|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 170
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die Heer gee uitleg oor die omstandighede aan die anderkant
170 Nou wend die arts uit Melita hom tot My met die woorde: “Majesteit en Heer, aangesien ons almal presies dieselfde gesien en gehoor het, was hierdie deur U toegelate verskyning duidelik volledig waar en geen droomagtige verskynsel in wakende toestand, netsoos ek by verskeie van my siekes herhaaldelik meegemaak het nie - netsoos veral in `n plek, waar vyf koorsagtige siekes ook soortgelyke wesens in een en dieselfde kamer gesien het; maar die wesens wat hulle gesien het, stem by lankal na nie ooreen nie - want Elke sieke het heel ander gesien en hulle ook in verskillende tale hoor praat - en ek het die indruk gekry dat die wesens, wat my koorsagtige siekes gesien het, ooreenkom met die in `n droom, wat tog niks anders is as net `n ydel spel van die sterk toenemende fantasie, verhit deurdat die bloed vinniger deur die are stroom.
[2] Maar by hierdie verskyning, wat deur U toelating op `n klaarligte dag plaasgevind het, het niemand van ons koors nie en dus ook geen vinnige hartslag en geen verhitte fantasie nie, en ons het almal dieselfde gehoor en gesien, en daarom besit hierdie verskyning, netsoos al opgemerk, `n waaragtige realiteit.
[3] Maar nou is die vraag: Is die buitengewoon duister en smerige omgewing, wat ons almal eenders gesien en met alles wat ons daarin gesien het, tog nog plaaslik op hierdie aarde, of word dit alleen sigbaar vir ons as `n beeld, wat ooreenkom met `n toestand - ongeveer netsoos `n droombeeld, uitgaande van die onbetroubare fantasie van die geeste wat ons sien? En was die ander geeste wat ons in die omgewing gesien het, ook siele van mense, wat eens op hierdie aarde geleef het, of behoort hulle ook tot die ryk van die bose fantasie van die geeste wat ons in ons omgewing sien? Want by die aanskoue van die treurige omgewing aan die anderkant was dit eienaardig, dat ons daar deurheen sonder enige belemmering ook die omgewing van hierdie aarde kon sien, en tegelykertyd het ons die treurige wêreld aan die anderkant ook heel helder van punt tot punt gesien. En ten slotte dring ons vanself die vraag op: Sien die geeste wat ons sien, ons aarde ook of slegs hulle fantasiewêreld?”
[4] Ek sê: “Die geeste wat julle hier sien, en nog vele duisende van hulle soort, besit volmaakte realiteit. Hulle bewoon die kastele en vestings wat julle in die smerig-duistere omgewing waargeneem het. Die omgewing, alle kastele en vestings, die smerige hutte, die tente, die armsalig uitsiende onderdanige geeste en die kampemente met die soldate is niks anders as wanprodukte van hulle bose fantasie nie, veral die omgewing en die inrigting daarvan. Want die armsalige geeste wat julle sien, besit, as julle jul duisend as één geheel kan voorstel, vir `n duisendste deel realiteit. Vir die grootste deel behoort hulle dus tot die gebied van die bose, bedrieglike fantasie van die geeste wat julle gesien het, en vir `n duisendste deel tog min of meer tot `n ware geestelike realiteit, net soos wat julle skadu op aarde ook tot julle wesenlike realiteit behoort. `n Skadu is op sigself weliswaar geensins iets wesenlik bestaande nie, maar tog sou hy nie daar gewees het as julle self nie eers daar sou gewees het nie.
[5] Die armsalige geeste wat julle gesien het, is vir die grootste deel ook wel reeds aan die anderkant, maar vir `n deel lewe hulle nog liggaamlik op hierdie aarde; maar omdat die deur julle waargeneemde reële geeste, saam met hulle soortgenote vol eieliefde, hoogmoed en heerssug, tydens hulle aardse lewe as heersers te make gehad het met vele duisende onderworpe mense, het die ewebeelde of in sekere sin skadubeelde daarvan in afgeswakte vorm in die bewussyn van hulle siel bly hang.
[6] Omdat die bose geeste wat julle sien, saam met nog vele ander wat volkome aan hulle gelyk is, nouliks die kleinste vonkie van die lig van die volle waarheid in hulle het en dus ook van dit wat hulle volgens volle waarheid, buite hulle bevind, niks kan sien en waarneem nie - netsoos ook iemand wat diep slaap niks sien en waarneem van wat daar in die werklikheid om hom heen is nie - sien hulle in hulle innerlike, uiters swak bedrieglike lig slegs dit wat hulle fantasie skep, wat uit hulle boosaardige eieliefde voortkom, met behulp van die herinnering wat in hulle bewussyn bly hang het.
[7] Dit wat hulle geskape het, kan deur elke volmaakte gees gesien word, en as so `n volmaakte gees af en toe met sy wil en beskouings vanuit My wil en lig in `n sekere sin naby so `n bose vereniging kom of aandag daaraan skenk, dan weet hy deur die bedrieglike skynomgewing, wat onmiddellik geheel en al sigbaar vir hom is, van welke aard en karakter die eintlike, reële geeste van `n vereniging is, en sulke bose geeste kan hulle innerlike kwaad vir die oë van volmaakte geeste dan ook onmoontlik bedek of verberg.
[8] Hier op hierdie wêreld kan `n wolf hom wel in skaapsklere vertoon - maar in die ander wêreld sal aan hom hardop en openlik van die dakke verkondig word wat hy in die mees inwendige van sy huis dink, wil en doen.
[9] Omdat elke volmaakte gees dit kan doen, kan hy met sy wysheid en mag ook doeltreffend al die smee van bose planne met die mees passende teenmiddels tegemoet tree.
[10] So `n vereniging moet dikwels, na gelang die krag van sy boosaardige eieliefde, tot in die diepste grond van die ryk van die kwaad wegsink en hulleself gewoonweg vernietig en as te ware ten gronde rig; eers daarna is daar `n klein moontlikheid aanwesig om langsamerhand weer steeds meer na die lig van die waarheid op te styg.
[11] En so sal dit ook met die geeste gaan wat julle gesien het; as daar egter enkeles onder hulle is wat deur allerlei ooreenstemmende, deur My toegelate verskynsels die sinlose van hulle strewe begin in te sien, sal die ook gemakliker opstyg na die lig van die waarheid.”
[12] Nou vra die arts My weer: “O Majesteit en Heer, hoe kan so `n bose gees homself nou werklik vernietig en ten gronde rig?”
[13] Ek sê: “Soos wat alle materie met verloop van tyd haarself vernietig, haar na buite toe sigbare vorm ten gronde rig en daarna in haar ware oerelement terugkeer.
[14] Vir hierdie geeste is dit wat hulle bose fantasie geskape het, `n vaste, materiële realiteit; en wat dit blyk te wees, bly hulle, solank die herinnering van die gees en die daaraan ontspringende fantasie nie deur die voortdurende toenemende hartstogte verbreek en beskadig word nie. As dit gebeur, dan is haar wêreld met al haar kastele, vestings en skatte ook dadelik weg
[15] Die is te vergelyk met iemand wat `n skat, wat bo alles waardevol vir hom is, op `n bepaalde plek begrawe het, welke plek hy goed onthou het. Maar omdat hy steeds meer gekwel word deur die sorg dat die skat tog deur iemand anders ontdek sou kan word, verval hy geleidelik tot `n steeds groter geestelike verwarring, sy geheue word steeds swakker en ook sy herinnering en sy fantasie; hy verval selfs tot `n soort harsingskoors, wat hom sy hele geheue en herinnering sodanig ontneem, dat hy nie meer in staat is om aan hom sy so trou en goed verborge skat te herinner nie. Wat beteken die skat nou nog vir hom, waar het dit gebly? Kyk, dit het vir hom uit sy bestaan verdwyn! En so gaan dit met hierdie geeste en hulle wêreld ook.
[16] Soos wat `n mens met die verlies van sy geheue en herinnering in feite alles kwyt is - ook al bestaan dit as sodanig - so raak `n gees ook alles kwyt wat sy fantasie geskape het vanuit die in sy bewussyn geblewe herinnering, en so `n gees staan daar as buitengewoon armsalig en van alles verlaat by.
[17] In so `n toestand is dit dan eers moontlik dat `n wyse gees hom op die mees passende manier benader en hom die ydele - en deur sy eie vrye wil ook slegte en bose - aanskoulik maak en laat begryp, en hom dan ongemerk daartoe bring om geleidelik aan die weg in die lig op te gaan.
[18] Maar so vinnig soos wat jy, My vriend, dit jou nou voorstel, bereik so `n gees nie die volle lig nie; want sodra hy `n sodanig vryer bewussyn bereik, dat hy hom verskillende dinge herinner, duik sy ou fantasie weer op en daarmee skep hy baie gou weer `n wêreld vir homself wat ooreenstem met sy ou liefde, en hy skep behae daarin. Hy moet sy selfgeskape paradys dus nogmaals kwytraak en die irreële daarvan sien, waarna hy weer op `n hoër vlak van lig geplaas kan word.
[19] Dit kom heel dikwels voor by baie geeste netsoos jy hier gesien het; want `n verkeerde liefde, wat ondanks al haar verkeerdheid die enigste is wat die selfbewussyn van `n gees teweegbring, is langs die noodsaaklike weg van vrye wilsbeskikking nie so maklik en vinnig om in `n egte, ware liefde te omvorm soos wat jy jou voorstel nie.”
|
|
|
|
|