|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 124
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Hoe moeilik dit is om die volk voor te lig
124 Toe die Samaritaan dit van Thomas gehoor het, bedank hy hom vir daardie onderrig en loop weer na die tafel van sy metgeselle, wat intussen geheel en al oog en oor was vir wat ons RafaEl sê en doen, terwyl hulle hulleself maar bly verbaas oor die duistere bygeloof van die mense, waarmee en van waaruit hulle die maan, die son en die orige sterre beskou en hulle dwaasheid ook op ander mense oordra.
[2] En die Samaritaan wat deur Thomas onderrig was, sê: “O my beste vriende! Ons het nog by die ou leer van Moses gebly en het die al te erge dwaashede van die tempel op goeie gronde verag en ons daarom geheel en al daarvan losgemaak; maar in hierdie dinge, wat die jong man nou in maklik verstaanbare bewoordings aan die gaste uitlê, was ons ook tot nou toe nie minder blind gewees as die tempeldienare in Jerusalem nie, en ons kan die Heer dus nie dankbaar genoeg wees dat Hy dit toegelaat het dat ons nog op die regte oomblik hier aangekom het om die werklik hemelse onderrig te kan en mag bywoon nie.
[3] Mense sê dat Moses in die woestyn ook `n eie boek in goed verstaanbare taal geskryf het; maar dit sou reeds tydens die Babiloniese gevangskap verlore gegaan het. En toe later die Grieke en die Romeine die Babiloniese ryk verower en verwoes, sou die gedenkwaardige boeke ook in die hande van die oorwinnaars beland het. En so besit ons ook dus maar net brokstukke van die ou Mosaïse wysheid.
[4] Maar tog het ek verskeie kere met ons rabbi gepraat oor die sterre aan die hemel, en hy het my baie vertel van wat hy hom via mondelinge oorlewerings eie gemaak het. Ek het ook verskillende kere by hom daarop aangedring dat hy ook aan die volk oor dergelike dinge moes spreek. Maar hy was van mening dat die volk nog te veel vasgesit het in die bygeloof, wat hulle vroeër onder die Judeërs hul eie gemaak het, en dat daar kragtiger en magtiger leraars sou moes kom wat die ou bygeloof by die volk sou verdelg. Ons sien nou Iemand wat ook in hierdie dinge `n kragtiger Leraar is, en ons begryp nou ook baie goed wat die stralende hemelliggame in die eindeloos wye skeppingsruimte is en waarvoor hulle geskape is. As ons weer tuiskom, sal ons ons bure ook sonder enige vrees of skroom daaroor gaan vertel, en op die manier moet die ou bygeloof dan te gronde geoordeel word.”
[5] Daarop sê iemand anders: “Broer, jou voorneme is sonder meer goed, en die mense sou `n paradysagtige lewe gehad het, as hulle almal ver van enige bygeloof in alle dinge, die waarheid sou besit; maar niks is moeiliker om uit die gemoed van die mens weg te vee, as sy bygeloof nie, wat hy al sedert sy kinderjare opgesuig het, waardeur sy fantasie met weinig moeite allerlei fantasties klinkende en vermaaklike drogbeelde vorm; ons sal dit met ons bure dus nie so maklik klaarspeel nie. Ons kan ons dus eers ernstig iets voorneem, as ons met die Heer Self daaroor gespreek het. Hy sal ons wel sê wat ons te doen staan. Laat ons voorlopig al ons aandag rig op wat die wonderbaarlike jong man nog sê en doen; want dit is werklik heel besonders, hoe daar op `n wenk van die jong man allerlei ligtende bolletjies in die lug van die saal ontstaan en in alle rigtings draai en beweeg!”
[6] Na hierdie verstandige woorde laat RafaEl gebeur, dat die plastiese beeld van die aarde met die goed herkenbare maan vlakby ons Samaritane kom; en hulle bekyk alles met groot oplettendheid.
[7] Die belangrikste woordvoerder sê: “So - dit is dus die ware gedaante van ons aarde en die kleintjie dié van die maan! Wel nou, die van die maan is makliker te verstaan as die van die aarde; want as die aarde rondom bewoon is - sowel aan die onderkant as aan die bokant - hoe kan die water dan aan die vaste bodem van die aarde bly, en hoe kan die diere en mense aan die onderkant van die aarde dit, sonder dat hulle daar afval, die ewige diep ruimte in? Bowendien draai die aarde in ongeveer 25 uur om haar eie as, waardeur dag en nag ontstaan; en ook wissel bo en benede mekaar voortdurend af, daarom is dit des te moeiliker om te verstaan dat die water en alle ander vrye liggame nie van die aarde afval nie.
[8] Vriend, jy het sekerlik geen ongelyk toe jy so korrek gespreek het oor die moeilikheid om die ou bygeloof onder die volk uit te delg nie, want dit sal nog heelwat stryd kos, voordat die volk sal begryp wat ons aarde is en bestaan netsoos ons haar nou voor ons sien. En nou sien ek ook baie goed die rede in waarom ons ou rabbi - hoewel hy baie verborge kennis gehad het met betrekking tot die ware gedaante en die wese van die aarde - nie met die volk oor hierdie dinge wou spreek nie en steeds gesê het dat waardige siele aan die anderkant van die graf `n ware lig oor alles sou kry.
[9] Maar nou sou ek tog van die jong man self wel wil hoor, hoe die water en al die vrye liggame aan die onderkant van die aarde aan die vaste bodem daarvan kan bly, sonder om daar af te val!”
|
|
|
|
|