|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 168
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die wens van die Romein
168 Daarop sê die Romein, wie se gemoed al baie beter gestem was: “O Majesteit en Heer van alle lewe en bestaan, by iemand wat hom in U ewige helderheid van bestaan en lewe bevind en die groot wêreld aan die anderkant met dieselfde alles deurdringende mag van lig aanskou soos U, sal die aanblik van so `n mooi omgewing sekerlik nie die minste weemoed in sy gemoed te voorskyn roep nie; maar vir ons menslike kortsigtigheid, veral op die gebied van die innerlike gees- en sielslewe, kan so `n weemoedigheid nie al te kwalik geneem word nie. Want waar sou `n mens, wat in volslae lewensduisternis gebore en daarna opgevoed word, denkbeelde en sienswyse oor die ware, innerlike wese van die lewe van die siel vandaan moet gaan haal, aangesien hy immers al vanaf sy vroegste kinderjare met niks anders nie as net die materie en die veelsoortige vorm daarvan te make gehad het nie?
[2] Nou sal dit by my seker gou anders word, deur U barmhartigheid, hulp en groot erbarming; maar tot nou toe was my liggaam en siel nog so volkome één, dat dit my, netsoos vele duisende ander, volslae onmoontlik toeskyn dat daar sonder liggaam `n op haarself bestaande siel kan bestaan. Want die siel, wat in my dink, het ek vir my voorgestel as `n voortbrengsel van die aktiwiteit van die hart, die longe en die ander inwendige organe; want as die aktiwiteit ten einde is, is daar ook `n einde aan die voel, hoor, sien, ruik, proe, waarneem, dink, oordeel en handel.
[3] Bowendien het ek self nog nooit in die minste iets waargeneem, wat ook maar in die verte gelyk het op die voortbestaan van `n siel na die dood van die liggaam nie, hoewel ander mense my baie daaroor vertel het. Want as ek my - omdat ek ook `n mens is - nie self van iets kon oortuig het nie, was dit by my met die suiwer glo sleg gestel, en dit kan my dan egter ook nie kwalik geneem word dat die gedagte aan `n nabye dood, veral by die aanblik van `n pragtig landskap soos dié, steeds `n weemoedige gevoel in my gemoed opwek nie.
[4] As ek ooit een van my vele, reeds lank gestorwe vriende en bekendes kon gesien en gespreek het, sou ek by die aanblik van so `n pragtige landskap, ook nie deur weemoed oorval wees op die wyse soos wat dit al `n lang tyd die geval by my was nie. My longsiekte, wat deur geen enkele aardse arts meer te genees was nie, en my hoë leeftyd, wat tog geen uitsig op `n lang lewe meer bied nie, het wesenlik daartoe bygedra en het my tot `n reëlregte vyand van die lewe, die skoonhede van die natuur en die jong, opgewekte jeug gemaak.
[5] Nou, in U sigbare teenwoordigheid, o Majesteit en Heer, gaan dit natuurlik heel anders; want nou weet ek uit U goddelike mond hoe dit met die mens na die dood van sy liggaam gestel is, en dit het my vrees en angs vir die dood, wat my al so lank gekwel het, byna heeltemal weggeneem, waarvoor ek U uit die diepste van my hart dank.
[6] As ek bowendien nog iemand van my gestorwe vriende sou kan sien en spreek - wat U, o Majesteit en Heer van die sintuiglike en van die geesteswêreld, sekerlik sou kan bewerkstellig - dan sou my gemoed nog meer in orde wees. Dat U dit maklik sou kan, daaraan twyfel ek nie in die minste nie; maar of dit volgens U wysheid en orde ook toelaatbaar is, dit kan U alleen weet en ook die mens vir wie U dit gesê het. As dit uiteindelik toelaatbaar is, wil ek dit vir U vra.”
[7] Ek sê: “Vriend, dit is moontlik en ook toelaatbaar vir mense wat al daarvoor ryp geword het; want aan mense wat al in hulle eie gees sterk geword het, kan die nog baie onsuiwer siele geen skade toebring nie, as hulle hulleself in hierdie wêreld moet vertoon - maar wel aan diegene wat nog in hulle gees onryp is.
[8] Al jou, van die sintuiglike wêreld, verskeie vriende en bekendes sou geen aangename verskyning vir jou wees nie, as Ek hulle almal aan jou sou toon nie; daarom wil Ek jou slegs met `n paar ietwat beter bekend maak; dan kan jy self met hulle oor hulle toestand aan die anderkant spreek.
[9] As jy dit nog ernstig wil, wil Ek jou vir `n kort tyd daartoe in staat stel; dan sal jy jou beste vriende nie net kan sien en spreek nie, maar ook kan sien hoe die wêreld waarin hulle woon en handel daar uitsien en ingerig is.”
[10] Die Romein sê: “O Majesteit en Heer, bewys my die barmhartigheid!”
[11] Ek sê: “Wel, dit is so en dit geskied!”
|
|
|
|
|