Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer in Kana

In die herberg te Kana

97 Vanaf die nou wel baie bekende markplek was dit nog `n hele lang weg. `n Goeie wandelaar sou dit nouliks in `n volle dag kon afgelê het; maar deur op Ons gereelde wonderbaarlike manier te reis, het Ons slegs drie uur daarvoor nodig gehad. Teen die aand kom Ons so in Kana aan en neem daar Ons intrek by dieselfde herbergier, by wie Ek op `n bruilof op versoek van Maria wat my gebaar het, vir die eerste keer openlik water in wyn verander het.

[2] Toe die herbergier My in die oog kry, was hy byna buite homself van blydskap en maak My `n reëlregte verwyt vanweë die feit dat Ek My al solank nie by hom laat sien het nie.

[3] Maar Ek sê aan hom: “Omdat daar met en by julle almal, wat hier woon, geen nood was nie, het Ek ook nie na hierdie streek gekom nie; maar nou is daar by julle sprake van `n klein bietjie nood en Ek het dus op die regte oomblik gekom om julle almal te help.”

[4] Die herbergier sê: “O beste Majesteit en Heer, die nood duur by my al meer as `n jaar, en ek het my al verskeie kere deels in my hart tot U gewend en deels het ek dringend oor U navraag gedoen by U broers en by U moeder, wat teenswoordig meestal in Kis verblyf; maar dit lyk of U die vrome wens van my hart nie gehoor het nie en ook kon ek nie te wete kom waar U verblyf nie, en so moes ek dan die groot nood van my huis in die Naam van die almagtige God tot nou toe kalm verdra. Ek weet weliswaar nie die rede waarom ek so hard deur JaHWeH God besoek is nie; maar nou vra ek U, beste, goeie Heiland, om my te help.

[5] My vrou word deur jig gepla en die kinders ly aan kwaadaardige koors, twee van my beste en mees getroue knegte lê al meer as `n halfjaar in die bed met `n kwaadaardige melaatsheid, en ek moet die werk in my bedryf grotendeels deur vreemde arbeiders teen `n hoë loon laat uitvoer. En dit mag jy tog wel nood noem, te meer ook omdat ekself nie meer as die gesondste mens gereken kan word nie!

[6] O beste Majesteit en Heer, sedert U by `n bruilof, wat hier gevier was, op versoek van U moeder `n eerste teken gedoen het, het dit in my huis totaal anders geword! As U my nie wil help nie, gaan ek binnekort sowel in geestelike as in aardse opsig ten gronde!”

[7] Ek sê: “Ek wis wel dat by jou die nood hoog geword het, en aangesien Ek wel jou veelvuldige smekinge om hulp gehoor het en die nood by jou `n baie hoë graad bereik het, het Ek dan nou ook gekom om jou die regte hulp te bring. Ek kon ook wel vroeër na jou toe gekom het, maar dit het jou toe nog sterk ontbreek aan lewende geloof en vertroue; maar eers toe jy by Kisjona in Kis gekom het, het jy die regte lig oor My gekry en het jy tot die regte geloof en vertroue in My gekom, en daarom het Ek dus ook gekom om vir jou alle hulp te bring. En so wil Ek nou dat elkeen wat in jou huis siek is, ingesluit jyself, so gesond word asof niemand ooit iets makeer het nie. Gaan nou maar na al jou siekes, en sê dit aan hulle!”

[8] Toe haas die herbergier hom na alle siekes en tref hulle volkome gesond aan, sodat hulle van hulle beddens opstaan, skoon klere aantrek, na My toe kom en My bedank.

[9] Omdat dit al aand begin te word en aansienlik begin te skemer, sê Ek aan die van blydskap huilende herbergier: “Aangesien die nood in jou huis nou verhelp is en Ek vannag in jou huis sal bly, sorg dan nou daarvoor dat Ek en My leerlinge `n aandmaaltyd kry. Laat visse vir Ons voorberei en daarna bietjie brood en wyn op die tafel sit!”

[10] Toe die herbergier die wens van My gehoor het, gaan elkeen vol blydskap aan die werk om aan My wens te voldoen. Dit duur nouliks `n volle uur voordat die aandete berei was; die word op tafel gesit en Ek sê aan die herbergier: “Kyk, daar is nog `n tafel! Laat almal wat genees is, nou aan die tafel gaan sit en eet wat Ons eet, elkeen volgens sy behoefte, en hulle moet ook wyn drink en brood eet, sodat hulle weer aansienlik versterk kan word!”

[11] Toe Ek dit gesê het, val alle geneesdes voor My op hulle knieë en sê: “O Heer, so `n barmhartigheid is ons nie waardig nie! Daarom sou ons liewer in ons kombuis aan ons ou tafel vir die bediendes, `n sober aandete eet; maar nie ons nie, maar U enig heilige wil geskied!”

[12] Ek sê: “Luister, julle teregte deemoed en beskeidenheid geval My en is goed vir julle siel; maar bly desondanks hier! Want julle het met geduld en in volkome oorgawe aan God se wil baie gely en julle sodoende ware helde in geloof en vertroue op God betoon en daarom is julle ook waardig om julle as begenadigdes van die Heer in Sy onmiddellike nabyheid te versterk; gaan nou dus maar welgemoed aan die tafel sit, en eet en drink wat vir julle op tafel gesit word!”

[13] Toe die geneesdes dit van My gehoor het, met uitsondering van die vrou, wat in die kombuis besig was, staan hulle vol eerbied op, bedank My en gaan rustig na hulle tafel, wat netsoos die van Ons reeds vol gestaan het met spyse, wyn en brood. Daarop begin Ons onmiddellik te eet en die baie suiwer en goeie wyn te drink, en die geneesdes doen dit ook.

[14] Ons eet en drink nou welgemoed en My leerlinge gee die werklik baie vrome geselskap baie ten beste van wat Ons almal meegemaak het op Ons togte kriskras deur die land. Dit verskaf Ons klein geselskap buitengewoon baie genot, en daar word daarby van beide kante baie gepraat oor wat hulle gemoedere besighou, waaroor mens ook gereeld moes huil.

[15] Maar dit was in sekere sin opvallend dat Ons Judas Iskariot, wat Ons alreeds maar te goed geken het, opeens behoorlik teen die grein in opmerkings begin te maak.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205