Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 120

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die menings van die tempeldienare oor die drie aartsengele

120 Kisjona vra die dienaar wat die tempeldienare, wat gister laat aangekom het, doen. 

[2] Die dienaar antwoord: “Hulle wag al in die saal op jou en op die Majesteit en Heer, na wie se verblyfplek hulle by jou van naderby wil navraag doen, en ook by die Majesteit en Heer Self, wat hulle nie ken nie; hulle het ook al inligting by ons gevra, maar het geen antwoord gekry nie, en toe het hulle ons verder niks meer gevra nie.” 

[3] Kisjona prys die dienaar daarvoor, en Ons begeef Ons na die oggendmaal en ook die drie geeste saam met Ons.

[4] Toe Ons die saal binnekom, kom die tempeldienare Ons dadelik tegemoet, begroet My en Kisjona en wil onmiddellik na die verblyfplek van die Nasarener begin navraag doen.

[5] Maar Kisjona sê: “Nou is dit tyd vir die oggendmaal; daarna sal ons daaroor spreek! Maar as julle nie al te blind en doof is nie, sal julle goed uit ons woorde kan opmaak waar die groot Majesteit en Heer Hom bevind!”

[6] Daarmee neem die tempeldienare genoeë, en Ons gaan in goeie orde aan tafel sit, en nou so, dat GabriEl-Jared naas Maria, MigaEl-Johannes te midde van sy leerlinge en RafaEl-Henog midde tussen die vier Indo-Judeërs kom sit. Ons begin te eet en ook te drink, en weer val dit die vreemdelinge op dat die drie geeste tien keer soveel eet as `n ander gas aan tafel; dit val die tempeldienare egter die meeste op, wat Ons heel oplettend vanaf hulle tafel gadeslaan, dat die drie skynbare jongmanne soveel van die visse kan eet. 

[7] Eén van hulle kan dit nie nalaat om na Ons tafel te kom nie en aan Kisjona te vra watse jongmanne dit was, wat soveel en met so `n groot snelheid kan eet. 

[8] Kisjona sê: “Gaan vra hulle dit maar self! Vir my gee hulle groot eetlus maar net besonder baie plesier; want vir my is dit `n bewys dat die visse goed berei is en dat my wyn ook suiwer en goed is, netsoos my huisbrood. Maar soos ek sê: Vra die beste jongmanne maar self meer!”  

[9] Toe gaan die skrifgeleerde na RafaEl toe en vra hom uit welke land hy kom, en of alle mense in sy geboorteland sulke flink eters was.

[10] RafaEl sê: “Ons eet val julle wel op - waarom het ons koms julle dan nie opgeval nie?”

[11] Die skrifgeleerde sê: “Hoe moes dit ons opval? Want julle het tog netsoos die ander die saal binnegekom?”

[12] RafaEl sê: “Toe ons aangekom het, was julle op die dakterras en het julle jul blik op die meer gerig, toe `n baie helder bliksem uit die hemele na die aarde skiet, tussen die mense wat langs die oewer staan, en julle dag: “O, dit moet wel groot sondaars in God se oë wees, omdat God selfs `n bliksem uit die mees helder hemel in `n ongebruiklike tyd van die jaar tussen hulle laat inskiet!” Kyk, met die eerste bliksem, waaroor julle jul geweldig verbaas het en wat julle enorm tot nadenke gestem het, kom die jong man aan, wat nou heel minsaam daarnaas `n baie waardige vrou sit. Baie gou skiet daar toe `n tweede bliksem uit die hemel tussen die skare vermeende groot sondaars in, beskadig opnuut vir niemand nie, en julle sê: “God vermaan die sondaars! “En kyk, met die tweede bliksem kom die jong man aan, wat daar tussen die sewe manne sit, wat nog nie so lank gelede sy leerlinge was nie. En met die derde bliksem het ek aangekom.

[13] Ons natuur is dus suiwer vuur uit die hemele; vuur verteer egter meer as `n mens - en dus kan dit julle nie te veel verbaas dat ons, drie gaste uit die hemele, meer kan eet as `n swak mens van hierdie wêreld nie.”

[14] Toe die skrifgeleerde dit uit die mond van RafaEl gehoor het, wis hy nie wat hy daarop moes antwoord nie; want hy dink dat die jong man hom vir die gek wil hou; want hy kan nie glo wat RafaEl hom gesê het nie. Hy kyk toe egter noukeuriger na die drie, gaan weer na syne en vertel hulle wat hy van een van die drie jongmanne gehoor het.

[15] Eén van hulle sê: “Ons sal afwag tot die vriendelike geselskap van Kisjona die oggendmaal beëindig het; daarna sal ons hulle ernstig na die verblyfplek van die beroemde Nasarener vra. As hulle ons dit wil meedeel, sal ons onmiddellik daarheen reis waar Hy te vinde sal wees, en dan sal ons hierdie halwe Romeine, vir wie ons `n doring in die vlees geword het, die rug toekeer!”

[16] Maar `n ander sê: “Julle is weliswaar geleerder in die Skrif as een van ons - maar ek glo dat ek met my skerp blik meer ontdek het as julle. Ek het die idee dat die beroemde Nasarener Hom in dié geselskap bevind!

[17] En een van die drie jongmanne vertoon `n groot gelykenis met die prediker in die woestyn, wat, volgens wat die mense sê, ongeveer twee jaar gelede in die gevangenis van Herodus onthoof is, wat ons natuurlik nie so presies volgens tyd en feit kan weet nie, omdat ons onsself destyds in Damaskus bevind het; maar voordat ons na die stad gegaan het, het ek hom in die klein woestyn by die Jordaan gesien, waar hy onderrig het en diegene wat hulle tot hom bekeer het, gedoop het met die water van die rivier en diegene wat deur hom gedoop was, `n nuwe naam gegee het.

[18] Hy het toe natuurlik ouer gelyk en was baie maer; maar hy kon ook nie onthoof gewees het nie - netsoos die gerug gaan - en Herodus sou, om die wil van Herodias te doen, `n enigsins op die doper lykende slaaf laat onthoof en hom vrygelaat het, met die opdrag om saam met sy leerlinge in vreemde kleding na die heidene te gaan. Daar sou hy sy streng lewe wel opgegee het, sou hom beter gevoed het en hy lyk nou heel jeugdig.

[19] Maar as hy daar is, sal die Nasarener nie ver van hom weg wees nie; want hy predik immers aan één stuk deur oor die volledige koms van die Messias. Met sy egte heidense eetlus kan hy nou wel `n paar jaar jonger lyk as wat hy daar in die woestyn gelyk het, toe hy niks anders as sprinkane met wilde heuning geëet het nie.”

[20] Die skrifgeleerde sê aan die spreker: “Hierdie opmerking van jou is egter baie opmerklik; maar wat dink jy dan van die drie bliksems, wat ons almal vanaf die dakterras vanuit die hemel sien skiet het, presies in daardie geselskap wat hulle toe langs die oewer bevind het en hulle nou, presies drie jongmanne ryker, aan die oggendmaal te goed doen? Ons het niemand by die geselskap sien kom nie - behalwe op die laaste één enkele huisbediende, wat die geselskap tot die oggendmaal geroep het; ook gister het ons geeneen van hierdie drie jongmanne gesien nie. Waarvandaan het hulle by die geselskap gekom?”

[21] Die spreker sê: “Hulle kan tog vanmôre vroeg al by hulle aangekom het!”

[22] Die skrifgeleerde sê: “As dit die geval sou gewees het, sou ons dienare, wat op wag gestaan het, dit sekerlik gemeld het, omdat hulle volgens ons instruksies skerp moes oplet wie daar kom, en van welke kant, en wie daar die huis uitgaan, met wie, en in welke rigting. Maar ons dienare kon ons nie vertel dat daar iemand vroeg in die oggend aangekom het nie. Hulle het ook veral geeneen van die drie jongmanne vanmôre vroeg uit die huis sien kom en met die geselskap na die oewer van die meer sien gaan nie; wel sien hulle byna `n uur later die vrou met `n man en, netsoos alreeds opgemerk, as laaste die huisbediende na die geselskap gaan. En dit is dus wel die vraag, waar hierdie drie jongmanne vandaan gekom het!”

[23] Die spreker, wat in die drie jongmanne natuurlike mense wil sien, sê: “Is dit dan nie moontlik dat die drie jongmanne miskien al die nag aan die oewer deurgebring het en in die môre deur die geselskap daar aangetref en opgeneem is nie?”

[24] Daarop sê die skrifgeleerde weer: “Dan sou ons dienare ook iets gemerk en aan ons melding daarvan gemaak het; want netsoos julle weet, het drie van ons dienare ook die oewer bewaak, totdat die geselskap vroeg in die oggend uit die huis na die oewer begin te gaan het, waar ons dienare hulle nog ontmoet het, wat ons vanaf die dakterras met ons eie oë gesien het. Ons kan nou dus maar dink en praat wat ons wil, die drie jongmanne wat soveel kan eet, is in elke geval `n buitengewoon en reëlreg wonderbaarlike verskynsel! Want ek is sekerlik geen mens wat ligvaardig aan wonders glo nie; maar die drie, wat nou in daardie, vir ons enigsins raaiselagtige geselskap, aanwesig is, blyk my onmiskenbaar `n wonderwerk te wees. Wie en wat daar in hulle skuil is natuurlik `n heel ander saak. Na die maaltyd sal ons wel daaragter kom!” 

[25] Met hierdie woorde van die skrifgeleerde was die ander dit ook eens en hulle wag met groot verlange op die einde van Ons oggendmaal, wat dan ook weldra kom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205