Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 157

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die onderrig van die Heer oor die een, enig ware God 

157 Terwyl die twee Grieke hulle nog met dergelike gedagtes besig hou, onderbreek Ek hulle en sê die volgende aan hulle: “My vriende, julle het nou na die woorde van My leerling Johannes, baie wonderlike gedagtes in julleself laat opkom! As dit sou wees netsoos julle dink, sou julle uiteindelik gelyk hê; maar met die saak van die een, enig ware God is dit baie anders gestel as wat julle gedink het, en daarom het julle baie verkeerd geoordeel hieroor.

[2] Julle wil lig en volledige duidelikheid oor die God van die Judeërs hê, en dit is `n heel billike verlange van julle. Maar julle het tog die boeke van Moses gelees, waar met groot sekerheid en baie lig oor die een, enig ware God geskryf staan wie die een, enig ware God is, in Wie die mense net moet glo en naas Wie hulle geen vreemde gode moet hê nie. 

[3] Hierdie een en enig ware God het Homself en die feit dat Hy bestaan geopenbaar deur Moses op die berg Sinai, en nie alleen onder groot, sigbare tekens, wat vir alle aanwesige Israeliete te sien was nie, maar Hy het hulle ook buitengewoon wyse gebooie en voorskrifte gegee waarmee hulle `n heel gelukkige volk kon gewees het, as hulle dit noukeurig in ag geneem het; want daarmee sou hulle God nie net volledig sigbaar voor hulle gehad het nie, met Wie hulle as egte kinders tot hulle Vader oor al hulle vrae en node vry uit en openlik kon en mag gespreek het. Maar Hy het ook steeds die weg na die ewige lewe van die siel helder vir hulle verlig en die groot wêreld aan die anderkant, met die salige bewoners daarvan, aanskoulik oop gehou, wat duisende mense selfs in hierdie baie verduisterde tyd nog kan getuig en waar baie ou profete en sieners oor gespreek en geskryf het.

[4] As dit nou so is en nie anders nie, waarom het hulle dan onder sulke gelukkige lewensomstandighede, wat hulle gereeld bevestig kry deur talryke onmiskenbare onbedrieglike, eie ervarings, nie in die geloof en in die beste en mees lewende orde gebly deur God as hulle beste Vader bo alles lief te hê nie?

[5] Kyk, dit gebeur deur die eieliefde en liefde vir die wêreld wat by baie mense steeds meer die oorhand kry en wat hulle ten slotte nooit meer volledig die rug toegekeer het nie, ondanks alle vermanings en ook dikwels voorkomende strenge tugtigings nie.

[6] Sodoende sak hulle dan ook weg in die ou oordeel van die materie van die wêreld en haar geile vlees, verloor soseer die aloue, innerlike lewenslig van hulle siele, dat hulle hulle siele nou nie meer van hulle vlees kan onderskei, nie meer weet wat `n siel is nie en wat vir hulle dus ook heeltemal nie duidelik is dat hulle `n siel het, wat ewig sal lewe nie. 

[7] Maar as `n mens homself in sy mees edele lewensdeel so seer kwytgeraak het dat hy, hoewel hy nog leef en bestaan, nie meer in staat is om waar te neem dat hy bestaan nie, hoe sou hy die wese van God dan moet herken en lewend daarin glo, as hyself deur `n oormatige liefde vir die wêreld nagenoeg volkome dood geword het in sy lewensdeel, wat lewend moes gewees het? 

[8] Byna talloos vele mense gaan dit nou nog `n duisend keer erger as wat dit met julle gegaan het, voordat julle die ou verlore waarheid begin te soek het, en wat julle gedeeltelik vergeet het; waarlik, as Ek nie in hierdie wêreld gekom het om die mense opnuut die weg na die ewige lewe van die siel te toon nie, dan sou geen mens hierdie weg meer ontdek het en hier en aan die anderkant salig geword het nie!

[9] Daarom is Ekself die Weg, die Waarheid en die ewige Lewe; wie in My glo en volgens My woorde leef en handel, sal sy siel red van die ewige dood en die oordeel van die wêreld en haar materie.

[10] Die wil van die een, enig ware en ewig vanuit Sy eie mag lewende God en Vader van die mense kan julle uit die boeke van Moses en die profete leer ken. As julle noukeurig volgens die - sê - slegs tien gebooie lewe, sal God se Gees julle deurdring en julle self verlig. In daardie lig sal julle dan die een en enig ware God nie net volkome ken en Hom dan ook bo alles liefhê nie, maar dan sal Hy Homself ook aan julle openbaar en julle tot alle wysheid en die mag daarvan verhef.

[11] Dan sal julle nie dink dat elke mens uiteindelik volgens My leer sy eie god sou moes gehad het nie, as hy één vir homself sou moes voorstel, in wie hy sonder twyfel sou moes glo en wat hy ook bo alles sou moes liefgehad het as hy die ewige lewe van die siel wou bereik, maar dan sal julle in julleself die ligte bewussyn kry dat die God, wat Hom aan julle geopenbaar het, Een en onveranderlik Dieselfde is wat Hom nog in alle tye steeds baie getrou aan al die mense geopenbaar het, wat volkome volgens Sy wil geleef en gehandel het. 

[12] As julle My nou beter begryp het as aanvanklik, handel dan daarvolgens; en eers wanneer dit lig en helder in julle word, sal julle volkome insien wat julle hier by My gevind het, wat julle twintig jaar lank met nog enkele ander van julle metgeselle tevergeefs gesoek en nou eers hier gevind het.”  


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205