|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 195
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die vissers uit Joppe word deur die Heer uitgenooi vir die maaltyd
195 Nou kom daar ook `n dienaar van Markus, en wel dieselfde wat Ons in die middag die uitnodiging vir die middagmaal oorgedra het. Ek prys hom vanweë die goeie en verstandige behandeling van die arme, siek inwoners van Joppe. Hy bedank My vir die prysende woorde, en Ons gaan op pad na benede.
[2] Ons bereik ook weldra die huis en gaan dadelik na die gastekamer; want uit die weste het daar `n taamlike harde wind begin te waai, wat ook vir die mense uit Joppe te erg was; want hulle hou hulle buite op, aan die oewer van die meer, en maak kennis met die skippers van Ons Kisjona, spreek baie met hulle oor My en kry ook aanwysings van hulle dat Ek nog hier verblyf en dat hulle My hoogs waarskynlik te siene sou kry.
[3] Toe hulle sien dat die sogenaamde menere van die berg na huis gekom het, loop die bekende visser, wat van Ciprus af kom, dadelik na die huis en vra aan `n dienaar of hulle ook die huis mag binnekom; want die wind buite by die meer word steeds hewiger, koeler en onaangenamer.
[4] Die dienaar sê: “Gaan maar na binne en praat met die Heer Self; Hy sal jou wel die regte antwoord gee.”
[5] Die visser sê: “Vriend, deur hierdie oop deur sien ek dat daar vele aan die groot eettafel sit! Wie van hulle is dit dan?”
[6] Die dienaar sê: “Gaan maar na binne en vra self na die Heer, dan sal jy dadelik te wete kom wie van die vele mense die Heer is!”
[7] Hierop kom die visser `n bietjie bang na Ons toe in die eetkamer, maak `n diep buiging voor Ons en sê toe met vasberade stem: “Hoogwaardige vriende en menere van die dorp, ek sou graag met die hoogste gebieder van die dorp oor `n bepaalde aangeleentheid `n paar woorde wil wissel! Wil julle so goed wees om my, arme inwoner van Joppe, aan te wys tot wie van julle ek my moet wend?”
[8] Daarop sê Ons Markus heel vriendelik: “Ja, my vriend, die tydelike besitter en versorger van die dorp is weliswaar ek; maar die eintlike en enig ware Majesteit en Heer oor alles is die Man wat hier regs van my sit! Alles wat julle hier wil bereik, hang van Hom af.”
[9] Na hierdie woorde van Markus loop die visser met diepe ontsag na My toe, maak nogmaals `n diep buiging en wil in heel elegante bewoordings met My begin te praat.
[10] Maar Ek sê aan hom: “Ek weet al wat julle vir My wil sê en voorlê. Kyk, daar in die ander hoek van hierdie ruim eetkamer staan nog `n groot tafel, en die is reeds voorsien van wyn, brood en ander spyse! Gaan na buite, bring jou metgeselle almal hier na binne en gaan aan tafel en versterk julle met spys en drank! Daarna sal dit wel blyk wat daar vannag nog verder te doen sal wees. Gaan doen nou wat Ek jou aangeraai het!”
[11] Hierop maak die visser, vervul van dankbaarheid, weer `n diep buiging en haas hom na sy metgeselle, wat al met groot verlange op sy terugkeer wag.
[12] Toe hy hulle meedeel wat Ek aan hom gesê het, ontstaan daar `n groot gejuig onder hulle; hulle verlaat dadelik die oewer en begeef hulle vol dankbaarheid na die kamer, maak by hulle binnekoms diep buigings voor Ons, gaan sit toe dadelik aan die tafel wat vir hulle gedek was, en begin na die sing van `n Psalm egter flink te eet en te drink, en word weldra baie opgewek en vrolik.
[13] Ook aan Ons tafel word elkeen lewendiger, en dit ontbreek nie aan allerlei verhale oor My dade en onderrig nie, waarna die mense uit Joppe steeds aandagtiger luister en sodoende onder mekaar steeds minder woorde wissel.
[14] Uit die woorde van My leerlinge merk die mense uit Joppe baie gou dat Ek een van hulle sou kon gewees het.
[15] Die visser wend hom tot `n dienaar en sê: “Vriend, wees so goed om vir ons te sê wie daar aan die tafel van die menere die groot heilige Heer uit Nasaret is, wat hier vas en seker aanwesig is, en oor wie in Joppe twee van Sy uitgestuurde leerlinge ons verkondig het dat die volheid van die Gees van God liggaamlik in Hom woon en dat alles daarom aan Sy wil gehoorsaam is! Hulle vertel dat wie in Hom glo en volgens Sy leer leef en handel, van Hom die ewige lewe sal ontvang en in die hemelryk opgeneem sal word!”
[16] Die dienaar sê: “Waarom vra jy dit aan my? Kyk, ons het van ons meester van die huis almal opdrag gekry om die Heilige uit Nasaret aan geen enkele gas bekend te maak nie, en ons moet ons by die opdrag hou. Maar loop maar daarheen en praat met die Een wat julle op jou versoek laat binnekom het; Hy sal jou die waarheid vertel!”
[17] Die visser en verskillende van sy metgeselle sê: “O vriend, ons dank jou vir die woorde wat jy aan ons bestee het! Vir ons is alles nou duidelik; Hy, tot wie ons onsself moet wend om die waarheid te hoor, is die Heilige uit Nasaret Self! Nou begryp ons waarom jou ou meester van die huis Hom as die eintlike en ware Heer oor alles aangedui het. Daarom aan Hom alleen alle eer, alle lof, al ons liefde en aanbidding!”
[18] Die dienaar sê: “Bly dan by wat jou gees jou ingegee het!”
[19] Daarop gaan die dienaar weer verder met sy besigheid, maar die visser sê aan sy metgeselle: “Vriende en broers, aangesien ons nou weet dat Hy die Heilige uit Nasaret is, wat die beheerder van hierdie inrigting my aangedui het as die eintlike, ware Heer oor alles, en wat ons gesê het om binne te kom en aan hierdie tafel genooi het, waar ons onsself nou goed versadig en verkwik het, is alleen Hy ook die Een aan wie ons nou al vir die tweede keer die volkome genesing van ons kwale te danke het!
[20] Aangesien ons die onskatbare geluk het dat Hy hier aanwesig is en ons Hom persoonlik aantref en dat ons Hom nou ook herken, is dit nou hoog tyd dat ons ook mondelings ons dank aan Hom bring, netsoos ons dit baie innig in ons hart voel, en Hom daarna vra of Hy ons ook in die toekoms tot die einde van ons lewe nie met Sy almagtige liefde en barmhartigheid sal verlaat nie; want al ons heil hang van nou af aan alleen van Hom af.”
[21] Met die voorstel van die visser was almal dit volkome eens; hulle staan op van hulle stoele af en maak aanstaltes om voor My te kom staan om My mondelings hulle dank te betuig en My daarna te vra wat die visser aan hulle voorgestel het.
[22] Ek was hulle egter voor, staan van My stoel af op, gaan na hulle toe en sê: “Wees nou gerus, My kinders en vriende, die dank en die vrae in julle harte, is voldoende vir My, en deur julle geloof in My en deur julle liefde vir My en daarmee ook vir julle naaste, sal julle versoek ook vir ewig deur My volledig ingewillig word. Gaan nou maar weer op julle plekke sit en laat julle hart vol vreugde wees!
[23] Vóór middernag sal daar nog die een en ander gebeur as `n dieper onderrig vir julle, en julle moet dit met groot aandag vir julleself en vir vele van julle blinde broers waarheidsgetrou onthou en bewaar; want ook julle kan voortaan verspreiders van My leer word en wees.”
[24] Hierna gaan Ek weer na My plek toe, en die mense uit Joppe bedank My opnuut uit die grond van hulle hart en kan My nie genoeg roem en prys nie, vanweë die feit dat Ekself na hulle tafel gekom en hulle buitengewoon getroos het.
[25] Markus beveel die dienare om nog meer brood en wyn na die tafel van die mense uit Joppe te bring, wat ook onmiddellik gebeur, en hulle neem van tyd tot tyd brood en wyn tot hulle en luister voortdurend met die grootste aandag na alles wat daar aan Ons tafel bespreek word.
[26] Na `n rukkie herken hulle uit die gesprekke van die leerlinge ook vir Maria, wat aan Ons tafel sit, as die moeder van My liggaam en prys haar onder mekaar as die gelukkigste van alle moeders op aarde.
[27] Toe loop Maria na die mense uit Joppe toe en sê aan hulle: “Beste vriende, prys alleen die Heer, en handel volgens Sy wil! Ek is weliswaar volgens Sy ewige raadsbesluit die moeder van Sy liggaam; maar Hy alleen is die Heer van ewigheid, en Hom alleen kom dan ook alle eer, alle lof en alle prysing in ewigheid toe! Ek is maar net Sy diensmaagd en laat Sy wil altyd oor my heers. Wees dus rustig en prys enkel en alleen die Heer!”
[28] Na hierdie woorde van Maria word die mense uit Joppe weer rustig, maar spreek tog onder mekaar daaroor dat hierdie moeder reeds vanaf haar geboorte meer as vroom moes gewees het, omdat sy so `n onuitspreeklike groot barmhartigheid waardig geag was.
|
|
|
|
|