middag het ons nog `n paar uur! Moet ons dit heeltemal werkeloos deurbring of is daar nog iets vir ons om te doen?”

[13] Ek sê: “Ons is nou al byna twee en `n half jaar saam, en julle het weinig anders te doen gehad as om My oral te begelei, na My te luister en vol verbasing na My dade te kyk, en daarby het julle nooit honger of dors gely nie en het nooit naak rondgeloop nie. As julle dit al solank uitgehou het, sonder om iets besonders te doen, dan sal julle dit waarskynlik ook vandag tot die middag wel uithou sonder om iets besonders te doen!

[14] As Ek nie meer liggaamlik by julle sal wees en My amp aan julle sal oordra nie, sal julle nog genoeg te doen hê; nou is dit julle werk om oral My getuies te wees. Dit sal egter nie so lank duur voor Ons ook hier in huis iets te doene kry nie, en dan sal die tyd vir julle maar al te vinnig verloop!”

[15] Met dié antwoord was die leerlinge weer tevrede, bly rustig aan tafel sit en praat met die leerlinge van Johannes (die doper).

[16] My leerling Johannes neem sy skryfmateriaal uit die reistas wat hy steeds by hom gedra het en maak baie kort aantekeninge oor Ons reis en Ons dade van Jerigo na Essea en vandaar weer na Jerigo.

[17] Self spreek Ek met die herbergier, met sy seun Kado en met sy ou dienaar Apollon oor verskeie, meer wêreldse dinge wat van nut was in landboukundige aangeleenthede, waarvoor die drietal My baie bedank, omdat hulle dergelike middele om die landbou te bevorder tevore gladnie geken het nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205