Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die meisie herken die Heer

107 Toe die meisie vol ontsag voor My staan, vra Ek haar vriendelik: “Wel nou, My liewe dogter, vertel My eers wie van Ons aan hierdie tafel die meeste lyk soos die Een wat jy in jou droom van drie dae gelede gesien het as die groot Koning van alle Judeërs en as Heer van hemel en aarde!”

[2] Die meisie sê: “O Heer, U stel my, arme kind, nou wel swaar op die proef!”

[3] Ek sê: “Waarom noem jy dit `n swaar proef, My dogtertjie?”

[4] Die dogtertjie sê: “O Heer, as iemand anders my dit gevra het, sou ek hom maklik kon antwoord gee; maar omdat juis U dit van my vra, wat Self die Een is wat ek in my droom gesien het as die groot en bo alles magtige Koning van nie alleen die Judeërs nie, maar van alle mense, vind ek dit moeilik om dit te sê!”

[5] Maar omdat ek nou moet spreek in aanwesigheid van U, wat die almagtige Heer en Heerser van ewigheid tot ewigheid oor alle hemele en wêrelde is, sê ek nou dan ook openlik: U, o Heer, is dit Self! U het ek gesien in die straal van die son! Tallose skares van die saligste engele het U omring en U allerheerlikste Naam geprys.

[6] En ek vra aan `n wyse, wat naby my staan, hoe U Naam lui.

[7] En die wyse sê: “Sedert die ewige oerbegin het nog geen engel die Naam van die Allerhoogste kon uitspreek nie; want Sy Naam is so oneindig groot soos die oneindige ruimte van Sy skeppings, waarvan die aarde wat jy bewoon, nouliks so groot is as die nietigste stoffie ten opsigte van die hele groot aarde self. Maar die ewige God, Skepper en Vader het uit oorgrote liefde vir julle, Sy kinders, Self in julle vlees gekom, sodat julle Hom heeltemal kan nader, en daarmee het Hy Homself ook `n Naam gegee wat elke mens van hierdie aarde en ook elke engel kan voel en uitspreek; - en die mees heilige (allerheiligste) naam lui: Vader, Liefde, Waarheid en Lewe; maar as Menseseun heet Hy Jesus!” 

[8] Daarna sien ek sonne en aardes sonder tal in groot rye teen U verby sweef, en almal van hulle was vol van die pragtigste wesens netsoos ons en ook ander wonderbaarlike dinge, en waarheen U U blik ook maar gewend het in die dieptes van die eindelose ruimte, sien ek meteens weer nuwe, groot en pragtige skeppings tot stand kom! O Heer, o Liefde, o Vader, o my koning Jesus! Hoe eindeloos groot, magtig en bo alles gewyd en heerlik is U in Uself van ewigheid tot ewigheid! Ewig is niemand aan U gelyk nie! O, vergeef my die swakheid van my tong, wat nie in staat is om U lof en U eer waardiger uit te spreek nie!”

[9] Hierop sink die meisie op haar knieë en loof en prys My stil in haar hart, terwyl sy van louter liefde huil.

[10] Toe haar vader, haar oom en ook haar moeder dit hoor, val ook hulle op hulle knieë en begin My luid te aanbid. 

[11] Maar Ek sê: “Staan op, My liewe kinders; want die Vader wil Hom nie, netsoos by die heidene, as `n afgod laat aanbid nie, maar enkel en alleen waaragtig bemin word! Want vanweë julle liefde vir Hom het Hy Hom ook hier deur julle laat vind! Ek is die Een wat julle soek. Maar staan nou op en wees vrolik en opgewek! Kom nou aan hierdie tafel sit en laaf julle met die wyn waarmee Ek julle bekers sal vul! Jy, dogtertjie van die lieflikste soort, kom saam met jou moeder aan My regterhand sit en julle, beide manne, kom aan My linkerhand sit! Ons het `n uur tot middernag, en Ons sal nog oor baie belangrike dinge met mekaar spreek.”

[12] Toe Ek uitgepraat was, staan die vier vol diepe ontsag op van die grond af en sê: “O, ondeurgrondelike groot Liefde, o Heer, Koning en Vader Jesus, laat ons weer aan die klein tafeltjie plaasneem waar ons vroeër gesit het; want ons voel ons te onwaardig om nou in U volle nabyheid te wees!”

[13] Ek sê: “By wat Ek eenmaal gesê het, moet dit ook bly! Is Ek in die gees dalk nie oral teenwoordig nie? Waar wil julle jul verberg, sodat die lig van My oë julle nie sal vind nie? Wees dus opgewek en vrolik, omdat Ek My deur julle laat vind het! Want nou is ook Ek, netsoos julle, `n mens van vlees en bloed op hierdie aarde en is as `n vriend en broer in julle midde.”

[14] Op My aandrang kom die vier uiteindelik tog by My sit; die meisie wend haar oë nie van My af nie en begin van louter liefde vir My byna heeltemal te straal, wat selfs My leerlinge opval.

[15] Ek sê aan die herbergier: “Bring vier skoon en volkome leë bekers; want Ek wil hierdie vier vriende van My `n egte versterking met My wyn gee! Want hulle het terwille van My vele dae alle ongemakke wat arme mense op so `n lang reis te verduur het, met alle geduld en daarby tog met ware heldemoed verdra, en daarom sal hulle hier skadeloos gestel en beloon word!”

[16] Hierop gaan die herbergier vier skoon, leë bekers haal en sit hulle voor die vier arme gaste.

[17] Toe die bekers voor hulle staan, sê Ek, terwyl Ek die meisie aankyk: “Jy, My allerliefste dogtertjie, het in jou droom gesien hoe in die eindelose ruimte nuwe skeppings ontstaan, oral waar die lig uit My oë kom, - en kyk nou, Ek sal die lig uit My oë in julle bekers, wat tot nou toe leeg was, laat deurdring, dan sal hulle daarna ook dadelik met die suiwerste wyn uit die hemele gevul word! Drink die wyn dan uit liefde vir My, dan sal julle daardeur die krag en die sterkte verkry, wat julle die regte moed sal gee om met My te praat, - en wat Ek vir julle sal sê, sal julle maklik verdra en onthou, en dan sal julle ook in staat wees om My Naam in julle land aan julle broers te verkondig.” 

[18] Hierop kyk Ek na die leë bekers, en hulle word op dieselfde oomblik gevul met die beste en suiwerste wyn, waaroor die vier hulle uitermate verbaas.

[19] Toe die vier bekers, wat nou met die beste wyn gevul was, voor die viertal staan, sê Ek aan hulle: “Wees nie bevrees of skroom julle nie, en drink die nuwe, nou vir julle geskape wyn! Want netsoos My Woord en wil die hele mens opwek en tot lewe bring, so doen hierdie wyn, wat gelyk is aan My Woord en wil, dit ook; hy sal julle opwek en die ewige lewe van julle siele gee! Drink derhalwe!”

[20] Toe Ek hulle so toegespreek het, neem die vier vol eerbied hulle bekers in die hand en drink die wyn tot die laaste druppel op, omdat hy maar al te goed smaak vir hulle. Toe die wyn in hulle liggaam kom, verdwyn die oordrewe eerbied vir My en verander in liefde, en die gee hulle eers die regte moed om netso openhartig en vertroulik met My te praat soos wat kinders met hulle ouers doen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205